top of page

10 Ou Testament Bybel Lesse vir Kinders

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 4
  • 4 min read

Die Bybel is vol betekenisvolle verhale wat kinders kan leer hoe om op God se manier te leef. Hierdie 10 Sleutel Ou Testament Bybellesse vir kinders dek van die bekendste verhale. Hierdie artikel gee 'n oorsig van die tien lesse en daar is 'n skakel na elkeen.



Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


Two ancient  Old Testament clay pots sit on a textured stone surface with dim light casting shadows, creating a rustic and timeless atmosphere.

Belangrike nota aan Bybelles-aanbieders


Of jy nou 'n bedieningsleier, 'n vrywilliger, of 'n ouer is; jy is baie welkom om hierdie gratis Ou Testament-kurrikulum te gebruik wat ek vir jou gemaak het. Die belangrikste ding wat ons kan doen, is om kinders te lei om Jesus te ontmoet. Kinderbediening is ware dissipelskap, dit is nie net vermaak nie!


Hier is wat jy moet weet:

  • Die programelemente sluit 'n naam-speletjie, geheuevers (Bybel onthou vers), liedjie, les, V&A, en gebed in.

  • Sommige geheueverse word herhaal sodat kinders dit werklik kan memoriseer.

  • Jy sal geen ander items of "props" nodig hê nie; net 'n fisiese Bybel.

  • Hierdie kurrikulum sluit nie kunswerk, iets om huistoe te vat, of groepwerk-aktiwiteite in nie.

  • Dit is geskryf met 1 aanbieder in gedagte, so as jy 'n span vrywilligers het, wil jy dalk verdeel wie wat doen om kinders meer betrokke te hou.


10 Sleutel Ou Testament Bybellesse


Hieronder sal jy die skakel na elk van die 10 Ou Testament Bybellesse vind, saam met 'n kort oorsig van elkeen. (Elke titel is 'n klikbare skakel na die gratis les)



Hierdie les begin reg aan die begin - op die eerste bladsy van die Bybel. Dit is grondliggend vir kinders om hulle God as Skepper te verstaan, en hulle eie identiteit as Sy kinders.



Wanneer ons 'n paar geslagte vorentoe stap, kom ons by Henog uit wie naby aan God geleef het en dan sien ons hoe sy invloed die verhaal verander. God word gesien as Een wat Sy beloftes hou wanneer Hy Noag en sy familie teen die vloed beskerm.



God se groot verhaal word bekendgestel, en ons kyk na hoe Abram (Abraham) genooi is om deel van God se verhaal te word. Ons sien hoe die Ou Testament met die Nuwe verbind word en hoe Jesus God se groot belofte vervul.



Die kinders ontmoet Moses op Heilige Grond, langs die brandende bos. Ons hoor hoe God Sy spesiale mense, die Israeliete, gered het en verstaan die rol wat Moses daarin gespeel het.



In hierdie verhaal staan ons stil om die 'reuse' in ons eie lewens te oorweeg (A.K.A. boelies). Deur uit Dawid se voorbeeld te leer, oefen die kinders om God se Naam oor hulle eie groot vrese uit te spreek.


A to Z - Bible Flashcards
ZAR 70.00
Buy Now


Wanneer ons dieper in die Ou Testament ingaan, leer ons hoe God vir Jona geroep het en hoe hy in die ander rigting gehardloop het! Die kinders dink na oor wat dit beteken om God te gehoorsaam en te doen wat Hy van ons vra. Hulle leer van 'n profeet en leer God ken as Een wat Stuur.



Daniël se verhaal van getrouheid aan God se manier van dinge doen leer vir kinders die belangrikheid daarvan om vir Jesus op te staan, selfs wanneer die wêreld teen hulle is. Hulle leer God ken as Beskermer.



Hierdie les fokus op Rut (nie Boas nie). Dit leer kinders getrouheid, om naby God se mense te bly, en om lojaal te wees. Rut kies om deel van God se groot verhaal te wees - en die kinders kan dieselfde doen.



Nog 'n boek van die Ou Testament wat ons in 'n Sondagskool-les behandel, is die boek Ester. Kinders leer van Ester se dapperheid en moed toe sy haar deel in God se groot verhaal besef het.



Vir die laaste les in hierdie reeks leer die kinders van nog 'n profeet - iemand met die naam Elisa. Hulle leer van die wonderwerk van vermenigvuldiging en sien hoe dit op hulle eie lewens van toepassing is.


Waar pas hierdie 10 verhale in God se groot verhaal?


God se Groot Verhaal is dat Hy naby aan mense was (in die Tuin van Eden), toe het hulle van Hom af weggedraai (en sonde gekies). Maar God het belowe om 'n plan te maak sodat mense weer naby aan Hom kan leef (daardie plan was Jesus).


Hier is 'n eenvoudige tydlyn:


  1. God skep mense in die Tuin van Eden na Sy eie beeld Les 1

  2. Mense kom in opstand teen God (en kies hulleself)

  3. God belowe om die verhouding te herstel Les 2, 3

  4. Hy stuur boodskappers (profete) met Sy belofte Les 4, 6, 7, 10

  5. God se belofte speel oor baie geslagte heen uit Les 8, 9

  6. Die belofte word vervul - Jesus kom aarde toe

  7. Jesus sterf aan 'n kruis en oorwin die dood

  8. Jesus spandeer nog 40 dae op aarde en gaan Hemel toe

  9. Die Kerk bou God se Koninkryk op aarde

  10. Hy kom terug!


Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


Taste & See Curriculum for Kids
ZAR 200.00
Buy Now

P.S.

As jy hierdie lessie geniet het graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page