top of page

Jona en die Groot Vis Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • May 15
  • 3 min read

Hierdie Jona en die Groot Vis Bybel Lessie is 'n eenvoudige manier om kinders die storie van Jona te leer en ook belangrike lewensboodskappe uit die teks te haal. Die lessie moedig kinders aan om God se roeping op hulle lewens te volg en deel te wees van Sy Groot Storie. Die dele van die program sluit in: 'n naam speletjie, memoriseer vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.


Hierdie is lessie #6 in 'n reeks oor die Ou Testament se beste stories:


Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly


Humpback whale swimming in deep blue ocean, sunlight filtering through water, showcasing detailed skin texture and serene mood. Like the whale that swallowed Jonah.

Ysbreker

Ons gaan die teenoorgestelde speletjie speel vandag. As die persoon wat voor staan iets doen, moet die res die teenoorgestelde doen. Byvoorbeeld: Strek arms op / Raak die grond.   Gee ‘n stappie links / Hardloop regs.   Wees stil / Maak geraas.

Liedjies


Bybel-onthou-vers

Ons het al hierdie een gedoen, kom ons kyk hoe goed julle kan onthou:

Josua 23:14

(Vorm met hande: J  2  3  1  4)

“Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.”

(Vorm met hande: 🫵♥️🫱🏼‍🫲🏾👍🙅🙈)


Jona en die Groot Vis Bybel lessie

Die Bybel is vol van snaakse stories - van donkies wat praat tot iemand wie se krag van sy laaang hare af gekom het. Maar een van die beste verhale in die Bybel bly nogsteeds Jona en die Groot Vis. 

Jare nadat God Sy belofte aan Abraham gemaak het, het Hy aangehou om met die mense te praat. God het boodskappers gekies en hulle gestuur na allerhande plekke toe om vir die mense te vertel van Sy Groot Storie. Die boodskappers was genoem: profete. 📢 Kan julle dit herhaal? 🗣️Pro-fe-te. 


Een van die profete se naam was Jona. God het vir Jona gekies en hom gestuur na ‘n plek met die naam van Nineve. Ni-ne-ve. Jona moes vir die mense daar gaan vertel van God se Groot Storie. ➡️💬Maar raai wat doen Jona toe? Hy het in die teenoorgestelde rigting gegaan! Toe God sê “Gaan Links”, gaan Jona regs. Jona het op ‘n boot geklim en letterlik direk teen God se wil beweeg. ⛵⬅️ En toe? Wie ken die storie? Toe sluk ‘n 🐋 Groot Vis hom in.


Binne-in die diep, diep see en binne-in ‘n vis se maag het Jona besef hy was verkeerd. Hy vra toe vir God vir nog ‘n kans. En daar spoeg die vis hom uit. Hierdie keer het Jona geweet hy moet luister as God hom stuur. 

Het jy geweet hoe God kies om Sy Groot Storie te vertel? Partykeer droom mense van Jesus of hulle tel self ‘n Bybel op, maar meeste van die tyd is dit deur ander mense. God stuur mense soos ek en jy om vir almal wat oor ons pad kom van Hom te vertel. 📢


Vrae & Antwoorde

V: Vir wie stuur God ook soos Hy vir Jona gestuur het?

A: Vir my en jou!


V: Dink aan een persoon vir wie jy Jesus se liefde kan wys

A: …


V: Wat moes Jona vir die mense in Nineve gaan vertel?

A: God se Groot Storie - en dit is? God se Groot Storie is dat Hy naby mense was (in die Tuin van Eden), toe draai mense weg van Hom af (en kies sonde). Maar God het belowe om ‘n plan te maak sodat mense weer naby Hom kan leef (daardie plan was Jesus). 


📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam Jona.


Gebed

Laat elke kind saggies bid en met God gesels daar waar hulle is. 🙏 Indien dit moontlik is, speel sagte instrumentele aanbiddings musiek in die agtergrond.


As hulle sukkel met die stilte, lees elke 20 sekondes een van die volgende sinne: Vra vir God hoe Hy jou wil stuur soos Hy vir Jona gestuur het.  Hoor by Jesus watter rol jy kan speel in Sy Groot Storie.  Vra: Jesus, wat sien U as U na my kyk?



Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


Family Prayer Art Print
ZAR 25.00
Buy Now

P.S. As jy hierdie lessie geniet het en graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page