top of page

Genesis Skepping Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • 2 hours ago
  • 3 min read

Hierdie Skepping Bybel lessie neem die Genesis storie of Skeppingsverhaal en pas dit toe op die kind se realiteit: Hulle is geskape deur dieselfde Skepper. Dit is 'n Skepping Bybel Lessie wat kinders tref op 'n persoonlike, hart-vlak, en die Evangelie in 'n nuwe manier deel. Die dele van die program sluit in: 'n naam speletjie, memoriseer vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.


Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


Silhouette of a young person or child gazing at the beautiful creation - a starry Milky Way in a colorful night sky, with shades of purple and orange, on a rocky hill.

Ysbreker

Alle kinders staan in ‘n sirkel. Elkeen sê hulle naam hardop & noem iets wat God gemaak het wat met dieselfde letter begin. Byvoorbeeld: “Ek is Ben en… ‘n boom!” / “Ek is Elsa en… ‘n eend!” Opsioneel: Al die kinders noem net diere op en almal maak dan die klank van daardie dier na. Byvoorbeeld: “Ek is Elsa… en ‘n eend!” “Kwaak-kwaak”. 

Liedjies

Sing: Hy hou die hele wêreld in Sy hand Luister & Dans: What God Made - Orange Kids Music 🔗


Bybel-onthou-vers

Psalm 19 vers 2   

(Vorm met hande: P  1  9  2)

Die hemele verkondig die heerlikheid van God.”

(Vorm met hande: 🌈📢👑☝️)


Genesis Skepping Bybel lessie

Alles wat ons rondom ons sien is gemaak deur iemand: ‘n stoel, ‘n pen, ‘n boek. En ook alles natuurlik: ‘n boom, ‘n druppel water, ‘n mens. Die Skepper, God, het alles gemaak in die hele wêreld. 🌍

Die 1ste boek in die Bybel wys ‘n fisiese Bybel - Genesis - vertel vir ons hoe die Skepper als gemaak het… Kan jy sê Ge-ne-sis?


Genesis 1 vertel ons: 

“In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo ☝️ en die aarde hieronder.👇 Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis.🙈 Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef.🕊️ Toe beveel God:🗣️ “Laat daar lig wees!” en dit was so.🙈👀”

So het die Skepper, God, die hele wêreld gemaak.


wys ‘n pen / foon / lepel / speelding As ek wou weet hoe iets werk, hoe kan ek uitvind? As ek nie weet nie kan ek probeer om ‘n foon laaier soos ‘n serp te dra of om met ‘n vurk te probeer skryf!!! 😁 So hoe kan ek weet waarvoor iets bedoel is? 


Jy vra die persoon wie dit gemaak het - natuurlik!

Jou Skepper is God en as jy wonder oor iets (enige iets) kan jy Hom vra. Jy kan altyd met God praat. EN die Skepper het selfs vir jou ‘n “instruksie boekie” of ‘instruction manual’ gegee. wys weer die fisiese Bybel


Vrae & Antwoorde

V: Wie het alles gemaak?

A: Die Skepper, God.


V: Hoe het Hy dit als gemaak?

A: Deur Sy woorde (om te praat).


V: En jy? Wie het vir jou gemaak?

A: Die Skepper, God.


📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die heel eerste Bybel boek met die naam Genesis


Gebed *Bid agter my aan:

Dankie Skepper-God (dankie Skepper-God…)

Dat U alles gemaak het

Van die kleinste miertjie

Tot die grootste boom

En ook vir my

Amen.



Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.



Custom Kids Ministry Curriculum
ZAR 400.00
Buy Now

P.S. As jy hierdie lessie geniet het graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page