10 Dele van 'n Goeie Kinderkerk Program
- Eljoh Hartzer, MTh

- Oct 22
- 13 min read
As ek praat van "dele van 'n Kinderkerk program" dink jy dalk aan dinge soos 'n speletjie en die Bybel lessie, maar daar is soveel meer tot dit. Ek het al eerstehands gesien hoe ons sterk programme kan bou wat eintlik kinders se harte met Jesus verbind... maar dit gebeur net as ons die regte komponente benut.
Om Sondagskool te fasiliteer is moeilik - maar moet dit wees? Die goeie nuus is daar is sommige spesifieke dinge wat jy kan doen om jou Kinderkerk te verbeter in tien maniere wat saak maak. Jy hoef nie die wiel weer te ontwerp nie / Sluit hierdie bekende boublokke by jou program aan om jou Sondagskool te neem van 'net okay' na 'great'.
If you don't feel like reading, watch the short version of the post on my Youtube Channel!
Ek het meer as 'n dekade spandeer aan kinder, jeug, en kleuter bediening in verskillende omgewings - en dit was voordat ek my Meester's graad in die veld gekry het. Na dit alles... hier is my top gunsteling, mees belangrike notas en tips vir enige iemand wat sukkel om hulle kinder program te laat werk.
10 kinderkerk program boublokke
1/10 ORDERLIKE BEGIN (BEGIN REG)

Wat gebeur wanneer dit tyd is vir jou Sondagskool program om te begin? Wanneer die kinders uit die groot kerk uitbeweeg, hardloop hulle dikwels in die kinders spasie in, spelerig, geselserig, en redelik wild. Ek het by 'n kerk bedien een keer waar die kinders selfs in die Sondagskool klaskamer ingekom het voor kerk - dan het hulle speelgoed van die rakke afgehaal en 'n groot gemors gemaak orals - tot op die punt waar die 'volunteers' of fasiliteerders al moeg en angstig was lank voordat die diens selfs begin het.
Hierdie dingetjies maak saak! Later, wanneer iemand die lessie wil begin is die kinder klaar opgewerk en dis regtig moeilik om op daardie stadium hulle houding weer reg te kry.
Dit is wat jy liewers kan probeer:
In plaas van om die kinders uit die groot kerk te laat hardloop, neem hulle vorentoe waar die hele kerk familie hulle kan sien. Doen dan 'n kort afkondiging: "Prys die Here vir ons kinders. Vandag gaan hulle leer oor die Vrug van die Gees. Bid saam met my oor hulle: Vader, mag hierdie kinders vandag iets leer van wie U is. Amen."
Stap dan saam met hulle na die spasie toe waar julle kinderkerk sal doen. Maak 'n nuwe reël dat hulle by die deur in 'n ry moet staan voordat hulle mag ingaan. Ons kinderbediening was vir baie jare buite, so ons het almal in 'n groot sirkel gaan staan en hande vasgehou om te begin. Wag vir almal om in die lyn te staan of deel te vorm van die sirkel voordat jy enige iets begin. Moenie skree nie, wees net stil en wag. Hulle sal vir jou kyk om te sien wat gaan gebeur.
Volgende sal ek my hande klap of iets doen om hulle aandag te kry. "Haai almal, welkom by kinderkerk! My naam is ___ en ek gaan vandag vir julle leer oor die Vrug van die Gees* ." As dit nie werk nie, kies 'n liedjie of 'n ander klank - soos 'n klokkie - wat die teken kan wees dat die program elke week in dieselfde manier begin.
1 Korintiërs 14 vertel ons dat ons Vader nie 'n God is van wanorde nie, maar van vrede. In hierdie manier is orde en struktuur iets wat wel saakmaak want so skep ons 'n spasie waar kinders met Hom kan ontmoet.
*Nota: In die voorbeeld hier bo het ek alreeds twee keer vir die kinders laat weet waaroor hulle gaan leer op die dag (Eers voor die grootmense in die gebed, toe in ons verwelkoming). Herhaling, herhaling, herhaling.
Boublok van Kids Program: Begin met struktuur.
2/10 OPSOMMING (VERTEL HULLE WAT DIE PLAN IS)

Kinders sal aanhou vasloop aan deursigtige mure. Maar wanneer die plan of grense duidelik is, is dit baie makliker vir hulle om te floreer binne die gegewe perke.
Ek geniet dit om my tyd met 'n groep te begin deur om hulle 'n idee te gee van wat om te verwag:
Terwyl julle ouers in die groot kerk is vir die volgende uur gaan ons bietjie hier saam kuier. Ons gaan 'n onthou-vers doen, asook 'n liedjie, snack, Bybel lessie, en dan gaan ons afsluit met 'n speletjie. Julle kan badkamer toe gaan in die snack tydjie. Enige vrae?
As hulle weet wat kom is dit makliker vir hulle om deur die program te gaan. Hulle word nie heen en weer geruk nie, maar het 'n idee van die rigting van waar jy gaan met hulle.
Met die sinnetjie hier bo as voorbeeld, het ek vir hulle vertel:
Hoe lank ons daar gaan wees
Hoekom hulle daar is
Wat ons gaan doen
Hoe hulle kan weet wanneer dit verby is
Wanneer daar 'n pouse sal wees
EN ek het vir hulle kans gegee om te reageer of vrae te vra
Wanneer was die laaste keer wat jy in 'n vreemde omgewing was, oorgelaat in iemand anders se hande? Dalk toe jy by die dokter was of vir ete gegaan het by nuwe vriende se huis... Hierdie kinders daag op by julle tyd saam met die groot vraag: Wat is volgende? En meeste van die tyd besef ons dit glad nie; ons verwag net hulle moet 'okay' wees daarmee om glad nie te weet wat aangaan nie.
Studies het bevind dat kinders beter vaar wanneer ouers vir hulle waarsku of 'n "heads-up" gee voordat iets verander. In terme van Sondag skool lyk dit so: Jy sal dalk noem, "Nadat ons nog 5 minute hierdie speletjie gespeel het gaan ons ons snack geniet."
So, aan die begin van jou tyd saam, neem daardie oomblik om die groep 'n opsomming te gee van wat daardie dag se Sondagskool program gaan inhou. Dit werk ook om 'n plakkaat op te sit sodat hulle visueel die program se dele kan sien.

Hier's 'n voorbeeld van hoe so 'n plakkaat kan lyk. As jy hierdie spesifieke een wil gebruik, kan jy dit met liefde print vir jou Sondagskool program. :)
Boublok of Kids Program: Vertel hulle wat die plan is.
3/10 WELKOM (ERKEN ELKE INDIVIDU)

Die uitdaging van kinderbediening is dat ons geen idee het wat werklik aangaan in die kind se lewe deur die week nie. Dikwels neem die meer woelige spraaksame kinders so baie van ons aandag op dat ons skaars kans kry om met elke kind te gesels.
'n Eenvoudige manier om seker te maak elke persoon voel dat jy hulle sien en dat hulle saakmaak is om met 'n naamspeletjie te begin. (As jou groep te groot is, deel op in kleiner groepies hiervoor.) Ons name dra werklik waarde...
Om iemand op hulle naam te noem laat voel hulle deel en welkom. Jesaja 43 bevestig dit wanneer die Here noem: "Ek het jou op jou naam geroep; jy is myne."
'n Naam speletjie kan so eenvoudig wees soos elke persoon sê hulle naam, en die klassie reageer met "Hello!". Dit is belangrik dat die groep kans kry om te reageer nadat elke individu praat; anders gaan jy hulle aandag verloor.
"Side note": Ek hou ook daarvan om vir elke kind 'n naamplakker te gee. Selfs al ken jy hulle name, dit help hulle om mekaar te leer ken. Boonop help dit die res van die kerk (gemeente) om die kinders te ken wat deel is van julle geestelike gesin.
Een van my beste speletjies is dat die kind sy naam sê en die naam van 'n dier wat met dieselfde letter begin. Dan reageer die hele groep met die dier se klank.
Voorbeeld: Seuntjie - My naam is Adriaan... en um... 'n diertjie wat begin met 'n A is 'n Apie Groep - Ooh-ooh ah-ah!
Boublok van Kids Program: Noem elke kind op hulle naam.
4/10 TREK HELPERS IN (FASILITEERDERS MOET DEELNEEM)

Om te bou op die diere-geluide voorbeeld hier bo - Kinderkerk kan 'n vreeslike "awkward" en ongemaklike plek wees (veral met ouer kinders). Hulle gee jou dalk net 'n skewe kyk of kruis hulle arms wanneer jy vir hulle sê om iets te doen. Ek het een keer 'n kind gehad wat heeltemal afgeskakel het, sy hoodie oor sy gesig getrek het en met sy kop op die tafel gaan lê het - toe weier hy om verder te reageer.
My grootste reaksie op hierdie tipe gedrag is dat dit nooit ons doel is om 'n groeiende kind skaam te maak nie. Hulle sukkel alreeds met baie onsekerheid en identiteit onwikkeling.
Die doel van 'n ysbreker, speletjie, opvoering, of klas-leier is nooit om iemand alleen te laat voel of VIR hulle te lag nie. Maar ons kan saam lag! Ons kan baie pret saam hê want God vul ons met vreugde!
Jy moet spelerig wees saam met hulle. Jy kan defnitief nooit net vir hulle vra om sulke goed te doen, sonder om ook deel te neem nie. Ek gaan altyd eerste! My naam begin met 'n E, so ek kies gewoontlik 'n eend en maak 'n klipharde kwaak geluid! As jy die ys breek is die kanse goed dat hulle jou voorbeeld sal volg.
Ek het op 'n punt gesukkel met kinderkerk fasiliteers / volunteers wat net op hulle fone was en met mekaar gesels het (in plaas van met die kinders). Die kinders gaan nie die dansies doen, speletjies speel, of luister na die lessie as daar nie vir hulle gewys word hoe om dit te doen nie.
Hulle is nie daar om jou te vermaak of oulike goedjies te doen nie. Die rede vir kinderbediening is dat kinders vir Jesus kan ontmoet deur kreatiwiteit en speel - nie om hulle te verneder of skaam te maak nie.
Boublok van Kids Program: Volunteers wat deelneem!
5/10 BEKENDE PROGRAM (KIES 'N PROGRAM (EN HOU DAARBY!))

Vir my eerste paar jaar van Sondagskool lei by kerk het dit altyd gevoel asof ek die kinders moes saam sleep na die volgende aktiwiteit toe. Maar toe print ek ons program en sit dit teen die muur op. Vir die kleintjies, het ons selfs 'n program met net prentjies probeer.
Uiteindelik het die kinders geweet dat wanneer die ysbreker klaar was kon hulle na die sandput beweeg vir ons worship tyd. Dit was wonderlik om te sien hoe die kinders wat al langer deel is van ons kerk selfs kon leiding neem om besoekers / nuwe maatjies te help om die volgende aktiwiteit te vind.
Sodoende kan die kinders jou eintlik help fasiliteer. Hulle sou vir die anders kinders sê: "Jy kan nie nou badkamer toe gaan nie, maar ons doen dit na ons snack."
Hier is 'n paar bou blokke van 'n goeie kinderkerk program wat jy kan organiseer in 'n volgorde wat pas by jou unieke behoeftes:
Teken aan
Inleiding
Welkom
Naam speletjie
Stel volunteers voor
Reël and perke
Bybel onthou vers
Lessie
Storie tyd
Craft
Aktiwiteit
Bediening tyd
Reaksie
Q & A
Gebed
Worship
Liedjies
Speletjie
Snack tyd
Badkamer breuk
Teken uit
Huistoe gaan tyd
Ouers tel kinders op
Boublok van Kids Program: Kry 'n duidelike program / vloei van aktiwiteite
6/10 VERSKEIE AKTIWITEITE (LET OP NA ENERGIE VLAKKE)

As jy kan oplet na die energie vlakke van die kinders in jou groep kan jy met hulle werk in plaas van teen hulle.
As dit 'n besige tyd was vir families - soos skoolvakansies of selfs eksamens - kan jy die program bietjie ligter maak vir daardie week en net met hulle ontspan.
Onthou, die doel is nie slegs om die boksies af te merk van kerk doen of deur jou kurrikulum kom nie. Ons wil graag help dat die kinders kerk (en God) sien as 'n positiewe ervaring.
Op 'n dieper vlak - Ek het al dikwels programme ontwerp om kinders te neem deur verskeie energie vlakke. Sekere aktiwiteite vra baie energie (soos speletjies) en ons kan hulle dan eerste doen, terwyl iets met medium energie (soos 'n Bybel-onthou-vers) daarna gedoen word om hulle te begelei na die lae energie deel toe (die lessie).
Ons verwag nie net van hulle om die heeltyd stil te sit nie, maar ons kan hulle help om daarby uit te kom...
Dit eggo Salamo se wysheid in Prediker 3: "Daar is 'n tyd vir alles; 'n seisoen vir elke aktiwiteit onder die hemele". So ook vir jou Sondagskool program: Daar is 'n tyd om rond te hardloop en 'n tyd om stil te sit; 'n tyd om te lag en 'n tyd om tot stilstand te kom en te luister...
Bou blok van Kids Program: Let op na Energie Vlakke
7/10 GOEIE LESSIES (KOOP 'N GOEIE KURRIKULUM OF LESPLAN)

Kinders sukkel om te luister na 'n lang Skrifgedeelte. Alhoewel kinderbediening nie net vermaak moet verskaf nie, is dit belangrik om vir kinders te leer in maniere wat relevant, interessant, en pret is.
Indien moontlik, spandeer jou tyd en skryf 'n unieke lesplan gemik tot jou groep. Maar as dit nie die opsie is nie is daar baie great hulpbronne en kurrikulums vir Sondagskol wat jy kan koop.
Ek het baie verniet Sondagskool lesse op hierdie blog & ek bied 'n diens aan waar ek 'n pasgemaakte kurrikulum skryf vir jou kinderkerk se unieke behoeftes.
Sou jy wou kerk toe gaan as die dominee / pastoor geen moeite in die preek ingesit het nie?
Ek het selfs al gesien hoe kinders gaan van huil en klou aan hulle ouers, terwyl hulle skree "Ek wil nie kinderkerk toe gaan nie" tot die een wat eerste by die deur uit is sodra hulle verskoon word uit die groot kerk. Die moeite wat ons in sit maak saak, en die kinders in jou sorg verdien om van God te leer in maniere wat kreatief is en wat hulle harte aanraak.
Bou blok van Kids Program: Kry 'n goeie Bybel-gebasseerde lesplan.
8/10 VRA VIR HULP (BRING VERSTERKINGS IN)

Een van die grootste items van kritiek teen Sondagskool is dat dit net babysitting is, en dat die kinders die regtig iets leer nie. Sondagskool word gekontrasteer met "groot kerk" - selfs al het ons glad nie dieselfde begroting, voltydse personeel, of fancy schmancy toerusting nie.
Op hierdie punt in die lees van hierdie artikel, begin jy dalk bietjie oorweldig voel. Hoe op aarde moet jy dit alles maak gebeur?
Maar wat as ons 'n ander uitkyk geneem het op hierdie probleem? Jou kinderbediening is een deel van jou kerk se diens. Dit is nie 'n aparte ding wat op sy eie staan nie, maar vorm deel van die groter geheel.
Ek het elke persoon om die tafel verras by ons kerk personeel vergadering toe ek (die jeugwerker) 5 maniere gelys het hoe die ander my daardie week kon help. Ek het dalk gevra vir hulp met dinge soos:
Skryf 'n bemoedigende nota vir een van ons 'volunteers'
Neem die 'speaker' in om dit reg te maak
Help my om 1 persoon te vind wat kan help in die baba area op Sondag
Dis nie ongewoon vir die pastoor om vir almal gunsies te vra nie, maar kinderbediening is dikwels 50% van die kerk se lidmaatskap - en dit verdien dieselfde aandag. Die Sondagskool hoef nie agter toe deure te bly nie. Dink aan Jesus... In Matteus 18:2-4, roep Jesus 'n kindjie nader en Hy laat die kind daar tussen hulle staan.

As die bediening se leier, moet jy hierdie probleem aktief aanspreek. Jy is nie veronderstel om dit alleen te dra nie. Vra vir ouers, ander mense in die kerk, en die personeel vir hulp. Vertel hulle van die kinders. Deel getuienisse, deurbrake, en gebeds-versoeke. Wanneer jy die mure laer maak en mense inlaat kan die bediening baie vinnig groei.
Idees van maklike goed om te deligeer (om mense in te bring):
Vra vir iemand om aankope te doen vir Sondagskool
Maak 'n Kinderkerk gebeds groep en plaas gebeds-versoeke daarop soos hulle op kom
Vra vir iemand om hierdie Sondag die kinders in te teken
Laat hulle insette lewer oor kurrikulum en liedjie keuses
Bou blokke van Kids Program: Vra vir hulp!
9/10 INTENSIONELE SPEEL (MOENIE DIE SPELETJIE MORS NIE)

Dit is algemeen in meeste Sondagskool omgewings dat daar 'n tyd van speel deel vorm van die program. Vir baie jare het ek net die kinders laat weet watter speletjies ek geken het. Ons het die 'basics' 'n miljoen keer gedoen, dink freeze-dance en stuck in the mud!
Maar toe stop ek en vra myself: Wat as ons dit meer intensioneel kan doen? to this? Nou is die speletjies wat ek beplan verbind aan die lessie op 'n manier. Hier's 'n voorbeeld:
As hulle leer oor hoe Moses die Rooi See geskei het, hoekom speel ons nie 'n speletjie soos 'open the gates' of iets wat met die boodskap ooreenstem nie? As die lessie gaan oor geloof en om God se stem te hoor, doen 'n 'obstacle course' waar hulle 'n blinddoek dra en die res van die groep instruksies skree.
Dit neem 'n klein bietjie meer moeite, maar dit is ongelooflik kragtig as jy die speletjie verbind met die lessie. En dit help die kinders regtig om dit te onthou.
Bou blok van Kids Program: Intensionele speeltyd of speletjie.
10/10 GEE OOR (GO WITH THE FLOW)

Hierdie is nie een spesifieke bou blok nie, maar dit pas by almal aan.
As jy my ken sal jy weet dis nie my sterkpunt nie. Toe ek as Kinderbediening Leier gewerk het, het ons pastoor, Ricky, altyd sy wysvinger gebuig soos 'n wurm en vir my gevra om my 'flexi finger' te gebruik. Dit was 'n eenvoudige grappie, maar dit het my help besef dat ek bietjie moet ontspan wanneer ek met kinders werk.
Kinders is baie sensitief vir jou houding, en dit is regtig moeilik om 'n goeie tyd te geniet as iemand heeltyd streng is oor 'die volgende ding op die program'. Partykeer wil die Heilige Gees iets anders doen, en ons sien dit nie want ons klou so vas aan wat ons veronderstel is om te doen.
Matteus 11:28 "Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is."
Eendag het ek gesukkel om die kinders te kry om te fokus op die Bybel-onthou-vers gedeelte van ons Sondagskool program, want die musiek in die groot kerk was so hard. Hulle het aanhou daai kant toe kyk en kon net nie fokus nie. Maar toe besef ek dat hierdie ook 'n belangrike leer-geleentheid is. Ek maak toe die spasie oop vir hulle om enige vrae te vra wat hulle dalk het oor worship, en die gesprek was te kosbaar.
Ek onthou dat hulle gevra het:
Hoekom huil my ma wanneer hulle worship?
Hoekom lig mense hulle hande op?
Dit klink soos die hemel wanneer hulle worship. Is God regtig nou daar?
Bou blok van Kids Program: Flexible approach, werk MET die kids en die TEEN hulle nie.
Refleksie:
- Laat weet my in die 'comments', watter van hierdie het jy uit probeer en hoe het dit gewerk?
- As jy hierdie artikel geniet het of iets nuuts geleer het - met wie kan jy dit deel? Dalk jou dominee / pastoor of die mense wat saam met jou dien?
- Is daar enige iets anders wat jy by die lysie wil byvoeg? Iets wat jy gevind het is ook 'n waardevolle bou blok vir 'n great kinderkerk program...
O o r w e e g om by my nuusbrief aan te sluit vir meer geloof-inhoud en hulpbronne
Tot volgende keer, mag jy in die Wingerdstok woon!




Comments