Onbeantwoorde gebede - Lesse uit my tuin #1
- Eljoh Hartzer, MTh

- Oct 31
- 4 min read
Tuinmaak chaos
Toe ek die nuwe tuin begin het het my ma vir my 'n klompie uitgedroogde sade gegee vir poppy blomme (papawer in Afrikaans). Ek het nie regtig verwag dat dit sou opkom nie want ek was nog glad nie voorbereid om dit ordentlik te saai nie. In 'n desperate gevoel van angs oor als wat nog moes gebeur voordat die tyd die oasis sou word wat ek dit wou maak, gooi ek toe net die sade op die grond.
Daar was belangriker dinge om te doen!
Wanneer ek hierdie skryf is dit sowat 5 maande later. Die tuin neem vorm en begin klaar sy eerste tekens van groei wys - nuwe blare op die amandelboom, tamatie plantjies kry bietjie hoogte, party blomme maak al oop... Maar (baie frustrerend) ons het 'n reuse probleem met onkruid in 'n spesifieke deel van die tuin.
Wat veronderstel is om 'n agapantus blom bedding te wees is heeltemal bedek met onkruid wat nogals lyk soos blaarslaai. So irriterend!
Vrydag het ek iemand gekry om te help in die tuin wat toe een van die uitgedroogde papawer koppe raaksien (die einste enes waarop ek lankal opgegee het), maar toe hoor sy verwondering: "O, ek het gewonder wat hierdie plantjie was. Dis nie onkruid nie! Hierdie is papawer blomme! Ek ken hulle van toe ek 'n kind was!"
Ek moes Google om te bevestig dat hy reg was. Wat ek heeltyd gedink het is onkruid, was toe die papawers - en binnekort sal ons wilde blomme bedding (a.k.a. ons "pollination zone") bedek wees in poppies!

Wat tuinmaak vir my geleer het van om God te vertrou
Hierdie ervaring het my laat dink aan die gelykenis wat Jesus vertel het van die saaier. Hierdie man het sade gestrooi -soortvan soos wat ek het- wild en sonder aandag oor waar hulle gaan land. Party het op goeie grond beland en opgekom, andere was deur die kraaie weggedra, met onkruid ingevleg, of selfs erger, beland op grond so hard dit kan nie groei nie.
Ek het hierdie week 'n dagstukkie geskryf vir iemand ('n pasgemaakte kids curriculum), toe ek eintlik dieselfde gelykenis behandel. In die lessie moedig ek die luisteraars aan om te dink oor hulle eie lewens:
Is hulle harte te hard om God se stem te hoor en Sy goedheid te sien? (soos die harde grond)
Het hulle verspreide liefdes, en laat ander dinge toe om hul aandag af te trek? (soos die onkruid)
Laat hulle vriende hul liefde vir God groei of raak dit al minder? (soos die kraaie)
Onbeantwoorde Gebede verduidelik - in 'n praktiese manier
My ervaring met die papawer sade in my tuin het my herinner dat God so getrou is met die sade wat Hy in ons lewens saai. Hy doen dit vrygewig - selfs al vergeet ons dikwels die dinge waarvoor ons eens gebid het. Ons onbeantwoorde gebede hang in ons gedagtes, tog sien ons nie alles raak wat Hy doen nie...
Ons kan die grond voorberei, betyds water gee, die regte omgewing skep waar geloof kan groei, maar vir die grootste gedeelte is dit Hy wat dit doen!
Paulus het ook hieroor geskryf: "My werk was om die saad te plant. Apollos moes dit natgooi. Maar God het laat groei."
Al die glorie, lof en eer behoort aan God. Selfs al is ons goed daarin om Sy woord en Sy koningkryks-lig met ander te deel - of dit groei of nie, hang glad nie van ons af nie.
'n Gebed van oorgawe
Vader, sal U my herinner dat dit U is wat die safe bring EN dit laat groei. As ek 'n saaier is, is net omdat U my gestuur het en gekies het om saam met U te werk. En as ek enige groei raaksien, is dit net as gevolg van U genade, ek vind guns en geloof. Al wat ek kan doen is om na hierdie grond om te sien (my hart, my gedagtes, my lewe) en ek kan 'n plek skep waar liefde KAN groei. Maak my hele lewe heilige grond waar U teenwoordigheid tasbaar is en ek kaalvoet kan stap soos Moses by die brandende bos. Here, hierdie lewe behoort aan U. Alles is geskenk. Dankie - Ek dank U. Amen.
Laaste gedagtes
So, liewe leser, hoop ek ook dat jy die papawers in jou eie lewe kan identifiseer. Wat is die dinge waarvoor jy gebid het en waarvan jy vergeet het, nou dink jy dit is onkruid terwyl dit heeltyd presies is wat jy wou gehad het of waarvoor jy gevra het?
Oorweeg die volgende vrae om die Gelykenis van die Saaier tot jou eie lewe toe te pas:
Het jy 'n metode van jou gebede boek-hou? Skryf jy hulle neer of tik dit in die Notas op jou foon? Indien nie, hoe sal jy ooit weet wanneer Hy jou gebede beantwoord?
Identifiseer een ding in jou lewe wat jou tans irriteer. Hierdie ding frustreer jou en is 'n groot ongerief wat voel asof dit jou groei keer. Het jy iets? Great, nou wil ek vra dat jy in gebed vra: Wat kan hierdie situasie of persoon vir my leer? Soos 'n vriend my gister herinner het, God stel belang daarin om ons te snoei om meer heilig te word. Wat kan hierdie situasie moontlik in jou ontwikkel? Dalk 'n vrug van die Gees?
Laastens, is daar 'n manier (enige moontlike manier) dat hierdie spesifieke persoon of situasie dalk presies kan wees waarvoor jy vir God gevra het op 'n ander tyd in jou lewe?
Die slegte goed wat met ons gebeur is gewoontlik nie uit God se hand nie; maar dit is alles IN Sy hand. Hy is saam met ons in dit - in die middel, heeltemal sigbaar - maar let ons op? Weet ons ooit wat die laaste ding was wat ons vir Hom gevra het? Die laaste belofte of Woord wat Hy vir ons gegee het?
Mag jy aanhou woon in die Wingerd, en meer en meer soos Hy word, getransformeer tot in Sy beeld, tot jy so naby aan Hom verbind is dat mens nie kan sien waar jy eindig en Hy begin nie.
Mag jy altyd lewe in die genade van God.




Comments