top of page
Search

Kersfees boom: Die Bybelse Betekenis

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Nov 18
  • 8 min read

Updated: Dec 1

Deel 2 van 4 in die "Ware Betekenis van Kersfees" Reeks


Kersboom met ster, goud en rooi versierings. Tekste oor die betekenis van kersbome en Bybelverwysings in bruin op 'n groen agtergrond.

Toe ek begin skryf het aan my nuwe Kersfees Kurrikulum vir Kinders, het ek nie besef hoe diep dit my sou tref as 'n volwassene nie. Die idee was eenvoudig: skep 'n stel lessies wat vir kinders help om die ware betekenis te verstaan agter al ons Kersfees tradisies - die boom, die liggies, die geskenke, en selfs Kersvader. Maar iewers in die middel van die eerste lessie skryf oor Lig, het ek gevoel hoe die Here met my praat. Hoe meer ek toe verf, skryf, en bid, hoe meer besef ek: dit is nie net iets wat kinders moet hoor nie. Ek moes dit ook hoor.


Hierdie artikel - die tweede in 'n vier-delige Gaan Dieper reeks - kom direk van daardie kurrikulum af. Dis 'n uitnodiging om tot stilstand te kom en weer die mooi, simboliek, en heilige misterie van Kersbome te ontdek... nie net die fisiese soort wat in jou sitkamer staan nie, maar die Boom van lewe wat vir ons almal gekom het in Jesus Christus.


Festive Christmas tree with gold glittery baubles and warm white string lights in a cozy indoor setting, creating a cheerful mood.

Van die Eerste Tuin: Die Kersfees boom betekenis

Meeste jare wanneer dit tyd is vir Kersfees lees ons net oor Jesus se geboorte. Maar jy kan nie net een stukkie van 'n fliek kyk en verwag dat dit moet sinmaak nie, of net een hoofstuk van 'n storie lees sonder die geheel nie.


God het 'n storie geskryf sedert Genesis - en Jesus se geboorte (Kersfees) is 'n spesifieke gedeelte van daardie storie.


Aan die heel begin, was daar nog 'n boom. Die boom in die Tuin van Eden het in die middel van alles gestaan (Genesis 2-3). God het vir Adam en Eva 'n keuse gegee: om Hom te vertrou en alles te ontvang as 'n geskenk, of om uit te strek en te neem wat nie hulle s'n was nie. Hulle het vriendskap met God gehad, maar hulle het eerder hulself gekies...


Toe Eva uitreik na daai vrug toe het haar oop hand -geskape om van God te ontvang- 'n geslote vuis geword. Die enkele aksie van "ek-kan-vir-myself-sorg", van gryp eerder as vertrou, het die hele geskiedenis vir alle mense verander.


Sedert daardie dag, sukkel ons almal met dieselfde dillema. Lewe ons met oop palms voor God - vertrouend in Sy goedheid - of strek ons uit om te gryp wat ons dink ons verdien?


Die boom in Eden herinner ons hoe maklik ons beheer kan kies bo vertroue.

“Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug..”— Jakobus 4:7

In die Kersfees seisoen, vier ons dat dit nie die einde van die storie was nie.


Neem nou 'n oomblik en reflekteer oor die Gnesis boom. Skryf 'n paar sinne neer (of tik hulle in jou foon se Notas toep). Ontmoet my dan weer hier en ons kan nog dieper delf in die ware betekenis van Kersbome in.


Open book with text visible, against a backdrop of soft, warm bokeh lights. The scene is cozy and inviting, suggesting a calm mood.

Van die Boom in Eden tot die Kruis

Maar God se storie eindig nie in daardie tuin nie.

Duisende jare later het nog 'n boom verskyn op 'n koppie buite Jerusalem - 'n growwe houtkruis. Herdie keer was dit nie 'n simbool van rebellie nie, maar van verlossing. Dit was hier dat Jesus die vloek van die eerste boom op Homself geneem het, Sy hande uitgestrek het om te herstel wat ons in Eden verloor het.

“Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is julle genees!”— 1 Petrus 2:24

Wanneer ons regtig stop en daaroor dink wys die Kersboom na dieselfde storie van verlossing. Van die krip tot die kruis, Jesus het gekom om ons verhouding met die Vader te herstel - om ons hande weer oop te maak.


Die Blywende Boom

Die boom wys ook na ewige lewe. Terwyl die vrugteboom in die tuin dood gebring het, is die immergroen boom wat ons nou versier heel jaar lank lewend. Dit bly groen in elke seisoen - deur die koue, droogte, of donkerte. En dit is wat Jesus vir ons bied: 'n lewe wat nie verdor wanneer omstandighede verander nie.


“Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”— Johannes 15:5

Wanneer ons naby Hom bly, vloei Sy lewe deur ons. Dis hoekom ons Kersboom ook 'n heilige herinnering kan wees - elke takkie verklaar dat ware lewe net in Christus gevind word.


Die boom metafore gaan aan deur die hele Skrif, tot en met Openbaring. Dus het die beeld van 'n boom regtig 'n groot impak.


Die Bybel verse oor Bome

In die Kinder Kurriculum, gee ek vir fasiliteerders verskeie Skrifgedeeltes vir dieper studie. Kom ons staan nou stil by hulle as volwassenes - luister weer met oop harte:


  • Jesaja 11:1–2 – “Uit die stomp van Dawid se familie sal ’n takkie groei, ’n tak wat vrugte sal dra. Die Gees van die Here sal op hom rus. → Hierdie profesie wys direk na Jesus. Die lyn van Dawid het dalk gelyk asof daar nie hoop was nie, maar God het nuwe lewe weer laat opgroei.

  • Jeremia 17:7–8 – “Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting

    in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. → Geloof is gewortel in vertroue. Wanneer ons gegrond is in God se Woord floreer ons selfs in seisoene van droogte.

  • Psalm 1:2–3 – “Hy vind egter vreugde in die gebooie van die Here en oordink sy voorskrifte dag en nag. Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. → God se Woord is nie net inligting nie - dit is transformasie wat lei tot vrugte.

  • Johannes 15:4–5 – “Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie aan My verbonde bly nie. Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. → Jesus is nie net 'n bron van krag nie; Hy is ons hele lewe. Sonder Hom is daar nie vrug nie.

  • 1 Petrus 2:24 – ““Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het.” → Die "boom" van die kruis was die plek van ons genesis - 'n simbool van dood word toe een van ewige lewe.

  • Openbaring 22:2 – “Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Dit dra twaalf keer per jaar vrug; elke maand dra hy sy vrugte. En die blare van dié boom gee genesing aan die nasies.” → Die storie wat begin het met 'n verbode boom eindig met een van genesing. Dit is die volle sirkel van verlossing.

Hoekom Maak dit Saak

Toe ek aanvanklik hierdie lessie vir kinders geskryf het wou ek gehad het hulle moet verstaan dat die Kersbome wat hulle orals sien is nie net versiering nie. Dit is 'n herinnering. 'n Herinnering dat Jesus die goeie Boom is, en dat Sy teenwoordigheid lewe bring.


As volwassenes kan hierdie waarheid ons selfs dieper tref. Want ons weet hoe depressie voel. Ons het al deur winter geloop - ons harte het al gebreek, ons het al getreur, ons was al doodmoeg, verlate, alleen. En tog, selfs daar - in die middel van dit - het Christus se belofte van lewe in oorvloed ons steeds gevind.


Hy is nie bang vir die dooie plekke in ons lewens nie. Hy stap in hulle in en verander hulle dat hulle lewend word (grafte word tuine; geraamtes word 'n weermag soos Esegiël 37 ons herinner).


In die kurrikulum vra ek dat die kinders reageer deur om blare te pluk van 'n lewendige boom buite, en om blaar-vorms te knip uit papier. Ons neem dit terug na Genesis toe en sien hoe donkerte gekom het toe Adam & Eva hulle hande uitgestrek het om daardie verbode vrug te pluk (soos die rooi kers-ornament op die Kersboom). Daar was iets tussen mense en God - hulle kon nie meer Sy goedheid SIEN nie!


Iets binne hulle het gedooi, opgedroog, en bar geword...


Maar Jesus het nie net uit die bloute gekom nie. Ons weet dat Kersfees 'n viering is van Jesus se geboorte, maar HOEKOM het Hy gekom? In die kurrikulum wys ek hoe God 'n perfekte plan en belofte gemaak het aan Sy mense van die heel begin af. Hy sou 'n weg maak. Hy sou dit reg maak.


Kersfees bome is verbind aan die beste boom van almal: Jesus Christus. Ja, dit klink snaaks om dit so te verduidelik asof Jesus 'n boom is, maar dit beteken Hy het gekom om ons te verlos, te red, en om LEWE te bring! Terwyl die eerste lessie gefokus het op lig; fokus hierdie een op lewe.



Two lit candles beside a frosted pine branch with red berries, set in a warm, dimly lit environment creating a cozy, festive atmosphere.

'n Persoonlike Refleksie


Soos wat ek hierdie lessie vir kinders geskryf het was ek verbaas oor hoe persoonlik dit geword het. In elke takkie en elke lig het ek gesien hoe God ook deur my eie seisoene gewerk het - plant, snoei, en soms toelaat dat winter sy werk doen voordat nuwe groei kan kom.


Miskien is jy ook in so 'n seisoen. Miskien lyk jou "boom" kaal, of jy kan nog nie baie vrugte sien nie. Hou moed. Selfs wanneer ons dit nie kan voel nie groei ons wortels dieper in die donker.


Dis snaaks vir my dat - na liggies - 'n Kersboom die volgende ding is wat ons opsit. Ons sien hulle al van November af - die lig kom eerste, die boom kom tweede. En, soos Saggeus wat met oorgawe daai boom geklim het om vir Jesus van 'n afstand af te kyk, sit ons ook met energie 'n boom op om 'n bietjie van Sy glorie te kan vasvang.


Hy kom! Dis amper tyd!


ELEMENTE VERSIER DIE BOOM

STAP-VIR-STAP


  1. Boom: Praat oor die eerste boom in Eden en hoe God 'n beter boom belowe het.

  2. Tinsel: Praat oor die slank in Eden of die goue draad wat deur die Skrif loop.

  3. Ornamente: Praat oor die verbode vrug of die Vrugte van die Gees.

  4. Ster heel bo: Praat oor die Betlehem ster of die Heilige Gees se leiding.


Close-up of a Christmas tree with glowing warm white lights. Dark green branches create a festive, cozy atmosphere.

Deel die Lig

As hierdie refleksie dalk iets vir jou beteken het, kan ek jou aanmoedig om die waarheid oor die Boom te deel in jou eie kringe?


Dalk kan jy 'n gesprek opbring en die artikel deel met iemand wanneer julle 'n Kersboom opsit by die werk of by kerk. Of dalk kan jy 'n vriend nooi om hierdie Kersfees by jou gesin aan te sluit sodat hulle ook hierdie mooi viering van nuwe lewe kan ervaar.


🌲 Vir ouers: Kry jou gesinnetjie by mekaar en lees saam deur hierdie les. Die Kersfees Kurrikulum help jou om diep waarhede te leer deur eenvoudige simbole wat jou kinders klaar ken. Ontdek die volle hulpbron →


🌲 Vir onderwysers en bediening leiers: Die kurrikulum sluit hand-getekende inkleurprente en waterverf prente in om die teologie eenvoudig en mooi te maak. Dit is perfek vir Sondagskool of vakansie programme. Laai dit hier af →


🌲 Vir die 'fun' tannie of oom: Bring iets betekenisvol na hierdie Kersfees toe - print die inkleurprent, deel die storie, en herinner die kinders vir wie jy lief is dat Jesus die ware lewe in oorvloed gee.


🌲 Vir jouself: Laat die boom in jou huis meer wees as 'n simbool van viering. Laat dit jou herinner aan ons God wat herstel wat gebreek was.


Kersfees Kurrikulum - Leer vir Kinders die ware betekenis van Kersfees
ZAR 200.00
Buy Now


'n Gebed

Vader, dankie vir die storie wat U vertel deur bome - van die tuin tot die kruis, en selfs deur die een wat vandag in ons huise staan.

Help my om met oop hande te lewe, en te vertrou dat U sal sorg vir elke goeie ding.

Help my om die vrugte te dra wat U Gees reflekteer.

En mag my hele lewe - gewortel in U liefde - ander lei na U Seun, die ware Wingerdstok.

Amen.


Mag jy aanhou woon in die Wingerdstok, en meer soos Hy word, totdat jou lewe vrug dra wat van Sy teenwoordigheid getuig. 🌿


Kom ons gesels in die kommentaar blokkies hier onder: Watter ander Skrifgedeeltes oor bome of plante kom by jou op soos jy hierdie lees? Is daar iets anders wat jy sou by sit?

Christmas tree with ornaments and lights, text overlay reads "What is the true meaning of Christmas trees," Vine Creative Studio tagline.

 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- skep ontmoetings materiaal vir geloofsgroei -

Stel my aan vir Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page