top of page
Search

Kersfees Liggies: Die Bybelse Betekenis

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Nov 5
  • 7 min read

Updated: Dec 1

Deel 1 van 4 in die "Ware Betekenis van Kersfees" Reeks


Kersfees tema met kersliggies, boom agtergrond. Tekst oor lig en geloof insluitende Bybelversies. Groen en goud kleure. "LEES DIE BLOG POST".

Toe ek my nuwe Kersfees Kurrikulum vir Kinders geskryf het, het ek nie besef hoe diep dit ook met my eie hart sou praat nie. Die idee was eenvoudig: om lesse te skep wat kinders help om die ware betekenis agter ons Kersfees-tradisies te verstaan — die ligte, die boom, die geskenke en selfs Kersvader. Maar êrens in die middel van die eerste les oor Lig, het ek die Gees hoor praat. Hoe meer ek geskryf, geverf en gebid het, hoe meer het ek besef: hierdie is nie net iets wat kinders moet hoor nie. Ek moes dit ook hoor.


Hierdie inskrywing — die eerste in ’n vierdelige Gaan Dieper reeks — kom direk uit daardie kurrikulum. Dis ’n uitnodiging om te stop, weer asem te haal, en die skoonheid, simboliek en heilige misterie van Kerslig te ontdek … nie net die liggies wat aan jou boom skyn nie, maar die Lig wat in die donkerte van die wêreld gekom het — en steeds skyn. Kersfees liggies beteken iets...


Hand holding a lit sparkler, emitting bright sparks in a dim room with blurred candles in the background, creating a warm, festive mood.

'n Fees van Lig: Kersfees liggies beteken iets

Daar is ’n rede waarom ons Kersfees met lig versier. Oral waar jy kyk — skitterende liggies, kerse wat flikker op tafels, gloeiende sterre, ’n vuur wat in die kaggel brand — lig is oral. Selfs die woord Kersfees beteken letterlik ’n fees van kerse.


Maar lig maak dinge nie net mooi nie. Dit onthul. Dis wat ons laat sien. Dis wat die mag van donkerte breek. Daarom is Kersfees, in sy wese, ’n fees van openbaring — ’n viering dat die ware Lig in die wêreld gekom het.


“Die volk wat in donkerte leef, het ’n groot lig gesien; oor dié wat woon in ’n land van diepe duisternis het ’n lig opgegaan.” — Jesaja 9:2

Hoe mooi het Jesaja se profesie lank voor Jesus se geboorte van Hom gepraat. Met Kersfees-tyd vier ons dat hierdie belofte vervul is: die Lig van die Wêreld het die mense- geskiedenis binnegestap.


As jy daaroor dink, was lig nog altyd sentraal tot God se verhaal.Aan die begin was Sy heel eerste woorde: “Laat daar lig wees” (Genesis 1:3). En nou, in Jesus, hoor ons daardie woorde weer: “Ek is die Lig vir die wêreld” (Johannes 8:12).


Reflekteer oor die teenwoordigheid van lig in die Woord vandag en skryf 'n paar woorde neer (of tik hulle in jou foon se Notes app). Kom ontmoet my dan weer hier en ons sal selfs dieper delf om te ontdek wat die ware betekenis van Kersfees-lig is.


Open book with shadowy light on a wooden surface. "Victory" text on a nearby paper. Warm tones, serene mood.

Die Skrif oor Lig

In die Kinders se Kersfees Kurrikulum het ek vir die fasiliteerders verskeie Skrifgedeeltes gegee vir verdere nadenke. Kom ons staan nou as volwassenes by hierdie verse stil — luister weer met oop harte:


  • 1 Johannes 1:5–7 – “God is lig, en daar is geen donkerte in Hom nie.” → Dis waar dit begin. Lig is nie net iets wat God gemaak het nie; dit is wie Hy is.


  • Psalm 27:1 – “Die Here is my lig en my verlosser; vir wie sal ek bang wees?” → Die lig van God bring moed. Wanneer Sy teenwoordigheid ons vul, verdwyn vrees.


  • Psalm 119:105 – “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” → Lig wys vir ons die pad. God se Woord lei ons wanneer ons nie die volgende stap kan sien nie.


  • Spreuke 4:18 – “Die pad van die regverdige is soos die môrelig wat al helderder skyn totdat dit vol dag is.” → Groei in Christus gebeur nie oornag nie — dit is ’n proses van geleidelike verligting.


  • Efesiërs 5:8–9 – “Vroeër was julle self deel van die donkerte, maar nou behoort julle aan die lig omdat julle aan die Here behoort. Leef dan soos mense wat aan die lig behoort.” → Let op die verskuiwing: ons was donkerte, maar nou is ons lig.


  • 2 Korintiërs 4:6 – “God wat gesê het: ‘Laat daar lig uit die donkerte skyn,’ het Sy lig in ons harte laat skyn.” → Dieselfde stem wat lig geskep het in Genesis, skep dit nou in ons.


  • Matteus 5:14–16 – “Julle is die lig vir die wêreld... Laat julle lig so voor mense skyn dat hulle julle goeie dade kan sien en julle Vader in die hemel kan prys.” → Ons is nie net ontvangers van lig nie; ons is draers daarvan wat dit moet reflekteer.

Waarom Dit Saak Maak

Toe ek hierdie les vir kinders geskryf het, wou ek hê hulle moes verstaan dat die Kersliggies wat hulle oral sien, nie net versiering is nie. Dis herinneringe. Herinneringe dat Jesus die ware Lig is — en dat Sy lig steeds vandag in ons wêreld skyn, deur ons lewens.


Vir ons as volwassenes tref hierdie waarheid selfs dieper. Want ons wéét hoe donker dit soms kan voel.Ons het al deur rou, uitbranding, gebroke verhoudings en eensaamheid gestap.En tog — selfs dáár, in die middel van dit alles — vind Christus se lig ons steeds.

Hy is nie afgeskrik deur ons donkerte nie. Hy stap in dit in.


In die kurrikulum het ek die kinders laat reageer deur om hulle gesigte met hul hande toe te maak. Ons neem dit dan terug na Genesis toe en sien hoe die donkerte gearriveer het toe Adam & Eva die verbode vrug gepluk het (soos die rooi Kersfees ornament, van die Kersboom af - maar ons gaan later meer oor dit praat...). Daar was iets tussen mense en God - hulle kon nie meer Sy Goedheid SIEN nie!


Jesus het nie net uit die bloute opgedaag nie. Ons weet dat Kersfees 'n viering is van Jesus se geboorte, maar HOEKOM het Hy gekom? In die kurrikulum illustreer ek hoe God 'n perfekte plan en 'n belofte aan Sy mense gemaak het van die begin af. Hy sou 'n weg maak. Hy sy dit reg maak.


Die profeet Jesaja het dit raakgesien en ons leer dit in die kurrikulum se Bybel-onthou vers: “Die volk wat in donkerte leef, het ’n groot lig gesien; oor dié wat woon in ’n land van diepe duisternis het ’n lig opgegaan.” — Jesaja 9:2


Kersfeesliggies herinner ons aan die grootste lig van alles: Jesus Christus. Die lig van die skepping!



Two lit candles beside a frosted pine branch with red berries, set in a warm, dimly lit environment creating a cozy, festive atmosphere.

'n Persoonlike Refleksie

Terwyl ek die waterverf-illustrasies vir die kurrikulum geskilder het — klein kerse, skynende sterre, en warm vensterliggies wat brand — het ek besef hoe maklik ek die eenvoudigste waarheid vergeet:Lig hoef nie teen donkerte te veg om te oorwin nie. Dit moet net verskyn. Selfs terwyl ek geverf het het daar sonstrale deur die venster ingeskyn en die waterverf uitgedroog om die ware dieper kleure te wys.


Dieselfde geld in ons eie lewens. Ons oorwin nie donkerte deur harder te probeer nie, maar deur nader te bly aan die Lig self. En dis waar ek weer gehoor het hoe God sag fluister: “Bly in My.” Dieselfde woorde wat die naam Vine Creative Studio geïnspireer het.

Miskien is dit waarom hierdie eerste les vir my so fundamenteel voel — dit is die beginpunt van alle geestelike groei. Ons kan net weerkaats dit waaraan ons naby bly. Ons reflekteer net Sy lig in ons lewens in. Ons is sterre wat Hom, die Son, reflekteer...


Dis vir my merkwaardig dat Kersfees liggies dikwels die eerste ding is wat ons opstel. Ons sien hulle in winkels van Oktober af - die lig kom eerste. En, soos Paulus, wat vir Jesus eerste ontmoet het as die blindende lig, moet elkeen van ons ook eers weer staar na Sy wonderlike lig.


Close-up of a Christmas tree with glowing warm white lights. Dark green branches create a festive, cozy atmosphere.

Deel die Lig

As hierdie refleksie iets in jou aan die beweeg het, wil ek jou sagkens aanmoedig om die Lig in jou eie kringe te deel.


🌟 Vir ouers: Dink daaraan om saam met jou kinders rondom die tafel of die Kersboom te sit en hierdie eenvoudige, maar betekenisvolle kurrikulum deur te werk. Dit is ontwerp om klein hartjies te help om die Evangelie te verstaan deur stories en handewerk. Verken die Kersfees Kurrikulum →

🌟 Vir onderwysers en bedieningsleiers: Elke les is kort, visueel en maklik om te gebruik — perfek vir Kinderkerk, Christelike skole of Sondagsklasse in die aanloop tot Kersfees. Dit help kinders om waarheid deur skoonheid te beleef. Laai dit hier af of deel dit →

🌟 Vir die prettige tannie of oom: Jy hoef nie ’n onderwyser te wees om Jesus te deel nie. Druk ’n paar inkleurbladsye uit, steek ’n kers aan, en lees ’n kort storie uit die gids saam met die kinders vir wie jy lief is. Dit kan een van hulle kosbaarste Kersfees-oomblikke word. Een van die inkleurprentjies is ontwerp om ook as 'n plekmatjie te kan werk by die Kindertafel hierdie Kersfees.

🌟 Vir jouself: Miskien moet jy net ’n oomblik neem om te onthou dat Sy lig steeds oor jou lewe skyn. Dieselfde God wat gesê het, “Laat daar lig wees,” spreek daardie woorde vandag weer oor jou hart. In die plekke waar jy verlate voel, laat daar lig wees. In al die maniere hoe jy voel dat jy nie naby Hom kan wees nie en jy kan nie Sy goedheid sien nie, laat daar lig wees.


Kersfees Kurrikulum - Leer vir Kinders die ware betekenis van Kersfees
ZAR 200.00
Buy Now


'n Gebed

Vader van Ligte,

Dankie vir die helder lig van Jesus wat skyn in die donkerte van my hart en huis.

Wanneer my eie geloof flou voel, help my om nader te trek aan U lig - om te rus in U warmte en U liefde.

Laat my lewe 'n kers wees wat skyn van U genade.

En hierdie Kersfees, mag U lig skyn deur my aan die volgende generasie.

Amen.


Mag jy aanhou woon in die Wingerdstok, en meer en meer soos Hom word, totdat jou lewe sag gloei met die lig van Sy teenwoordigheid.🌿


Kom ons gesels in die comments: Watter ander Skrifgedeeltes oor lig kom by jou op soos jy hierdie lees? Is daar iets anders wat jy sou by sit?

Text reads "What is the true meaning of Christmas lights" over a decorated tree with glowing lights. Calm, festive atmosphere.

 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- skep ontmoetings materiaal vir geloofsgroei -

Stel my aan vir Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page