top of page

Moses en die Brandende Bos Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • May 15
  • 3 min read

Ons gaan aan met die reeks Bybel lessies vir kinders oor die Ou Testament se heel beste stories - hier is 'n Moses en die Brandende Bos Bybel Lessie. Die fokus is op hoe God vir Moses genooi het in SY GROOT STORIE in.


Die dele van die program sluit in: 'n naam speletjie, memoriseer vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.


Dit is lessie #4 in die reeks::


Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


Leaning trees with vibrant green leaves in a forest backlit by a fire blazing inside - Like the burning bush of Moses.

Ysbreker

Sê: “Ons gaan vandag leer van Moses en die brandende bos.” Maak beurte. Iemand word gekies om ‘Moses’ te wees. ‘Moses’ stap rond op soek na iets en roep uit:🗣️ “Wat het ons hier? Wie sal my stuur? ‘n Bos wat skyn, en my pyn verdwyn!” Dan antwoord die res van die groep: “Moses, God roep jou. Jy moet luister nou.”


Die onderwyser kan elke keer ‘n waarheid van God met die kinders deel wat hulle dan herhaal:

1. God is my Skepper; Hy ken my. 

2. God kies my; ek is Syne. 

3. God red my; ek is veilig

Liedjies


Bybel-onthou-vers

Ons het al hierdie een gedoen, kom ons kyk hoe goed julle kan onthou:

Johannes 3:16

(Vorm met hande: J  3  1  6)


“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” 

(Vorm met hande: 👆🫵♥️🎁🙏🙈🌱)


Moses en die Brandende Bos Bybel lessie

Ons lees in die Bybel wys ‘n fisiese Bybel van iemand met die naam Moses. Kan julle sê Moses?🗣️ Mo-ses.


Moses was deel van Abraham se familie wat God se belofte ontvang het. Onthou, God het belowe om Sy mense baie te maak en om dan AL die nasies deur hulle te seën. 🌍 Dit was God se Groot Plan sodat Hy weer naby mense kon lewe soos in die Tuin van Eden. 🌱


Eendag het Moses gestap en toe sien hy iets baie snaaks. Daar was ‘n bos vol 🔥 vlamme, maar die vuur het nie die bos verbrand nie. Toe hy naby kom, hoor Moses ‘n stem wat vir hom sê: “Moses, Moses!” “Dit is ek, ja,” het Moses geantwoord. “Moenie nog nader kom nie,” het die Here vir hom gesê. “Trek uit jou sandale. Die plek waarop jy staan, is heilige grond.”


Moses het vinnig sy skoene uitgetrek en kaalvoet voor die brandende bos gestaan. Toe hy hoor dit is God - die Een wat die belofte aan sy voorvader Abraham gemaak het - wat met hom praat, het Moses se hart vinnig geklop. ❤️


God het vir Moses gekies om deel te word van Sy Groot Storie. Sy doel was om God se mense, Abraham se nageslag, te red uit Egipte uit. Julle het dalk al die stories gehoor van die plae en die Rooi See wat oopgegaan het? God het vir Moses gelei om Sy mense te red. 


Maar voordat dit gebeur het, het Moses gestaan voor die brandende bos. God het hom genooi om deel te word van die Groot Storie - En Hy nooi jou ook!


Vrae & Antwoorde

V: Wat is God se Groot Storie?

A: God is baie lief vir mense ♥️ en Hy het ‘n plan gemaak sodat hulle weer naby Hom kan lewe soos in die Tuin van Eden - Daai plan is Jesus. 


V: Hoekom moes Moses sy skoene uittrek by die brandende bos?

A: Dit was Heilige grond.


V: Hoe kan jy vir God ervaar? Kom Hy net in ‘n brandende bos?

A: Jesus het vir ons ‘n Helper gegee, die Heilige Gees. 🕊️ Deur God se Heilige Gees kan ons enige tyd met God praat en Sy liefde vir ons voel. 


📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam Eksodus, hoofstuk 3.


Gebed

Dankie Here, dat U ons deel maak van U storie.


U kon dit alleen doen, maar U kies om ons in te sluit.


Wys ons elkeen hoe ons kan inpas by U storie?


Watter hoofstuk kan ons help skryf?


Amen.



Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


Taste & See Curriculum for Kids
ZAR 200.00
Buy Now

P.S. As jy hierdie lessie geniet het en graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page