God se Belofte aan Abraham Bybel lessie
- Eljoh Hartzer, MTh

- May 15
- 3 min read
God se groot belofte aan Abraham vorm die fondasie van die hele Bybel verhaal en ook die koms van Jesus. Hierdie God se belofte aan Abraham Bybel lessie help kinders om te sien hoe God Sy beloftes altyd nakom en hoe baie Hy omgee oor elkeen van ons. Die dele van die program sluit in: 'n naam speletjie, memoriseer vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.
Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.

Ysbreker
Steek drie items weg in die vertrek voor die tyd. Vertel nou vir die kinders dat daar hierdie 3 items is wat hulle moet soek. Hulle mag net ‘Ja’ of ‘Nee’ vrae vra totdat hulle dit kry / weet wat dit is. Voor elke antwoord wat jy gee, sê die woorde 🗣️: “EK BELOWE”. Byvoorbeeld: “Meneer, is dit naby die vensters?” “Ek belowe, ja.” Die idee is dat ons die fokus op ‘belowe’ sit van die begin af.
Liedjies
Luister & Dans: Promises - Orange Kids Music 🔗
Bybel-onthou-vers
Josua 23:14
(Vorm met hande: J 2 3 1 4)
“Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.”
(Vorm met hande: 🫵♥️🫱🏼🫲🏾👍🙅🙈)
God se Belofte aan Abraham Bybel lessie
Wie kan onthou waaroor ons die vorige kere gesels het? (Die Skepping; Die Vloed)
Vandag, tel ons ons storie op ‘n bietjie later in Genesis - Die eerste boek van die Bybel. wys ‘n fisiese Bybel Hier lees ons van iemand met die naam Abraham. Kan julle dit sê? 🗣️A-bra-ham.
God het mos vir Adam & Eva belowe Hy sal ‘n plan maak sodat hulle weer naby Hom kan lewe. Hy het vir Noag gered van die Groot Vloed, en nou was dit tyd om Sy Groot Belofte te maak. 🫱🏼🫲🏾
Wie weet wat ‘n belofte is? … Dit is wanneer jy belowe dat iets regtig gaan gebeur. Ons kan vir God vertrou. Hy hou ALTYD Sy beloftes. Hoe weet ek dit? 📖 Wel, die Bybel is vol van voorbeelde van toe God Sy beloftes gehou het.
Kom ons lees wat God vir Abraham belowe het:
“Kyk op na die naghemel en tel die sterre. ✨ Kan jy hulle tel? 🔢 Net so baie sal jou nageslag wees!” Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken.”
Abraham het op die Here vertrou. God het belowe om vir Abraham deel te maak van God se Groot Storie. Hy het ook gesê dat Hy AL die nasies op die Aarde deur Abraham sou seën. 🌍
Weet jy hoe? Deur Jesus! Jesus was deel van Abraham se familie en Hy is God se grootste belofte aan die mense. Deur Jesus, kan AL die nasies deel word van God se familie. Selfs ek en jy! En so kan ons weer naby aan God lewe. 🌱
God se Groot Storie is dat Hy naby mense was (in die Tuin van Eden), toe draai mense weg van Hom af (en kies sonde). Maar God het belowe om ‘n plan te maak sodat mense weer naby Hom kan leef (daardie plan was Jesus).
Vrae & Antwoorde
V: Wat was die naam van die persoon van wie ons vandag geleer het?
A: Abraham.
V: Wat het God vir Abraham belowe?
A: Hy sal die Vader wees van baie mense (so baie soos die sterre ✨) EN God sal al die nasies op die Aarde seën.
V: Kan ons God se beloftes vertrou?
A: Ja!
📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam Genesis, van hoofstuk 12 af.
Gebed
Vra of een van die kinders hardop sal bid of laat ‘n ander volwassene bid. 🙏
Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.
P.S. As jy hierdie lessie geniet het en graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.




Comments