top of page

Vrou Salf vir Jesus Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 12
  • 6 min read
Kids Bible lesson cover: Woman anoints Jesus with perfume. Alabaster jar image, line drawing of the scene, flowers on tan background.

Die vrou wie vir Jesus gesalf het maak 'n baie goeie Bybel lessie vir kinders. Hierdie storie uit die Evangelies praat oor 'n vrou - met die naam Maria - wie so 'n groot oortuiging gehad het dat Jesus die Messias was dat sy haar hele lewe se geld spandeer het om Hom te salf. Sy het nie geweet dat sy Hom voorberei het vir die kruis wat sou kom nie.


In hierdie verniet Sondagskool lessie gaan ons ontdek wat Maria van Bethanië se geloof so groot gemaak het en hoe ons ook kan oefen om geloof soos dit te groei!


Verniet drukpare prent vir die Vrou wat Jesus se Voete Salf Bybel Lessie


Hier is 'n verniet inkleurprent wat ek geteken het oor hierdie Bybel storie:


As jy hierdie styl van inkleur prentjie geniet sal jy dalk belangstel in my drukpare inkleurboek:


Coloring Book Gospel of Luke Bible
ZAR 150.00ZAR 105.00
Buy Now

A person with a halo sitting, surrounded by others. A woman kneels at their feet holding a jar. Leaves and an arch window in the background.
Vrou Salf Jesus se Voete Inkleurprent

’n Vrou vereer Jesus met duur olie Bybel Skrifgedeelte


Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. 7Terwyl Hy aan tafel was, kom daar ’n vrou na Hom toe met ’n albaste fles vol duur aromatiese olie en gooi dit op sy kop uit. 8Toe die dissipels dit sien, het hulle hulle daaroor opgewerk. “Watter vermorsing,” het hulle onder mekaar gesê, 9“sy kon dit vir ’n yslike bedrag verkoop en die geld vir die armes gegee het!”

10Jesus het dit egter agtergekom en vra hulle toe: “Waarom maak julle dit so moeilik vir hierdie vrou? Sy het immers ’n weldaad aan My gedoen. 11Die armes sal julle altyd by julle hê, maar Ek sal nie meer lank by julle wees nie. 12Toe sy hierdie olie op My uitgegooi het, het sy eintlik my liggaam vir my begrafnis voorberei. 13Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!”


OF

Intussen was Jesus in Betanië by die huis van Simon, die man wat van ’n ernstige velsiekte genees is. Tydens die ete kom daar ’n vrou in met ’n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. 4Sommige van dié wat saam aan tafel was, was verontwaardig daaroor. “Hoekom hierdie verkwisting van duur olie?” het hulle gesê. 5“Ons kon dit vir ’n yslike bedrag verkoop het en die geld vir die armes gegee het.” En hulle het haar uitgetrap.

6Jesus het hulle egter geantwoord: “Laat haar met rus! Waarom maak julle dit vir haar so moeilik? Sy het ’n weldaad aan My gedoen. 7Die armes sal julle altyd by julle hê, en julle kan enige tyd wanneer julle so voel, aan hulle goeddoen. Maar Ek sal nie meer lank by julle wees nie. 8Sy het haar allerbeste vir My gedoen. Sy het my liggaam vooruit gesalf vir my begrafnis.

9“Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!”


OF


Een van die Fariseërs het Jesus na sy huis genooi vir ’n maaltyd, en Jesus het dit aanvaar en aangelê om te eet.

37En kyk, ’n sekere vrou van losse sedes het gehoor dat Hy daar is en het ’n albaste fles met duur aromatiese olie gebring. 38Sy het agter Jesus gekniel, by sy voete, en gehuil. Haar trane het op sy voete geval en sy het dit met haar hare afgevee. Sy het sy voete bly soen en die aromatiese olie daaraan gesmeer.

39Toe die Fariseër wat die gasheer was, sien wat gebeur en wie die vrou is, het hy vir homself gesê: “Dit bewys dat Jesus geen profeet is nie. As God hom werklik gestuur het, sou hy geweet het watter soort vrou hom aanraak. Sy is ’n sondaar!”

40Jesus het toe gereageer en vir Simon geantwoord. “Simon,” het Hy vir die Fariseër gesê, “Ek het iets om vir jou te sê.”

“Reg, Meneer,” het Simon geantwoord, “sê maar.”

41Jesus vertel hom toe die volgende verhaal: “’n Man het vir twee mense geld geleen – 500 rand vir die een, en 50 vir die ander. 42Maar nie een van die twee kon hom terugbetaal nie; hy het dus maar al twee oorgesien en hulle skuld afgeskryf. Wie dink jy het hom daarna die meeste liefde bewys?”

43Simon het geantwoord: “Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste skuld afgeskryf het.”

“Dis reg,” het Jesus gesê. 44Hy het toe na die vrou gedraai en vir Simon gesê: “Kyk na hierdie vrou. Toe Ek jou huis ingekom het, het jy My nie water aangebied om die stof van my voete af te was nie, maar sy het hulle met haar trane gewas en met haar hare afgedroog. 45Jy het My nie met ’n soen verwelkom nie, maar sy het my voete weer en weer gesoen vandat Ek hier ingekom het. 46Jy het nie my kop met gewone olyfolie gesalf nie, maar sy het my voete met kosbare olie gesalf. 47Ek sê vir jou, haar sondes – en dit is baie – is vergewe, omdat sy baie liefde aan My bewys het. Maar iemand vir wie min sondes vergewe is, betoon maar min liefde!” 48Toe sê Jesus vir die vrou: “Jou sondes is vergewe.”

49Die mans aan tafel sê toe onder mekaar: “Wie dink hierdie man is hy om rond te gaan en sondes te vergewe?”

50En Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.”


OF


Ses dae voor die Paasfees sou begin, het Jesus na Betanië toe gekom waar Lasarus, wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus ’n aandete voorberei. Marta het dit voorgesit en Lasarus was een van dié wat saam met Hom vir die ete aangelê het.

3Maria het toe ’n halfliter baie duur aromatiese olie geneem en dit op Jesus se voete uitgegooi en sy voete met haar hare afgedroog. Die huis was gevul met die reuk van die olie.

4Judas Iskariot, een van sy dissipels, wat Hom nog sou uitlewer, sê toe: 5“Waarom is hierdie olie nie eerder vir ’n yslike bedrag verkoop en die opbrengs aan die armes gegee nie?”

6Dit het hy gesê, nie omdat hy so danig besorgd was oor die armes nie, maar omdat hy ’n dief was. Hy het die geldbeurs gedra en het van die bates verduister.

7Toe het Jesus gesê: “Laat haar met rus. Sy het dit gekoop om te bêre vir die geleentheid van my begrafnis. 8Die armes het julle altyd by julle, maar Mý het julle nie altyd nie.”


Children raising hands in a classroom, following an instructor in a black shirt. Bright, vibrant clothing, wooden wall, lively atmosphere.

As jy hierdie les gebruik as deel van jou Paasfees program, oorweeg dalk my Paasfees aktiwiteit bladsye hier:


Easter for Kids Activity Pages
ZAR 50.00
View in shop

Voer die Storie op met 'n Skit

Laat 'n Kinderbediening Helper die Akteurs kies: Jesus, Maria, die Skare


Jesus: (Sit by die tafel) "Ah watter lekker ete het ons vandag gehad, vriende."


Maria: (Hardloop na Jesus toe, Val by Sy voete neer)

“Here, laat my toe.” (Begin Sy voete en kop salf)


Skare: “Wat doen sy? Sy mors geld.”


Jesus: “Los haar uit. Hoekom gee julle haar moeilikheid? Sy het 'n baie goeie ding vir my gedoen."


Maria: (kyk vir Jesus, soen dan Sy voete)


Jesus: "Sy het My voorberei vir dit wat kom..."


Open Bible with visible text, adorned with a green leafy branch on a white background. Peaceful and reflective atmosphere.

Sensoriese elemente om die storie te leer


Ek het onlangs begin rondspeel met die idee van om Kinderbediening lessies sensoriese aktiwiteite te maak. Jy kan meer lees oor die rol van die 5 sintuie in Sondagskool hier: role of the 5 senses in Sunday School , of jy kan voortgaan met die huidige lessie s'n:

SIEN

Bring 'n klei houer of bottel vol parfuum saam en laat hulle daarna kyk. Buig fisies laag neer by iemand se voete en maak asof jy hulle was.

HOOR

Luister na 'n ander vertaling van hierdie Bybelgedeelte deur die gebruik van 'n oudio Bybel op 'n toep. Vra die kinders of hulle iets anders opgelet het.

PROE

Hulle was besig om te eet toe die salwing gebeur het. Doen 'n pouse saam met 'n peuselhappie en begin dan skielik lugverfrisser spuit tussen die kinders, kyk of hulle dit agterkom.

VOEL

Maak beurte om mekaar se voete te was met seep en water, simboliek vir die parfuum wat Maria gebruik het. OF maak parfuum vlessies uit klei wat kan droog op kamertemperatuur.

RUIK

Gebruik 'n Essensiële olie / Eteriese olie of parfuum om 'n lekker reuk in die vertrek in te bring.

*Vir nog meer inhoud oor om vir kinders die ware betekenis van geloof te leer, lees my ander artikels. Hulle is propvol verniet lekker, hulpbronne, en idees!


Hier onder kan jy opteken om die eerste te wees om te hoor van nuwe geloof materiaal wat hier gedeel word :)

 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page