top of page

Rut en Boas Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 4
  • 3 min read

Hierdie Rut en Boas Bybel lessie leer vir kinders die belangrike waarder uit die storie in 'n manier wat hulle kan verstaan. Die lessie fokus op wat ons kan leer by Rut. Dit gaan oor getrouheid, om by God se mense te bly, en om lojaal te wees. Die volgende dele vorm deel van die program: naam speletjie, onthou vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.



Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


Sunlit grassy field with tall, wispy blades swaying. Soft lens flare in foreground. Trees in background. Calm and peaceful atmosphere. Like Boaz's fields where Ruth went in the Bible


Ysbreker

“Wanneer was jy…”   gelukkig, opgewonde, skaam, kwaad, hartseer, hartgebroke. Laat hulle hul hande opsteek en in 2 sinnetjies deel met die res van die klas. Byvoorbeeld: “Ek was gelukkig toe ek hierdie werk gekry het en gehoor het ek kan vir julle skoolhou.” As iemand iets regtig hartseer deel, staan stil by hulle en sê: “Dankie dat jy dit met ons deel” of “Ons gaan later meer hieroor gesels”. Eindig met: “Vandag gaan ons leer oor hoe God selfs ons diepste seer in geluk kan verander”


Liedjies

Luister & Dans: Happy Day - Orange Kids Music 🔗


Bybel-onthou-vers

Ons het al hierdie een gedoen, kom ons kyk hoe goed julle kan onthou:

Psalm 56:4-5

(Vorm met hande: P  5  6  4  5)

“Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou. In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen?”

(Vorm met hande: 🫣☝️🙌👍🙅🤷💪)


Rut en Boas Bybel lessie

Onthou: God se Groot Storie is dat Hy naby mense was (in die Tuin van Eden), toe draai mense weg van Hom af (en kies sonde). Maar God het vir Abraham se familie belowe om ‘n plan te maak sodat mense weer naby Hom kan leef (daardie plan was Jesus). 


Vandag se storie begin ‘n bietjie hartseer. Eendag was daar ‘n vrou met die naam Rut. Ons lees van haar in die Boek van Rut in die Bybel. wys ‘n fisiese Bybel Rut se man was skielik oorlede so sy was alleen met haar skoonma, Naomi. Naomi se man was ook dood, so die twee weduwees was alleen en hartseer… ☹️


Naomi was deel van Abraham se familie - die mense wat God se belofte ontvang het. Maar nie Rut nie, sy was van ‘n ander geloof en kultuur. Tog, toe Rut deel was van Naomi se familie, voordat haar man en skoonpa dood is, het sy baie by hulle geleer van God. 💭


Dit word toe tyd vir Naomi om terug te gaan na haar mense toe. Sy roep vir Rut nader en sê: “Jy kan maar gaan, Rut. Gaan vind ‘n nuwe man. Trou weer. Jy wil mos nie met so ou vrou opsit nie!” Maar Rut het Naomi se hand gevat en vir haar belowe: 🗣️


“Waar jy gaan, sal ek gaan. Waar jy woon, sal ek woon. Jou mense is my mense, en jou God is nou my God.” So het Rut gekies om deel te word van God se belofte-mense, die familie van Abraham. God het vir Rut ryklik geseën met ‘n baie goeie man en ‘n kind! Hulle was so bly. 


Rut se storie leer vir ons om by mense te staan, deur dik en dun. Sy is vir ons ‘n voorbeeld van iemand wat eers nie deel was van God se familie nie, maar wat naby gekom het - nes ek en jy.


Vrae & Antwoorde

V: Hoekom was Naomi en Rut hartseer?

A: Hulle het iemand naby aan hulle verloor…


V: Hoe het Rut vir God gekies?

A: Sy kon op haar eie pad stap, maar sy het gekies om naby God en Sy mense te bly.


V: God wil jou storie herskryf - soos Rut s’n - en jou inskryf in Sy Groot Storie. Hoe kan jy Hom toelaat om dit te doen?

A: Ek kan my hart oopmaak vir Jesus. Ek kan my seer na Hom toe neem (met Hom praat daaroor, en dit laat gaan, vertrou dat dit veilig is by Hom). 


📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam Rut.


Gebed

Dankie, Here, vir die Bybel vol stories waaruit ons kan leer. Dankie dat U belangstel in elke detail van ons lewens. Soos Rut, wanneer ons kies om naby U te bly, vind ons geluk en kan ons bly wees! Help ons om vandag te kies om naby U te lewe. Amen.


Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


Taste & See Curriculum for Kids
ZAR 200.00
Buy Now


P.S. As jy hierdie lessie geniet het graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page