Die Weduwee se Olie Bybel Lessie
- Eljoh Hartzer, MTh

- Jun 4
- 3 min read
Die Weduwee se Olie Bybel Lessie leer vir kinders die bekende storie van die Ou Testament en pas dit toe op hulle eie lewens. Dit gaan oor om God te vertrou as hulle voorsiener. Die program struktuur sluit in: 'n naam speletjie, memoriseer vers, lessie, V & A, en gebed.
Dit is lessie #10 in die reeks oor die Ou Testament se TIEN beste stories:
2 - Noag se Vloed
ens...
Mag jy spasie hier vind om stil te staan, te reflekteer, en te wag op Hom.

Ysbreker
Laat elke kind sê watter storie in die kurrikulum hulle gunsteling was en hoekom. Skryf die 9 Les name op die bord en laat hulle elkeen een kies wat hulle die beste onthou. Dit help ook dat hulle sien hoe die Groot Storie by mekaar kom.
Liedjies
Luister & Dans: Nothing You Can’t Do - Orange Kids Music 🔗
Bybel-onthou-vers
Ons het al hierdie een gedoen, kom ons kyk hoe goed julle kan onthou:
Johannes 3:16
(Vorm met hande: J 3 1 6)
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
(Vorm met hande: 👆🫵♥️🎁🙏🙈🌱)
Weduwee se Olie Bybel lessie
Ons het nou al ‘n hele paar stories uit die eerste deel van die Bybel gedoen. Dit kom almal uit die Ou Testament. Die wonderlike ding is, die hele Bybel vertel een storie. God se Groot Storie…
Van die Skepping, tot Noag en die Ark, tot Abraham se belofte, tot Moses en die brandende bos, tot Dawid en Goliat, tot Jona en die Groot Vis, tot Daniël in die Leeukuil, tot Rut se getrouheid, tot Ester die koningin, en al die pad tot by vandag se storie.
Dis alles is ‘n Groot Storie van God se voorsiening - en dit is ook wat ons sien in die Bybel boek van 2 Konings. 👑 wys ‘n fisiese Bybel Hier lees ons van ‘n profeet met die naam Elisa. Onthou, ‘n profeet is iemand wat gestuur word as God se boodskapper. 📢
Eendag het ‘n arm weduwee vir Elisa in die straat gestop en gevra vir sy hulp. “Wat kan ek doen om jou te help?” 🤷 vra Elisa. “Sê vir my, wat het jy in jou huis?” “Hoegenaamd niks nie, behalwe ’n kan met olie,” 🏺 antwoord sy.
Elisa het toe vir haar gestuur om baie kanne en houers by mekaar te maak - Die weduwee het gedoen soos die profeet gesê het en daar was skielik genoeg olie vir AL die baie kanne. God het die olie laat vermeerder sodat daar genoeg was vir die weduwee om te verkoop en haar probleem op te los.
God het voorsien wat sy nodig gehad het. Hy het vir haar gesorg toe sy 🙏 vra vir hulp.
Waarvoor vertrou jy vir God? Hy sal altyd sorg vir die wat Hom liefhet. ♥️
Vrae & Antwoorde
V: Wat was die naam van die profeet?
A: Elisa
V: Wie het vir Elisa gevra vir hulp?
A: Die weduwee
V: Hoe het God vir haar gesorg?
A: Die olie was genoeg dat sy dit kon verkoop.
📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam 2 Konings, hoofstuk 4.
Gebed
*Bid agter my aan:
Dankie Skepper-God (dankie Skepper-God…)
Dat U voorsien wat ek nodig het.
Ek het meer as genoeg by U.
Help my om geloof te hê
En te vertrou in U.
Amen.
Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.
P.S. As jy hierdie lessie geniet het graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.




Comments