top of page

Koningin Ester Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 4
  • 3 min read

Hierdie Koningin Ester Bybel Lessie was geskryf as deel van 'n Bybelprogram wat in skole regoor Suid Afrika aangebied was - en dit is dalk die perfekte ding vir waar ookal jy is ook! Die lessie leer vir kinders oor om braaf te wees en moed bymekaar te skraap, en om hulle spesiale plek in God se groot storie te ken.


Die dele van die program sluit in 'n naam speletjie, onthou-vers, liedjie, V&A, en gebed.


Dit is lessie #9 in 'n reeks oor die Ou Testament se beste stories:

2- Noag se Vloed ensovoorts...


Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


A jeweled crown on a draped cloth against a soft brown background. The ornate crown features colorful gems, exuding elegance and grandeur. Like Queen Esther in the Bible.

Ysbreker

Begin so:

- Moses was ‘n weeskind, maar toe neem die Koning hom aan. Later het God hom na daardie selfde Koning, die Farao, toe gestuur om God se mense te laat gaan.

- Dawid moes vir sy broers kos vat na die weermag toe. Terwyl hy daar was het hy die geleentheid gehad om vir Goliat te oorwin.

- Is daar voorbeelde in ons eie lewens van wanneer dinge so snaaks uitgewerk het? 


Deel die kinders op in groepies van 5 (as jy genoeg helpers het; anders kan jy die hele groep by mekaar hou). Elke kind noem iets ‘random’ wat al in hulle lewe gebeur het. Die ander kinders moet dan probeer dink hoekom dit kon gebeur het - is daar moontlik iets goeds daarin? Kan ons miskien God se hand raaksien?


Liedjies


Bybel-onthou-vers

Ons het al hierdie een gedoen, kom ons kyk hoe goed julle kan onthou:

Josua 23:14

(Vorm met hande: J  2  3  1  4)


“Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.”

(Vorm met hande: 🫵♥️🫱🏼‍🫲🏾👍🙅🙈)


Koningin Ester Bybel lessie

Kom ek vertel julle oor die Bybel Boek van Ester wys ‘n fisiese Bybel.


Eendag was daar ‘n weeskind, Ester, wat baie hartseer was. ☹️ Haar pappa en mamma is vroeg weg en sy het baie alleen gevoel. Ester het altyd gehoop haar lewe kon iets groots beteken, maar sy het nie geweet hoe nie. 

Jare later het die Koning 👑 van daardie land ‘n vrou gesoek. Ester was toe al groot en baie mooi - die Koning het haar gekies! Skielik was Ester koningin, maar sy was nogsteeds hartseer.


Sy het met haar nefie gesels by die paleis se hek. Sy het hom gemis. God se mense, Abraham se familie, wat die Belofte gekry het was baie hartseer. Die Koning was lelik met hulle en hulle was baie bang. 🙈


Ester het nie geweet wat om te doen nie. Sy was bang om met die Koning te praat. Maar eendag, by die paleis se hek, sê haar nefie toe vir haar🗣️: “Wie weet of dit nie miskien juis met die oog op ’n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!”


Net daar besef Ester: “Dis waar! Ek is Koningin vir ‘n rede. Miskien kan ek tog iets doen.” Sy het al haar moed by mekaar geskraap en na die Koning toe gegaan. God was aan haar kant en die Koning het geluister. God het Sy mense gered - deur Ester. 👑


Dit was haar rol om te speel in God se Groot Storie!


Vrae & Antwoorde

V: Wat was die Koningin se naam?

A: Ester


V: Wie het by haar kom kuier by die paleis se hek?

A: Haar nefie


V: Wat het haar nefie vir haar vertel?

A: Dat sy miskien vir ‘n rede koningin is. God kan haar gebruik daar waar sy is.


📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam Ester.


Gebed

Vra of een van die kinders hardop sal bid of laat ‘n ander volwassene bid. 🙏


Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


A to Z - Bible Flashcards
ZAR 70.00
Buy Now

P.S.

As jy hierdie lessie geniet het graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page