top of page

Dawid en Goliat Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • May 15
  • 3 min read

Hierdie Dawid en Goliat Bybel lessie help kinders om die Here se naam te verklaar oor hulle probleme, nes Dawid het. Die fokus van die lessie is nie net op geweld of oorwinning nie, maar op die praktiese toepassing vir elke kind se eie lewe.


Die dele van die program sluit in: 'n naam speletjie, memoriseer vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.


Hierdie is lessie #5 in 'n reeks oor die Ou Testament se beste stories:


Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


A hand picking a smooth stone from a pebbled shoreline like David did before he killed Goliath. Water splashes gently; the scene is calm with a focus on the natural textures.


Ysbreker

Ons gaan vandag die storie van Dawid & Goliat hoor. Dawid was baie klein en nogals bang; 🙈 en Goliat was groot en sterk. Voordat ons begin, neem ‘n oomblik en dink: 


Wanneer voel ek soos Dawid in my eie lewe? Wat laat voel jou klein of bang? Dalk wanneer jy iets moeiliks moet doen of voor ‘n groot boelie staan?


En wanneer voel jy soos Goliat, groot en sterk en baie goed? Miskien as jy iets doen waarin jy goed is? 


Liedjies


Bybel-onthou-vers

Psalm 56:4-5

(Vorm met hande: P  5  6  4  5)


“Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou. In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen?”

(Vorm met hande: 🫣☝️🙌👍🙅🤷💪)


Dawid en Goliat Bybel lessie

Ons almal ken boelies in ons lewens. Dit kan ‘n ander kind wees wat lelik is met jou - wat jou kos af vat, jou rond stamp, of jou lelike name noem. En partykeer kan grootmense ook soos boelies optree. Dalk is daar ‘n oom, tannie, onderwyser, afrigter, of selfs jou mamma of pappa wat jou soms baie bang maak… 🙈


Die Bybel wys die fisiese Bybel gee vir ons baie goeie advies vir elke dag se probleme. God is altyd naby jou. Jy is nooit alleen nie. 


So, kom ons lees van iemand wat ook bang was. In die Bybelboek 1 Samuel, lees ons van iemand met die naam Dawid. Dawid was ook deel van God se mense wat Sy belofte ontvang het. Hy was familie van Abraham en Moses… 


Dawid was die jongste boetie en hy het 🐑 skape opgepas terwyl sy ouer broers in die weermag was. Eendag het sy pa hom gestuur om vir hulle kos te vat. Toe Dawid daar aankom staan daar ‘n baie groot man - langer as Eben Etzebeth die rugby speler! Sy naam was Goliat, die reus. 👀


Dawid was verbaas dat al die vegters baie bang was. Selfs sy groot broers het weg gekruip en onder mekaar gefluister. Dawid was nie baie sterk nie, maar hy het geweet dat God aan hulle kant was. Kom ons lees wys die fisiese Bybel:


“Ons moenie oor hierdie man moedeloos word nie,” sê Dawid vir (Koning) Saul. “Ek sal teen hierdie Filistyn gaan veg!”


Dawid het die reus oorwin met net sy slinger kettie en ‘n handvol rivier klippies! Maar sy woorde was ‘n sterker wapen: “Ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige.” ☝️


Vrae & Antwoorde

V: Hoe het Dawid vir Goliat oorwin?

A: Hy het vir God vertrou.


V: Wat is ‘n voorbeeld van boelie gedrag?

A: Om iemand seer te maak of te verneder (skaam te maak).


V: Wat kan ons doen wanneer ons bang is?

A: Op God vertrou. Vandag se onthou-vers vir onsself herhaal.


📖 Jy kan vandag se storie by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam 1 Samuel, hoofstuk 17.


Gebed

Dankie Here, dat ons nie hoef bang te wees nie.

U is altyd naby ons en ons is nooit alleen nie.

Ons kan vertrou dat U ons sal red.

Amen.



Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


A to Z - Bible Flashcards
ZAR 70.00
Buy Now

P.S. As jy hierdie lessie geniet het en graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page