top of page

Daniël in die Leeukuil Bybel Lessie

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 4
  • 3 min read

Hierdie is die eerste Daniël in die Leeukuil Bybel lessie om vir kinders hierdie ongelooflike Bybel Storie te leer. In die lessie gesels ons oor hoekom Daniël in die pit gegooi was - dit was omdat hy op God se manier gelewe het. Kinders sal leer wat dit beteken om as dissipels van Jesus anders te lewe.


Die dele van die program sluit in 'n naam speletjie, onthou vers, liedjie, lessie, V&A, en gebed.


Dit is les #7 in 'n reeks oor 10 van die Ou Testament se beste stories:


Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Hom te bly.


Lion cubs resting on a rocky surface under a clear sky; one cub stands while another sleeps peacefully like in Daniel's Bible story. Warm, earthy tones dominate the scene.

Ysbreker

Almal moet hulle monde toe-knyp. Speel dan ‘n paar rondtes van “charades” (stomstreke) - die speletjie waar mens ‘n onderwerp moet opvoer met aksies, sonder enige geluide, terwyl ander raai totdat hulle dit regkry.


Charades woordebank:

Leeu Sluit Koning Bang Engel


Liedjies

Luister & Dans: Be a Light - Orange Kids Music 🔗


Bybel-onthou-vers

Ons het al hierdie een gedoen, kom ons kyk hoe goed julle kan onthou:

Johannes 3:16

(Vorm met hande: J  3  1  6)

“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” 

(Vorm met hande: 👆🫵♥️🎁🙏🙈🌱)


Daniël in die Leeukuil Bybel lessie

Vandag gaan ons lees van nog ‘n profeet,📢 soos Jona, uit die Bybel. wys ‘n fisiese Bybel Sy naam was Daniël. Daar is ‘n hele boek oor hom in die Bybel.


Toe Daniël nog jonk was, het mense hom geneem na ‘n vreemde land toe. Daar moes hy snaakse maniere aanleer om in te pas… Hulle het selfs vir hom ‘n nuwe naam gegee. Maar Daniël het besluit hy gaan eerder nogsteeds volgens God se manier lewe. Hy het nie die vreemde kos geëet, sy nuwe naam gebruik, of opgehou om naby God te lewe nie. 🌱


Die mense het nie baie van Daniël gehou nie want hy was… anders. Maar God het hom beskerm en hom baie geseën omdat hy die regte dinge gedoen het.


Eendag het die Koning 👑 van daardie land ‘n groot beeld van homself laat bou. Al die mense moes buig voor die groot beeld en dit aanbid. 🙏 Maar Daniël het God se manier van leef onthou. Nommer 1 van die 10 Gebooie sê 🗣️: “Jy mag geen ander gode aanbid nie”. So, Daniël weier toe om voor die Koning se standbeeld te buig. 


Dit het die Koning baie skaam gemaak - en toe baie kwaad. Lang storie kort, hulle gooi toe vir Daniël in ‘n pit, gat, of grot. Maar hy was nie alleen nie. Daar was ook ‘n trop 🦁 leeus daar binne saam met hom! Kan jy glo!


Die volgende oggend het die Koning 👑 versigtig nader gekom en uitgeroep: “Daniël, is jy daar?” Tot sy verbasing roep Daniël terug! God het Daniël se lewe gespaar en die leeus se monde toegesluit - hulle kon nie eers grom of brul nie!


Vrae & Antwoorde

V: Hoekom het die mense nie van Daniël gehou nie?

A: Hy het sy liggie laat skyn  en volgens God se manier gelewe - dit is anders.


V: Hoekom het hulle vir Daniël by die leeus gegooi?

A: Hy het nie voor die Koning se beeld gebuig nie.


V: Hoekom het God vir Daniël beskerm?

A: Hy het naby God geleef en Hom baie goed geken. Jy kan ook!


📖 Jy kan vandag se storie oor Daniël in die leeukuil by die huis gaan lees in…Die Bybel boek met die naam Daniël. 


Gebed

*Bid agter my aan:

Dankie Here, U is altyd by my (dankie Here, U is altyd by my)

En daarom is ek sommer baie bly!

Ek’s nie bang vir vrees wat brul en grom…

Want ek weet U maak hulle sommer stom!

U is my beskermer, groot en sterk

wat elke dag in my lewe werk.

Amen.



Vine Creative Studio het 'n groeiende kolleksie van wat ek noem 'ontmoetings materiaal' - hulpbronne wat harte aan Jesus verbind. Jy is welkom om my verniet  inkleurprent af te laai oor die wonderwerk van die Broodjies & die Vissies.


A to Z - Bible Flashcards
ZAR 70.00
Buy Now

P.S.

As jy hierdie lessie geniet het graag wil kontak behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos adres hier onder te los.



 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page