top of page
Search

Om Bybel Lessies vir Kinders te Kies en Aan te Pas

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Sep 3
  • 2 min read

Person in red shirt reading an open book titled Proverbs, sitting on a chair. Blurred background adds a calm atmosphere.

Daar's glad nie 'n tekort aan kinderkerk hulpmiddels daar buite nie. Maar elke les plan pas nie by elke groep kinders nie - en dit is okei! Die doel is nie om deur 'n kurrikulum te jaag nie. Dit is om kinders te help om God te ontmoet in maniere wat hulle kan verstaan.


'n Goeie lessie verbind die waarheid van die Skrif met 'n kind se regte, alledaagse wêreld.


Begin met die Kinders voor Jou

Wanneer jy 'n Sondagskool lesplan kies of voorberei, dink oor jou groep se ouderdom, energie vlakke, leerstyle, en geestelike honger. Vra jouself af:

  • Kort hulle meer struktuur of meer beweging?

  • Is daar enige taal uitdagings of leerprobleme?

  • Watter vrae vra hulle?


'n Kurrukulum is 'n hulpmiddel, nie 'n wet nie. Dit is okei om dit aan te pas. Jy ken jou groep kinders die beste.


Hou dit Sensories en Eenvoudig

Kinders neem die beste deel wanneer hulle kan sien, raak, hoor, proe, en beweeg. 'n Storie word onvergeetlik as dit hand-aan-hand gaan met speelklei, poppekas, 'worship', of ietsie om te eet wat daarby aansluit. Jy kort nie baie duur materiaal nie. Jy kort net hart en kreatiwiteit.

Kies een hoof idee per lessie. Hou dit gefokus. Kinders onthou die gevoel van 'n lessie meer as die fyner details, so skep 'n liefdevolle spasie waar hulle kan voel hulle is veilig, hulle word waardeer, en hulle vrae word verwelkom.


Laat die Bybel Praat

Soms word ons so gefokus op 'crafts' en 'games' dat die Woord verlore word. Lees Skrif hardop. Laat die kinders die ritme van God se stem in die storie hoor.

Vra oop vrae. Laat hulle wonder. Laat hulle dink. Help hulle om te sien God se Woord nie net vir grootmense is nie - dit is vir hulle ook.


Bly Gewortel en Gees-gelei

Die Heilige Gees weet presies wat jou groep benodig. Wees bereid om stadiger te beweeg as 'n oomblik roep vir gebede of gesprekke. Moenie bang wees om die les plan te 'pause' as God iets dieper doen in die vertrek nie. Ons lewer nie net 'n lessie nie; ons skep spasie vir kinders om met Jesus te ontmoet.

 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- skep ontmoetings materiaal vir geloofsgroei -

Stel my aan vir Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page