top of page
Search

Nahum, 'n vergete boek van die Bybel

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Sep 3
  • 6 min read

Dit word gereeld genoem dat die Bybel 'n biblioteek van boeke is, en die Boek van Nahum in die Bybel is verseker een wat stof opgaar in 'n hoekie iewers. Wanneer iemand preek raak hulle graag aan die Evangelies (Matteus, Markus, Lukas, en Johannes) en sommige Sleutel Gebeure (Dink aan David & Goliat, Moses & die Plae, or die Skeppingsverhaal) - maar niemand praat oor die minder bekende boeke van die Bybel nie. Hierdie artikel sal die volgende vrae beantwoord:


Open book with pages flipping, text visible in sunlight on a dark background. Warm tones create a peaceful mood.

Is Nahum 'n Boek in die Bybel?

Die kort antwoord is: Ja, Nahum is 'n Boek in die Bybel. Dit is 'n profetiese boodskap wat gebring is deur iemand met die naam van Nahum. Hy was 'n Elkosiet (Nah 1:1) wat deur God gestuur was met 'n boodskap vir die mense in Nineve. Hierdie boek is tussen Miga en Habakuk en eggo temas uit hierdie ander profetiese boeke. Alhoewel die Boek van Nahum nie die mees bekende boek in die Bybel is nie, verdien dit steeds ons aandag want:

"Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek" - 2 Tim 3:16

Waaroor gaan die Boek van Nahum?

Die Boek van Nahum was geskryf sowat 'n honderd jaar na die boodskap van Jona - Die Boek van Jona. Jy sal dalk Jona se storie beter ken... Die profeet wie van God af weg gehardloop het en deur 'n walvis ingesluk is? Lui dit 'n klokkie?


Wel, Jona het ook 'n profetiese woord gebring vir Nineve. In Jona se tyd het die mense weg gedraai van hulle bose maniere en bely, maar dit was nie so met Nahum nie. Hierdie keer het hulle gekies om aan te hou sondig en hulle het God se oordeel in die gesig gestaar.


  1. Die Boek van Nahum 'n versameling gedigte (verlore met vertaling)

  2. Nineve was die hoofstad ryk van Assirië ('n magtige nasie, vyand van Israel)



Close-up of an open book showing the edges of thick, yellowed pages with visible text. The background is softly blurred, creating a vintage mood.

Temas in die Boek van Nahum

Hier vind ons 'n profer wat oor-en-weer swaai tussen hoe goed God is en ook praat van God se geregtigheid en toorn.


Moderne gelowiges sukkel dikwels met hierdie tweede faset van God se karakter, wat dalk nog 'n rede is hoekom hierdie boek selde gelees word. Kom ons oorweeg elke tema in meer detail:


  • God is goed

Nahum 1:7 vertel vir ons "Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil." Jesus het God se goedheid beliggaam in Sy sagte geaardheid, die mooi manier wat Hy ander hanteer het. Ons geniet dit om God te sien as geneser, wonderwerker, voorsiener, en Vader. Hy is ons liefdevolle Skepper-God wat niks meer verlang as om naby ons te lewe en ons aanbidding te ontvang nie.


Maar dit is net een kant van die muntstuk...


  • God is ook regverdig

Die Israeliete (God se gekose mense) was oorwin deur die Assiriërs (Lees 2 Konings 17). Daarom wou God Sy spesiale mense red. Alhoewel God goed is teenoor diegense wat skuiling soek in Hom en volgens Sy manier lewe, brand Sy woede teen die wat sonde en goddeloosheid kies. Die Bybel maak dit baie duidelik: Ons moet vir God vrees en Sy naam vereer. Hy is 'n jaloerse God wat geregtig met Sy vyande omgaan (Nah 1:2).


Dink aan Jesus wat tafels omgegooi het in die Tempel toe die mense dinge wou verkoop vir selfsugtige wins in die plek van aanbidding. Goddelike woede is rein - 'n smeltkroes wat onreinhede wegbrand sodat slegs die beste oorbly.


Nahum hoofstuk 1 noem nie vir Assirië of Nineve nie, maar gebruik eerder Jesaja se woorde en wys na hoe God se geregtigheid die gewelddadige nasies in elke tyd oorwin. The Bible Project verduidelik: "God treur oor dood, maar Sy goedheid en geregtigheid motiveer Hom om dieonderdrukkende, vernietigende nasies tot 'n ondergang te lei. Die boek nooi lesers om hulself nederig te maak voor die Here en te vertrou dat Hy elke vyand sal konfronteer."


"Die Here is lankmoedig, maar sy krag is groot: Hy laat geen skuldige ongestraf nie." - Nahum 1:3 (Aanhalend Eksodus 34:6-7)

Ons kan nie net een karaktereienskap van God aanvaar nie, want dit sou beteken ons ignoreer Sy volheid. Hy is immers die lam EN die leeu.


As jy sukkel met een van hierdie, wil ek jou nou nooi om stil te word en met die Here daaroor te gesels. Vertel vir Hom hoekom dit moeilik is vir jou om Hom te benader in 'n sekere manier. Hy wil genesing en herstel bring in al die plekke waar ons harte seer is en ons sukkel om Hom duidelik te sien vir wie Hy werklik is (volgens die Bybel).


Om selfs meer te leer oor die Boek van Nahum in die Bybel, kyk hierdie video:


Hoekom is die Boek van Nahum dikwels vergete?

Die kwessie met die moderne Christendom is dat mense in kerke met lepels gevoer word - klein porsies van God se Woord. As jy getroud is of huismaats het, sal jy verstaan dat ander mense jou dinge voer wat hulle self geniet... In dieselfde manier wat my man verkies om burgers te maak, het jou dominee of pastoor hulle eie unieke gunsteling Skrifgedeeltes en hulle eie manier van met God verband hou.


Die doelwit van kerk moet wees om JOU toe te rus om die Bybel te lees en nie net om vir jou genoeg te gee om te oorleef tot Woensdag toe nie.


As jy verbaas is om te leer oor die bestaan van die Boek van Nahum (soos ek was!!!), wil ek jou bemoedig om die groei van jou geloof in jou eie hande te neem. Hou op wag vir iemand anders om vir jou krummels brood aan te gee en reik jou eie hand na die Vader toe. Ontvang direk van Hom! Hy het die Israeliete gevoer met manna in die wildernis en Hy sal jou voer en volhou met elke woord van Sy mond.


'n Lekker plek om hierdie reis met God te begin is deur die gebruik van my verniet 'Wholehearted Follower' gids. Dis nou wel in Engels (laat weet my as jy belangstel in 'n Afrikaanse weergawe). Hierdie gids neem jou deur Bybel verse oor elke area van jou lewe en gee vir jou praktiese leiding oor hoe om meer van God in elke spasie in te nooi.



*You could also buy the short printable e-book here if you want to dive deeper.


Hands gracefully posed against an orange sky, text reads "Wholehearted: A contemplative guide...to surrender completely." Calm mood.

Maar HOEKOM word die Boek van Nahum nie gereeld gebruik nie?


  • Die Boek van Nahum word dikwels vergete want dit is nogals kort


Hierdie boek is net 3 hoofstukke lank - vergelyk dit met die Psalms wat so lank is! Die genre van die Boek van Nahum is profesie. Meer spesifiek word dit genoem 'minor prophets' saam met boeke soos Miga en Haggai omdat dit so kort is; nie omdat dit minder belangrik is as langer profetiese boeke soos Jesaja en Jeremia nie.


  • Die Boek van Nahum is nie maklik direk aanpaslik by God se Groot Storie nie


Meeste preke sal verwys na karakters en gebeurtenisse in die Bybel wat direk inpas in die oorhoofse storielyn. God se Groot Storie begin in Genesis met 'n liefdevolle Skepper God wie se mense wegdraai van Hom af. Baie van die res van die Bybel handel oor hoe God 'n plan maak om weer verhouding met Sy mense te herstel --- 'n plan wat uiteindig met Jesus Christus.


In sluiting,

So, die gevolgtrekking is duidelik:

  1. Die Boek van Nahum is in die Bybel.

  2. Nahum is 'n profetiese boek, geskryf oor Nineve.

  3. Hierdie boek word selde gelees want dit is korter en minder direk toepasbaar tot God se Groot Storie.


Alhoewel die bogenoemde waar is, hoop ek dat jy nogsteeds die Boek van Nahum kan sien as waardevol, Gees-gelei, en waar. Die feit dat jy hieroor wonder is nie per toeval nie - moenie uitmis op wat die Here vir jou wil wys oor die boek van Nahum omdat jy gejaag is nie.


Staan nou stil en nooi Hom om met jou te praat oor hierdie kragtige boek...


Open book on wooden pier, warm sunlight reflecting on calm water, serene sunset in the background, creating a peaceful atmosphere.

Kom ons gesels in die 'comments' hier onder: Het jy geweet die Boek van Nahum bestaan in die Bybel? Is daar enige ander insigte oor hierdie geheimsinnige boek wat jy met ons kan deel? Kom ons leer saam en groei ons liefde vir Sy Woord.


 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- skep ontmoetings materiaal vir geloofsgroei -

Stel my aan vir Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page