Die Huwelik soos God dit sien - Bybelse Perspektief
- Eljoh Hartzer, MTh

- Jun 11
- 6 min read

Ek het grootgeraak en geglo 'Ek sal nooit trou nie', so glo my as ek jou vertel dat ek verstaan as die idee van die huwelik jou dalk bietjie afskrik. Tog, soos ek ouer geword het en meer geleer het van hoe om God se manier te lewe het 'n ander prentjie van die huwelik vir my oopgegaan:
Die huwelik is 'n beeldskone ding, in God se ontwerp— veronderstel om 'n prentjie te wees van Jesus se liefde vir Sy Kerk. In Genesis 2:24, vertel die Here, “Dis hoekom 'n man sy vader en moder verlaat en een word met sy vrou, en hulle word een vlees." Om te trou is nie net 'n wettige kontrak of 'n sosiale byeenkoms nie; dit is 'n heilige vennootskap van liefde, eenheid, en genade.
Hierdie artikel gaan kyk na huwelike as:
Hoe God se woorde verdraai word

Alhoewel die lewe daar buite nie van tradisie hou nie, hou dit verseker daarvan om baie Christelike of geestelike dinge aan te neem. Maar elke keen word dit net so klein bietjie verander. Die prent van die huwelik wat ons rondom ons sien is nie die manier wat God dit beplan het nie - nie volgens Sy Woord nie.
In Efesiërs 5 verduidelik Paulus die rolle in 'n huwelik baie mooi - nie om terug te hou of te beheer nie, maar om te dien en diep liefde te toon. Mans word geroep om hulle vroue lief te hê soos Jesus die Kerk liefhet - onselfsugtig en met opoffering. Vroue hul mans respekteer en ondersteun; skep 'n veilige omgewing waar liefde kan floreer.
Dikwels word net hierdie tweede deel gelees asof vroue hulself moet klein maak vir mishandelende, afwesige, en vermydende mans. Maar voordat Paulus skryf hieroor, verduidelik hy hoe mans hulleself moet neerlê vir hulle vrouens in Jesus-liefde.
So hoe kan ons hierdie tydlose waarhede in ons daaglikse lewens in bring?
1. Kommunikeer met Genade

'n Huwelik groei op eerlike, liefdevolle kommunikasie. Deel jou vreugdes, jou stressors, en jou gebede. Luister met oop harte na mekaar en probeer verstaan voordat jy verwag hulle moet jou verstaan.
Dink so daaroor: Jy wil altyd vir jou huweliksmaat die 'benefit of the doubt' gee. Glo die beste in hulle en kyk hoe hulle beter word. Dit kan moeilik wees om in hulle te glo wanneer hulle al keer op keer verkeerdelik teenoor jou opgetreë het of 'n patroon gewys het, maar jy kan bid en vir Jesus vra om jou te help om hulle te sien soos Hy hulle sien. "Jesus, wat sien U as U na hulle kyk? Help my om daardie prentjie in gedagte te hou wanneer ek met hulle kommunikeer"
Onthou dat jy genade verniet ontvang het van God, selfs toe jy dit nie verdien het nie, so jy kan dit ook elke dag so aanbied aan jou huweliksmaat. As elke woord in julle verhouding bedek kan word met genade sal daar nie plek wees vir misverstand nie.
2. Kies Vergifnis

Geen huwelik is perfek nie, en albei mense gaan mekaar soms seermaak. As ons kies om te vergewe, net soos Christus ons vergewe, breek ons mure af en bou eerder 'n brug terug na mekaar toe.
Wees die teenoorgestelde van liggeraak. Soos water van 'n eend se rug af. Glo altyd die beste en gee vir hulle die opsie om te verander wat hulle dalk kwytgeraak het. As jou huweliksmaat iets leliks gesê het wil jy dalk in woede uitbars. Maar fluister 'n gebed onder jou asem en vra hulle dan: "Ek's seker dit is nie wat jy bedoel het nie..."
Ek het selfs begin grap met my man deur om te sê: "Wil jy dalk gou weer daai probeer?" Gewoontlik, meeste van die tyd, beseg hy eers dat hy iets leliks gesê het nadat ek daardie sinnetjie deel - en dan kan ons albei daaroor lag.
Maar as ons vinnig is om te dink die ander een is verkeerd, kan ons sonder dat ons dit agterkom ons huweliksmaat wegstoot. Hulle sal begin leuens glo soos "Ek kan ook niks reg doen nie" en op eierdoppe om jou begin loop.
Moenie vashou aan ou koeie of lewe met 'n olifant in die kamer nie. Skyn 'n lig daarop en dit sal moet vlug.
3. Bid Saam

Gebed is 'n kragtige manier om julle harte te verbind en God se teenwoordigheid in die verhouding in te nooi. Big vir mekaar se drome, vrese, en groei.
Soos die twee van julle nader beweeg aan God sal julle ook nader groei aan mekaar. My een mentor het 'n verhouding as 'n driehoek verduidelik. Ek is op die een hoekie, my man is op die ander hoek, en God is op die derde hoek. As ons nader aan God beweeg gaan ons automaties nader aan mekaar beweeg.
Julle is 'n span, so dis belangrik dat julle moeite doen om julle doelwitte en drome te belyn. Dit beteken nie dikwels dat een persoon hulle s'n opsy moet dit en net die ander een aanmoedig nie - Nee! Dit beteken om iets nuuts saam te vind wat julle albei kan deel en waarin albei goed is.
God het vir julle unieke gawes en talente gegee. Ons praat dikwels oor hoe hierdie dinge gebruik moet word om die kerk en die wêreld te dien, maar oorweeg dalk ook hoe hierdie gawes jou familie kan dien. Begin daar!
In Handelinge 1:8 het Jesus gesê: "Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” Ons lees hierdie vers verkeerdom, asof ons gawes eerste vir die vêrste plekke agter die horison bedoel is.
Jou etenstafel is dissipelskap; Jou gesprekke voor bed is heilige grond; Selfs jou begroting besprekings of 'admin chats' kan God se Koninkryk reflekteer!
4. Groei Saam Geestelik en Emosioneel

Woon kerk by, lees die Woord, en vind geestelike mentors of paartjies wat saam met julle kan stap. Deel wat God vir jou leer en ondersteun mekaar se emosionele welstand.
Dit is belangrik om nie vir jou huweliksmaat weg te hardloop nie. Dis nie 'n kompetisie nie. Julle is een, en op dieselfde span, so as een van julle neerval moet die ander een baie stadiger beweeg en hulle op help... Moenie voor hulle uithardloop en dink: "Ai tog, hulle moet regtig meer tyd spandeer en Bybel lees; hulle is nie 'n goeie Christen nie". Dit klink aaklig maar dit is wat ek so dikwels sien! Kom eerder tot stilstand en lees saam met hulle Bybel. Help hulle om die spiere te ontwikkel waarin hulle swak is; en hulle sal jou ook help groei.
Onthou, die huwelik is 'n daaglikse keuse om lief te hê en te dien - nie net 'n gevoel nie maar 'n aksie. Wanneer ons ons huwelikke op Christus bou, ervaar ons 'n vreugde en vrede wat Sy skoonheid reflekteer.
Emosionele groei is 'n ander kant van dieselfde muntstuk. Deesdae het ons informasie by ons vingerpunte. As julle aanhou baklei of vassit, oorweeg dit om saam op 'n emosionele groei reis te gaan. Julle kan mekaar se konflik style, persoonlikhede, en selfs onverwerkde trauma ontdek om beter te verstaan hoekom die ander persoon optree soos hulle doen.
Wat van jou huis?

Jou huis is die spasie waar julle meeste van julle tyd saam sal spandeer. Dit is die moeite werd om te oorweeg hoe daardie omweging julle huwelik affekteer of selfs vorm. Sonder dat mens dit besef kan ons soveel goed in ons huise hê wat ons aandag aftrek van om op God se manier te lewe. Lees meer oor altare in die huis hier of gebruik my werkboek om dieper te gaan.
Ten slotte, 'n Bybelse perspektief oor die huwelik
Die huwelik is 'n heilige avontuur wat deur God ontwerp is - kom ons leef dit ten volle, met geloof, hoop, en liefde. God het die huwelik bedoel as 'n eenheid, twee mense wat saamkom en 'n lewe van aanbidding tot Hom leef. Jy kan hierdie area van jou lewe vir God gee in heelhartige oorgawe (wholehearted surrender).
Die doel van die huwelik is nie om sukses of geld bymekaar te maak nie, dit is om 'n reflekse van God se Koninkryk te wees.
'n Ware Bybelse uitkyk op die huwelik word gesien in hoe Christus die kerk liefgehad het. Dit is:
genadig
vinnig om te vergewe
vol hoop (en gebed)
groeiend
Kom ons gesels in die kommentaar hier onder. Wat sien jy as baie belangrik in 'n Goddelike huwelik? Hoe kan ons langs jou staan en vir jou bid?




Comments