top of page

Wat is Profesie in die Bybel? 'n Definisie vir Vandag

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 10
  • 13 min read


A bible laying open with a white flower on it, showing scriptures about prophecy
Photo by Sixteen Miles Out

Profesieë is algemeen in die Bybel, tog kan die term “profesie” vandag vir mense 'n bietjie verwarrend wees. Hierdie gawe van die Gees het al baie volgelinge van Jesus laat struikel, so hoekom het Paulus gesê dit moet veral begeer word? (1 Korintiërs 14:1)


(This post was originally written for GodsVerse.org - It can be read here)


Definisies - Wat is 'n profesie in die Bybel?

Om te verstaan wat 'n profesie in die Bybel is, moet ons eers na die woord 'profesie' kyk. Profesie (English: Prophecy) : Selfstandige naamwoord

“'n voorspelling; die vermoë, funksie of praktyk van profeteer.”


Profeteer (English: Prophesy) : Werkwoord

“om te uiter deur of asof deur goddelike inspirasie; om met sekerheid of op grond van mistieke kennis te voorspel.”


  1. 'n Profesie is 'n verklaring wat deur 'n mens gemaak word oor iets waarvan hulle nie insig of kennis behoort te hê nie, maar wat deur God aan hulle geopenbaar is. Daar is baie profete in die Bybel. Hulle is soos God se boodskappers.

  2. Om te profeteer is om daardie boodskap met iemand te deel. So, 'n profeet profeteer.

"Profesie is die praat, skryf of kommunikasie van 'n boodskap van God aan 'n ander persoon of die gemeente van die kerk. So word die innerlike beweging van die Gees van God in 'n individu dan aan iemand anders uitgedruk." - Phylicia Masonheimer 


Profetiese aksies en profetiese stappe


'n Profetiese aksie is iets wat na die toekoms wys. Soms moet ons in geloof stappe neem sonder om presies te sien waarheen ons gaan. Dit word ook profetiese stappe genoem. Dink byvoorbeeld aan hoe Noag die ark gebou het voordat die eerste reëndruppel geval het. Dit was 'n profetiese stap omdat God vir hom 'n boodskap gegee het.


Die profetiese is onafskeidbaar gekoppel aan gehoorsaamheid. Dit verg moed om vir iemand 'n woord te gee; die mense het gedink Noag is mal om die Ark te bou. Soms vra God ons om in gehoorsaamheid 'n stap te neem voordat ons deurbraak kom. Profetiese aksies en stappe wys vir ons hoe dit lyk om profesie prakties uit te leef.


“...geen profesie in die Skrif sommer deur 'n mens se eie insig verklaar kan word nie. Want profesie is nog nooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie; nee, deur die Heilige Gees gedrywe, het mense die woorde wat van God kom, verkondig.” - 2 Petrus 1:21


Hoe profesie verskil van toekomsvoorspelling

Profesie gaan nie oor die voorspel van die toekoms nie. Al plaas sommige mense die titel ‘Profeet’ voor hul sosiale media name of op besigheidskaartjies en vra geld om vir jou te sê waarheen jou lewe op pad is - dit is nie hoe die Bybel oor profesie praat nie. ’n Profeet van God is nie net iemand wat toekomstige gebeure voorspel nie, dit is iemand wat God se boodskappe dra.


Die profetiese uiting word gewoonlik in God se naam gemaak en deur profetiese boodskappe aan mense oorgedra. Verder is ware profesie ’n goddelike woord. Dit is vir die vervulling van God se planne en nie net ’n goeie voorspelling oor een persoon se lewe nie. Ware profetiese boodskappe dra geestelike betekenis. Profete gaan vertel nie net vir mense wat in hulle lewens gaan gebeur nie, hulle wys na die goue draad van God se storie wat in en deur verskeie mense beweeg.


Die Bybel is egter vol voorbeelde van hoe God individuele mense se lewens gebruik om ’n groot ketting van gebeure tot Sy eer te laat gebeur. God word nie eers eksplisiet een keer in die boek Ester genoem nie, maar Sy teenwoordigheid is deur die hele storie verweef. So, God stel belang in jou individuele storie, maar Hy het goddelike outoriteit oor die toekoms van jou lewe. Dit is hoe profesie anders is as om bloot die toekoms te voorspel.


Profesie in die Bybel: Ou Testament

Hoe om die profetiese literatuur in die Bybel te lees

Talbot Davis het die Bybel geskryf as 'n biblioteek vol boeke van verskeie genres. Elke boek het 'n ander outerus en was geskryf op 'n ander tyd vir 'n ander gehoor. Bybelse profesie is een genre en dit is belangrik dat ons moet weet hoe om dit te lees. Soos wat 'n koning 'n boodskapper stuur met 'n koninklike boodskap oor die Koninkryk, stuur God al vir jare Sy profete met boodskappe vir Sy mense op die regte tye.


Alhoewel dit belangrik is om die Bybel in sy genres te bestudeer om die volle betekenis te verstaan, is dit ook goed dat ons onthou dit is nie net dit nie... Gys van Schoor sverduidelik dat die Bybel nie net 'n instruksie gids of 'n boek is nie - dit is 'n plek vir ontmoeting. Dit is soos 2 Timoteus 3:16 ons herinner: "Die hele Skrif is deur God geïnspireer". Dit is die einste woord van God waarmee ons te doen het en dit sal altyd die potensiaal inhou om ons nader aan Hom te trek.


Dit is die hoof doel van profesie: Om mense nader aan God te trek in Sy omhelsing.


Groot en klein profete uit die Bybel

Die boeke Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël vorm die groot profete in die Ou Testament van die Bybel. Hierdie titel is aan die boeke gegee, nie omdat hulle meer belangrik is as die ander profetiese boeke nie, maar omdat hulle langer is en daarom was hulle op 'n ander manier georganiseer toe die Hebreeuse Bybel saamgestel was. Die klein profete is die boeke van Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria en Maleagi. (Daar is net een profetiese boek in die Nuwe Testament, die boek van Openbaring).



Al hierdie boeke bevat “profesieë”. Sommige is stories met profetiese stukkies hier en daar terwyl anders reuse gedeeltes het wat is asof dit 'direk afgelaai' is uit die Hemel uit, en neergepen is op papier. Selfs al is hierdie die enigste boeke wat in die genre van profesie val in die Ou Testament is profesie ook in ander stories teenwoordig.


Dink aan hoe Rut vir Naomi geantwoord het: "Waar jy gaan sal ek gaan; Jou mense sal my mense wees." Dit was 'n brawe en vreemde besluit vir Rut om te maak, maar dit het haar gelei na Boas toe wie haar gelei het na Yahweh toe, die God van die Israeliete. Rut se woorde teenoor Naomi was 'n profetiese verklaring en, ek glo, dalk moontlik die Gees van God wat deur haar gepraat het.


Voorbeeld van 'n profesie

Hier is 'n voorbeeld van 'n profesie uit Jesaja 35:3-6:


"Versterk dié wat moeg geword het. Bemoedig dié wat wil neerslaan. Sê vir dié wat bang is:

“Wees sterk en moenie bang wees nie. Want julle God kom om wraak te neem, om julle vyande te straf

en om julle te red!” Wanneer Hy kom, laat Hy blindes sien en dowes hoor. Lam mense sal rondspring

soos bokke, en mense wat nie kon praat nie, sal van vreugde sing! Fonteine sal in die wildernis

ontspring en strome water sal die woestyn natlei."


Interpretasie van 'n profesie uit die Bybel: Wat beteken dit?


(vv.3-4a) "Versterk dié wat moeg geword het. Bemoedig dié wat wil neerslaan. Sê vir dié wat bang is: “Wees sterk en moenie bang wees nie.


Jesaja se profesie wat ons hier lees is 'n boodskap van hoop, soos baie van die ander profesieë in die Bybel. Hy spreek die mense aan en bemoedig hulle. Jesaja het met die Israeliete, God se spesiale volk, gepraat.


(v.4b) "Want julle God kom om wraak te neem, om julle vyande te straf en om julle te red!”


Jesaja belowe dat God sal kom en Sy mense red. Die Israeliete het verwag dat God gaan kom in krag en wraak, so toe Jesus gekom het in diensbaarheid en op 'n donkie, was daardie mense werklik teleurgesteld. Dit is een van die redes hoekom baie Jode nie wou aanvaar dat Hy die belofte Redder is nie.


(vv.5-6a) "Wanneer Hy kom, laat Hy blindes sien en dowes hoor. Lam mense sal rondspring

soos bokke, en mense wat nie kon praat nie, sal van vreugde sing!"


Jesaja het voorspel wat sou gebeur. Jesus het hierdie profesie en baie ander vervul deur om die genesings te doen wat voorspel was. Die komende Koninkryk van God gaan geen siekte in dit hê nie, maar wat Jesus gedoen het was alreeds 'n vlugtige oomblik waar ons kon sien in die Koninkryk in.


(v.6b) "Fonteine sal in die wildernis ontspring en strome water sal die woestyn natlei."


Jesus het Homself die "lewende water" en genoem en gesê dat wie ookal van Hom drink nooit weer dors sal hê nie (Johannes 7:38).


Verskillende soorte profesieë in die Ou Testament 

Soos vroeër genoem, het profesie verskillende vorme in die Ou Testament aangeneem, daarom moet ons versigtig wees om God nie te beperk om net op een manier te praat nie.

  • geskrewe profesieë

  • gesproke profesieë

  • profesieë wat uitgebeeld is

  • profesieë oor persone

  • geprofeteerde gebeure

  • dinge as 'n profetiese beeld


Profesie in die Bybel: Nuwe Testament

'n Voorbeeld van 'n profeet in die Nuwe Testament

As deel van my Jeugbediening-opleiding het ek êrens gelees dat ons meer soos Johannes die Doper en minder soos die Rottevanger van Hamelin moet wees.


Die Rottevanger is 'n bekende verhaal van 'n magiese fluitspeler wat deur die dorp Hamelin gehuur is om hul rotprobleem op te los. Die fluitspeler het sy instrument gespeel en die rotte betower sodat hy hulle uit die dorp en die bos in kon lei. Toe hy terugkeer na die dorp vir sy betaling, het hulle geweier om hom vir sy werk te betaal. Daarom het die Rottevanger weer sy fluit gespeel en hierdie keer het hy die dorp se kinders die berge in gelok om nooit weer gesien te word nie.


Johannes die Doper, aan die ander kant, is 'n bekende figuur uit die Bybel wat voor Jesus gekom het en die weg vir Hom voorberei het. Hy was 'n nederige man wat in die woestyn gewoon het en van wilde heuning en sprinkane geleef het. Al het baie mense na Johannes gekom om gedoop te word, het hy hulle nooit bekoor of probeer wees wie hulle sou goedkeur nie. Johannes die Doper het is bekend daarvoor dat hy gesê het dat hy nie eers waardig is om die skoene vas te maak van die Een wat ná hom kom nie. Hy het voortdurend van die komende Messias gepraat.


John the Baptist, on the other hand, is a famous figure from the Bible who came before Jesus and prepared the way for Him. He was a humble man who lived in the wilderness and survived on wild honey and locusts. Even though many people came to John to the baptised, he never charmed them or tried to be someone they'd approve of. John the Baptist famously said that he is not even worthy of tying the shoes of the One who comes after him. He continually spoke of the coming Messiah.


Die punt is dat ons nie mense na ONSSELF moet roep nie, ons moet hulle na GOD wys. Die Rottevanger het die kinders betower en hulle het hom gevolg, maar Johannes die Doper het die mense na Jesus gewys en hulle het Hom (Jesus) eerder gevolg. Op dieselfde manier behoort profesie oor God te gaan en nie oor enigiets anders nie!


Hoe om valse profete te identifiseer

Iets wat nou hiermee verband hou, is die onderwerp van valse profete waarvan die Bybel ook baie praat. Die Bybel maak dit duidelik dat daar iets soos 'n ware profeet en 'n valse profeet is. 2 Petrus 2:1-3 waarsku ons teen valse profesieë:


"Maar daar was ook vals profete onder die volk Israel, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal dwaalleer oor God insmokkel, en selfs draai teen hulle Eienaar wat hulle gekoop het. Hulle hoop om met hulle dwaalleer alles te vernietig, maar só bring hulle ’n skielike vernietiging oor hulleself. Baie mense sal agter hulle aanloop op hulle wilde paaie, en hulle sal veroorsaak dat mense sleg praat van die enigste ware Pad. In hulle gejaag na rykdom sal hulle julle uitbuit met stories wat hulle uit die duim suig."


Hoe profesie verskil van die ander geestelike gawes in die Bybel

Profesie word in Romeine 12 en 1 Korintiërs 12 as 'n geestelike gawe genoem. Die konsep van 'n geestelike gawe beteken eenvoudig dat dit 'n geskenk van die Gees van God, die Heilige Gees, is.


Profesie is groter as tale

In 1 Korintiërs 14:1-5 sê Paulus die volgende:


"Lê julle toe op die liefde. Bly egter ook entoesiasties oor die gawes van die Gees, veral oor die gawe om te profeteer. As jy in tale praat, rig jy jou nie tot mense nie, maar tot God, want mense sal jou nie verstaan nie. Deur die werking van die Gees praat jy immers diep en onbegryplike dinge. Maar as jy profeteer, bou jou woorde mense op en bemoedig en vertroos hulle. Iemand wat in tale praat, word self geestelik opgebou, maar die persoon wat profeteer, bou die gemeente op. Ek sou bly wees as julle almal in tale praat, maar nog blyer as julle sou profeteer. Want om te profeteer, is ’n belangriker en nuttiger gawe as die spreek in tale, tensy iemand sou verduidelik wat jy sê sodat die gemeente daardeur opgebou kan word."


Hier is 'n opsomming van die redes waarom Paulus sê profesie 'n geestelike gawe is wat ons moet begeer:

  1. Wanneer jy profeteer, maak jy sin vir mense.

  2. Profesie versterk, bemoedig en vertroos.

  3. Dit stig en bou die kerk op (dit wil sê die liggaam van gelowiges).


Profesie vir vandag - Is dit soos dit in die Bybel was?

Profesie het nie met die Ou-Testamentiese profete opgehou nie en dit het ook nie met die Nuwe-Testamentiese profete opgehou nie. God se profete het almal een ding in gemeen: Hulle het almal die heerlikheid van God in hul eie tyd gedeel. God se mense het die groot voorreg van profesie as 'n middel van goddelike kommunikasie van God aan Sy mense. Die vraag is steeds dieselfde as wat dit nog altyd was: God, wat wil U vandag vir ons sê?


"Ek beskou profesie as iets wat God spontaan op die oomblik in gedagte bring. En omdat ons feilbaar is in die manier waarop ons dit waarneem en daaroor dink en dit uitspreek, dra dit nie dieselfde vlak van onfeilbare, Skrifvlak-gesag nie." - John Piper 


Kan iemand vandag nog profeteer?

'n Algemene misverstand oor God is dat Hy opgehou werk het toe die gebeure wat op die laaste bladsy van die Bybel opgeteken is, plaasgevind het. Dit is eenvoudig nie waar nie. Die Bybel beweer ook nêrens dat dit die geval is nie. Dit beteken dat, as God vandag steeds aan die werk is, Hy steeds met Sy mense moet praat. So, ja, iemand kan vandag nog profeteer.


Die praktyk van profesie is meer aktief onder evangeliese, opkomende, charismatiese, pinkster- en onafhanklike kerke as in tradisionele of hoofstroomgodsdiens. In eersgenoemde groep is dit nie ongewoon dat 'n kerk 'n profetiese bediening het nie. Christelike profesie word vandag steeds aktief in sommige plaaslike kerke beoefen. Dit kan soos volg klink:


  • "Ek het 'n woord vir jou..."

  • "Hier, ek weet nie hoekom nie, maar God het vir my gesê om dit vir jou te gee..."

  • "Kom ons sing 'n profetiese lied vir die Here..."

  • "Wie het 'n woord om met die kerk te deel?"


Praktiese aspekte van die profetiese vir vandag

God praat steeds vandag met Sy kinders. Hy praat met ons deur die skepping, deur Sy Woord, deur musiek, deur vreemdelinge op straat, en... deur profetiese woorde. Baie mense sê hulle wil van God hoor, maar hulle leef met hul ore en oë gesluit vir die boodskappe wat Hy na hulle kant toe stuur.


Maar stel jou voor jy is 'n klein bootjie op die oop see, onseker in watter rigting jy moet gaan. Wel, hoe kan jy beweeg tensy jy jou anker oplig en jou seile hys? Die volgende aanhaling beskryf dit baie goed:


Jy kan nie 'n stilstaande skip stuur nie. Kies 'n rigting en laat God dan jou reis lei. Jou visie mag later duideliker word, of dalk nie. Jy mag met een begin, of dalk nie. Maar weet dit: tyd staan nie stil nie. Terwyl jy geanker bly in besluiteloosheid, sal jy lesse verloor oor wat God wil hê jy moet word. As jy te vasgevang is in jou bestemming, kan jy op die rotse beland op pad daarheen en verloor wat God wil hê jy moet word. Kies 'n rigting en leer om te navigeer. Werk saam met die strome, die weer, die son en die sterre." - T. Woznek


As jy die profetiese gawe begeer

Om God se stem te hoor en goddelike boodskappe van Hom te ontvang, is baie moontlik. As jy na die profetiese gawe verlang, soos Paulus ons vermaan het om te doen, kan jy eenvoudig vir God daarvoor vra. Hy gee goeie gawes aan Sy kinders wanneer hulle Hom daarvoor vra (Matteus 7:11). Maar voordat jy dit doen, ondersoek jou hart se motiewe met die volgende vrae:

  • Waarom begeer jy die gawe van profesie?

  • Besef jy dat die gawe van profesie nie daar is om jouself op te bou nie?

  • Hoe is jy uniek geposisioneer om God se perspektief met ander mense te deel?


Profesie is basies soos om die tema raak te sien waarmee God besig is. Stel jou voor jy kyk na 'n skildery terwyl iemand dit besig is om te verf. As jy nie weet wat hulle doen nie, is dit 'n raaispeletjie, soos Pictionary. Maar as jy weet wat hulle doen, kan jy die bedoeling agter elke kwashaal sien. Verder, as jy die kunstenaar ken, sal jy nog beter verstaan wat hulle doen.


As jy die profetiese gawe begeer, begin deur die volgende te doen (nadat jy gevra het):

  • Spandeer tyd in die Woord van die Here. Om God se Woord te ken, sal jou help om te sien hoe Hy werk en waarmee Hy gewoonlik besig is.

  • Spandeer tyd in gebed. Bid vir jou gemeenskap, jou familie, jou werk, jou kerk - en vra God om jou Sy perspektief van elke area te wys.

  • Gee jou dag aan God oor en bid dat jy Sy hande en voete sal wees vir die mense wat jy daardie dag ontmoet.


Hoe om 'n profetiese woord wat jy van iemand ontvang te toets

Dit kan vreesaanjaend wees wanneer iemand vir jou 'n 'woord' gee wat hulle beweer van God af kom as jy nie weet wat om daarmee te doen nie. Hieronder is 'n baie eenvoudige gids om jou te help onderskei of dit werklik God se stem is wat jy deur daardie persoon hoor.


  1. Gaan dit teen die Bybel?


    God verander nie van plan nie. Hy sal jou nie vra om iets te doen wat nie soos God klink nie. 'n Goeie toets is om dit aan die vrug van die Gees te meet: Is die aksie wat jy oorweeg... liefdevol, vreedsaam, vreugdevol, geduldig, vriendelik, goed, getrou (eerlik), nederig en selfbeheers? 


  2. Gaan dit teen gesonde verstand?


    God het jou en alles rondom jou geskep, daarom verstaan Hy hoe dinge werk. As die profesie jou vra om iets onveilig of onverstandig te doen, is die kans goed dat dit nie van God af is nie. 

  3. Gaan dit teen die raad van jou mentors of ouers?


    God het mense met 'n rede in jou lewe geplaas. Jy hoef nie alleen te stap nie. Vra 'n meer volwasse gelowige of iemand na wie jy opkyk vir raad oor wat om te doen.

  4. Onthou dat jy God se stem net so goed soos enigiemand anders kan hoor.


    As God byvoorbeeld vir iemand sê dat jy met hulle moet trou, sal Hy dit ook vir jou sê. Moenie voel jy moet sommer inspring in wat iemand anders glo hulle van God gehoor het nie - Hy kan ook met jou praat!

"Maak dit sin om vir leiding oor die toekoms te bid as ons nie gehoorsaam is in die ding wat vandag voor ons lê nie? Hoe baie belangrike gebeure in die Skrif het van een persoon se oënskynlik klein daad van gehoorsaamheid afgehang! Wees verseker: Doen wat God jou nou sê om te doen en jy sal gewys word wat om volgende te doen." - Elisabeth Elliot

_____________________

Resources:

- The T Woznek quote is from the following post: twoznek.com

- Different kinds of prophecies were obtained from christinprophecy.org

- The Phylicia Maisonheimer quote is from her podcast phyliciamasonheimer.com/what-is-biblical-prophecy/

- The following post by Christianity.com was also viewed to build on the content of this article: what-is-prophecy-meaning-of-prophesy

 
 
 

Comments


Sluit aan by ons e-pos lys

Mag jy in die Wingerdstok woon.
VINE CREATIVE STUDIO
- materiaal vir ontmoetings en geestelike groei -

Stel my aan vir Kuns, Skryfwerk & Redigering

Ontdek Kinder & Tiener Hulpmiddels

  • Facebook icon
  • youtube logo link
  • pinterest logo link
  • linkedin logo link
  • Instagram logo link

Gaan Dieper in jou Dissipelskap

Koop Ontmoetings Hulpbronne

bottom of page