Altare in die Huis: Nooi God se Teenwoordigheid in Alledaagse Spasies in | Christelike Dekor
- Eljoh Hartzer, MTh

- Aug 6
- 6 min read
Het jy al ooit gestop en gewonder watter boodskap jou huis uitstuur? Nie met woorde nie, maar sommer net deur die gevoel - hoe die meubels geskuif is, die boeke op jou rakke, die kuns teen jou mure. Ons tuistes vertel 'n storie, of ons dit nou besef of nie. En as volgelinge van Christus het ons die geleentheid om daardie storie te hervorm in iets wat die Here se teenwoordigheid reflekteer.
In die Bybel was altare plekke van ontmoeting. Hulle het oomblikke gemerk waar mense die hand van God kon raaksien en wou reageer met aanbidding. Ons huise kan dieselfde wees - spasies wat ons terug nooi nader aan Hom en ons herinner van Sy goedheid terwyl ons dieper in Sy teenwoordigheid in wandel.
Maar in die chaos van daaglikse lewe is dit maklik om op auto-pilot aan te gaan, en die dinge wat ons aandag aftrek voor te hou. Ons word wakker, gaan deur ons roetines, en val saans in die bed sonder om te besef hoeveel ons omgewing ons geestelike lewens vorm. Die goeie nuus? Ons kan ons fokus verander met 'n bietjie intensie. Dis waaroor Altare in die Huis eintlik gaan.
Die eerste altar in die Bybel
Ek het die volgende geskryf in my 'Altars in the Home Contemplative Guide' beskikbaar by my website winkel: "Reading Genesis 4:3-7 “Cain brought an offering to God from the produce of his farm. Abel also brought an offering, but from the firstborn animals of his herd, choice cuts of meat. God liked Abel and his offering, but Cain and his offering didn’t get his approval. Cain lost his temper and went into a sulk. God spoke to Cain: “Why this tantrum? Why the sulking? If you do well, won’t you be accepted? And if you don’t do well, sin is lying in wait for you, ready to pounce; it’s out to get you, you’ve got to master it.”
This offering is the first of its kind in the Biblical narrative. It teaches us something very important: There seems to be a link between not giving God our very best and sin lying in wait. Or, in other words, the very act of giving an acceptable offering on God’s altar can help you master sin. Note God’s warning to Cain and take it as your own today: Sin is lying in wait for you, ready to pounce. You’ve got to master it.
An altar reveals where a person’s affection lies."

Wat Dui Jou Huis Aan Oor Jou Hart? Christelike Interior Design wat saak maak
Jesus het geleer, “Waar jou skat is sal jou hart ook wees” (Matteus 6:21). Die dinge wat vir ons waardevol is vind 'n plekkie in ons lewens, dikwels sonder dat ons dit agterkom. As iemand vandag in jou huis ingestap het, wat sou hulle dink is vir jou die meeste belangrik?
Is jou Bybel sigbaar, of is dit weg gesteek onder 'n hoop dinge om "eendag" te doen?
Is jou tuiste propvol met dinge wat jou aandag aftrek van tyd met God?
Reflekteer jou mure waarheid, skoonheid, en geloof, of is hulle bedek met dinge wat bydra tot die geraas in jou besige kop?
Die beste besluit wat ek en my man ooit gemaak het was om ons TV te verkoop en eerder 'n projektor te koop. Ons het albei in gesinne grootgeword waar etes voor die TV normaal was en dit het ons nie lank geneem om self in daardie ritme te verval nie. (Balans is belangrik, ons doen nogsteeds flieks en etes op die bank, maar ons probeer om dit nie elke dag te doen nie!) Dit pla my as al die meubels in 'n sitkamer na die TV kyk. Dis asof dit uitroep: HIERDIE is die mees belangrike ding in ons huishouding.
Die realiteit van die saak is dat elke item in ons huis 'n boodskap stuur. En wanneer ons lewe sonder intensie begin ons spasies stadig maar seker die lewe daar buite reflekteer eerder as vir Jesus.
Dis hoekom dit saak maak dat ons intensionele altare opstel in ons huise - nie net fisiese spasies om te bid nie, maar plekke wat ons natuurlik nader trek aan Christus.
Luister na hierdie lied terwyl jy verder lees en laat die Heilige Gees vir jou wys wat jy vandag moet hoor:
Skep 'n Spasie vir Aanbidding
In die Woord sien ons dat altare gebou was as 'n reaksie op wat God gedoen het. Nadat Jakob droom van die Hemel, stel hy 'n klip op en verklaar, “Sekerlik is die Here in hierdie plek” (Genesis 28:16).
Wat as ons begin om dieselfde bewussyn in ons huise te kweek?
Oorweeg hierdie eenvoudige en kragtige veranderinge:
Skuif jou Bybel na 'n plek toe waar jy dit daagliks kan sien
Speel aanbidding musiek in die agtergrond terwyl jy met jou dagtaak aangaan
Skep 'n spesiale spasie vir gebed en refleksie
Vervang dekor op die mure met Skrif of kuns wat jou hart aanwakker tot die Here

Hierdie is eenvoudige aksies, maar hulle dra die krag om die atmosfeer van jou huis te vorm. Wanneer ons intensioneel die omgewing rondom ons opstel om ons te herinner aan God se nabyheid, skep ons spasies waar aanbidding natuurlik kom.

Die Huis as 'n Plek van Ontmoeting
In Lukas 15, vertel Jesus die gelykenis van die verlore geldstuk:
"Of watter vrou wat tien dragmes het, en een dragme verloor, steek nie 'n lamp op, vee die huis uit en soek deeglik totdat sy dit kry nie? En as sy dit gekry het, roep sy haar vriendinne en bure bymekaar en sê, ‘Wees saam met my bly, omdat ek die dragme wat ek verloor het, weer gekry het.’” (Lukas 15:8-9)
Hierdie gelykenis word dikwels gebruik in die konteks van redding, maar dink hieroor: Die vrou was diep bewus van wat verlore was in haar huis. Sy het geweet iets is vermis, en sy het aksie geneem.
Wat as ons dieselfde beginsel tot ons geestelike lewens sou toepas?
Wat het jy verloor in jou huis?
Is jou tyd met God vervang deur eindelose 'scrolling' en TV kyk?
Het angs, besig wees, en stres die vrede van Christus weg gedryf?
Net soos die vrou in die gelykenis kan ons 'n lamp aansteek - ons kan kyk wat is in ons huis en vra, Wat lei my nader aan God, en wat trek my weg?
Dis wat die gratis werkboek jou sal help ontdek. Neem die tyd om te reflekteer, te bid, en om klein vernaderinge aan te bring wat jou kan terug lei na die hart van aanbidding. Jy sal die skakel vind aan die einde van hierdie artikel - laai dit vandag af en begin jou huis regstel as 'n plek van ontmoeting.
'n Huis wat vir Jesus Verwelkom
Verbeel jou dat Jesus deur jou voordeur stap. Waar sou Hy graag wou sit? Sou Hy 'n huis vind vol vrede, of 'n spasie belemmer met ander dinge? En sou Hy welkom voel of soos 'n gas wat nie lank mag bly nie?
Openbaring 3:20, “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe, en saam met hom eet, en hy saam met My.”
Jesus begeer om met ons tyd te spandeer - nie net in die kerk nie, maar in ons huise, in ons daaglikse roetines, in die manier wat ons elke oomblik lewe.
So kom ons neem een stap vandag. Kom ons nooi Hom in ons spasie in - nie net tegnies nie, maar in praktiese, tasbare maniere. Hier is 'n eenvoudige uitdaging:
Kies een ding in jou huis wat jy vandag kan verander om nader tot God te groei. Skuif dalk jou Bybel, stel 'n plekkie op vir gebed, of speel aanbiddings musiek terwyl jy aandete maak.
Op die ou einde is ons huise waar ons lewe. Jou hele lewe kan vir God prys (selfs werk, eet, kuier met vriende, en ontspanning). So, dit gaan nie oor 'n huis "makeover" of om spul nuwe goed te koop nie, dis bloot om intensioneel te wees met wat jy alreeds het en die vraag te vra:
Laat hierdie vertrek my na Christus kyk?
Dis meer as Christelike interior design. Want wanneer ons 'n huis bou wat vir God eer, gaan dit nie net oor versiering nie - ons bou 'n altar.
Los jou kommentaar hier onder: Het jy al ooit die areas in jou huis as altare gesien? Wat is die impak van hierdie nuwe uitkyk?
Die reis van tuisteskepping vir aanbidding begin met een stap. As jy gereed is om dieper te gaan is die gratis werkboek PDF hier om jou te lei. Laai joune af by hierdie skakel:





Comments