top of page

Sondagskool Vrywilligers - Hoekom hulle loop en hoe om hulle te kry om te bly

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 26
  • 14 min read

Hoekom kom dit voor asof al die ander bedieninge die beste vrywilligers kry? Mense sal op die musiek span dien vir twintig jaar of op koffiediens wees vir 'n leeftyd, maar baie modernde kerkgangers sien Kinderkerk as 'n "seisoenale" ding. Hierdie artikel kyk na van die redes hoekom kinderbedineing dikwels net 'n vinnige pitstop is vir vrywilligers en hoe om jou Sondagskool te bou sodat helpers aanbly.


This post is one of many free tools on Vine to help Kids Ministry leaders succeed:


Children raise hands in a classroom, facing a person with raised arms. The room has wooden and colorful patterns, creating a lively atmosphere.

Sondagskool Helpers is nomades

Daar is baie stigma rondom Sondagskool en om daar uit te help. In elke kerk of geloofs gemeenskap waarvan ek al deel was was daar unieke uitdagings wat die reuk van die kinderbediening net so bietjie vrot gemaak het. Voordat ons induik in die baie redes hoekom vrywilligers weg gaan en wat jy kan doen om hulle te laat bly, kom ons kyk vir 'n oomblik na die neiging.


Sosioloë definieër 'n sosiale tendens of neiging as iets wat gebeur as gevold van sosiale invloed. Sulke "sosiale feite" word as die waarheid aanvaar sonder veel vrae oor hoe daardie waarhid in wording gekom het. 'n Sosiale tendens soos die stigma rondom kinderbediening is gewoonlik nie sigbaar totdat dit 'n probleem word nie.

"Die kettings van gewoonte is te swak om te voel tot hulle te sterk is om te breek" - Samuel Johnson

As jy nogsteeds lees is jy dalk bekend met hierdie verskynsel. Hoekom kry ander bedieninge dit reg dat hulle helpers vir 'n lang tyd hou maar die kinderbediening vrywilligers beskou dit as 'seisoenaal'?


Redes hoekom Vrywilligers Kinderkerk vermy

Kom ons ontdek van die redes hoekom mense nie baie lank hou as Sondagskool onderwysers nie. Ek het al die redes al gehoor:


  1. "Ek wil nie die lofsang en aanbidding mis nie!" (The Worshipper)
  2. "Ek sien niemand nie. Dis alleen." (The Connector)
  3. "Dit is uitputtend en my lyf kan nie." (The One with a Valid Excuse)
  4. "Ek hou nie daarvan nie." (The Visionary)
  5. "Dis 'embarrassing'". (The Fun One)
  6. "Ek wil gesien word". (The Hero)
  7. "Ek moet die preek hoor". (The Discipler)

Cartoon drawing of 7 people, with diverse outfits and joyful poses. One wears a "Superman" logo shirt. Background is plain.
Illustrasie deur Eljoh Hartzer


Gewoonlik sal 'n vrywilliger een van hierdie redes gee voordat hulle in die pad val. Maar wat as dit die begin was van 'n gesprek oor hoe die bediening kan groei? Wat as, in plaas van dat ons aanstoot neem, ons kies om na hulle te luister en spasie te skep om hulle binne die bediening te hou? Hoe kan ons die kinderkerk op blywende maniere bou?


Intergenerasionele bediening moet verder gaan as om gemeente lede van verskillende ouderdomme in dieselfde kamer te sit. - Weber & de Beer

Kry Vrywilligers om te bly in Sondagskool

In plaas van dat ons die wiel herontwerp, kom ons oorweeg die eerste drie verse van Hebreërs 12:

Open book on a wooden surface, displaying the section titled "Hebrews." The background is blurred greenery, evoking a peaceful mood.
Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon! Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie.

Ek sal hierdie verse inweef in die bespreking hier onder sodat ons kan sien hoe hulle van toepassing is tot vandag se onderwerp. Kom ons begin met die



eenvoudige veranderinge wat jy kan maak om helpers te wys jy gee om oor hulle redes:


Die Aanbidder/ The Worshipper


1: "Ek wil nie die lofsang en aanbidding mis nie!"

Baie mense ontmoet God deur musiek. Dit is 'n spesiale manier vir ons om met mede-gelowiges te verbind en 'n tyd van meditering en reflekse te hê. Het jy musiek as deel van jou Sondagskool program? Jy kan 'n worship liedjie of twee speel terwyl die kinders 'n aktiwiteit voltooi.


As worship gaan oor tot God sing en die Heilige Gees ervaar, moet ons dit kan doen deur Kinder Dans en Aanbidding ook. As jy nie kan nie is dit dalk tyd om jou eie gunsteling worship liedjie in te bring. Ons het selfs 'n "soaking" tyd gedoen waar die kinders net op die vloer kon lê en die aanbiddingsmusiek het oor hulle gespeel. Party het aan die slaap geraak en ons het gebid dat hulle van die hemel droom!


'n Ander keer het ons die vrywilligers gevra om eers na die worship kinderkerk toe te kom. So kon hulle binne bly en 'n oomblik van konneksie met God het voordat hulle kom bedien het. Ons het ook worship musiek in die vertrek gespeel voor kerk en ons span het oor die program en die kinders wat daardie dag sou kom gebid.


...Dink aan Hom wat soveel...

Die vrywilliger wat graag meer tyd in God se teenwoordigeheid wil spandeer is natuurlik nie verkeerd om so te voel nie - die vraag is, hoekom ervaar hulle nie vir God in jou kinderkerk program nie? (Meer hieroor later)


Kry die aanbidder om te bly: Maak worship met musiek deel van jou program / Worship voor die tyd saam.


Die Een wat Verbind / The Connector


2: "Ek sien niemand nie. Dis alleen."

Hieride een is vir die ekstroverte wat FOMO het vir wat in die 'groot kerk' gebeur, maar dit is ook vir die introverte wat alleen kan voel in 'n kamer vol kinders. Begin naamplakkers gebruik vir beide die kinders en die vrywilligers en begin elke dag met 'n lekker naamspeletjie.


Fokus om 'n "family feel" (familie gevoel) vir jou groep te skep. Sit foto's van die vrywilligers en die kinders op die klaskamer se muur en doen meer groepwerk as individuele aktiwiteite en speletjies. Jy kan selfs 'n massiewe rol paper koop (1m wyd) sodat ALMAL saam om dit teken in plaas van dat elke persoon sy eie A4 het.


Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons...

Een Sondag, nadat ek as Kinderbediening Leier vir 'n kerk gewerk het vir drie jaar, het die Sondag af gehad. Ek het gewoonlik probeer om een keer per maand 'n Sondag af te vat, maar 'n vrywilliger sou siek wees op die laaste sekonde of iets sou verkeerd loop. Jy weet hoe dit gaan. Elkgeval, ek stap rond in die kerkgebou daai Sondag toe iemand na my toe kom en sê: "Jy is seker nuut hier. Ek is ________! Welkom by kerk!"



Dis 'n snaakse storie en ek kan nou daaroor lag, maar daar is 2 groot waarhede daarin: 1. Ek moes agter die skerms uitkom en werklik die kerk leer ken & 2. Niemand moet elke week die diens mis nie. Om te behoort (die term is, 'belonging') is 'n belangrike aspek van lidmaatskap tot 'n kerk! Moenie jou vrywilligers te veel keer skeduleer nie! Die persoon met hierdie behoefte is dalk reg en jy moet dit dalk hoor...


As jy nie genoeg vrywilligers het om die rotasie aan die gang te hou nie, KANSALEER KINDERKERK. Drasties, ek weet. Maar, bring die kinders in en laat hulle inkleur aktiwiteite doen binne die groot kerk een Sondag per maand. As enige iemand 'n probleem het met hulle daar, kan jy hulle vriendelik hernner dat kinders deel is van die familie EN (hierdie gedeelte maak saak) jy kan daai persoon nooi om deel te vorm van die vrywlliger span!


In my Meesters thesis in Praktiese Teologie met 'n spesialisering in Jeugwerk het ek ontdek dat vrywilligers kan beweeg van gewoonte tot begeerte:


"Another interesting takeaway was that many of the emerging adults stated that they moved from habit ("I'm going to church on a Sunday because that’s what we do") to desire ("I'm going to church on a Sunday because I actually want to go to church on a Sunday")"


Kry die een wat verbind om te bly:  Maak seker jou kerk besef kinders is deel van die familie.


Die Geldige Verskoning / The One with a Valid Excuse


3: "Dit is uitputtend en my lyf kan nie."

Kinderkerk is dalk bietjie meer hard op mens se lyf as sommige ander bedieninge. Maar, dit is jou werk as bediening koördineerder om seker te maak dit is maklik vir vrywilligers om te help. Hier is 'n voorbeeld:


Anja: "Ek wens ek kon help met die kinders, maar oor my rug kan ek net nie vir so lank staan nie."


Sondagskool Leier: "O, ek's jammer om dit te hoor Anja. Maar weet jy wat kort ons eintlik? Iemand wat by die deur kan sit en kyk dat niemand uit hardloop nie. Jy sal ook 'n wonderlike geleentheid vir ons gee om die kinders te leer hoe om familie liefde te wys."


Anja: "Wel, ek het soortvan net gedink ek gaan heeltyd op my voete moet wees. Is jy seker ek sal nie in die pad kom nie?"


Sondagskool Leier: "In die pad? Nooit! Ons sal dit so geniet om jou daar te hê! En eerlikwaar sal dit my baie help om 'n ekstra stel oë op die heel kleintjies te hê."


Om in Sondagskool te doen moet maklik genoeg wees dat ENIGE IEMAND iewers kan inskakel! Die persoon met 'n geldige rede - dalk is hulle bietjie ouer of anders bekwaam - moet nogsteeds kan help. Dis familie en daar's 'n plekkie vir almal om te kom nes hulle is en die bietjie wat hulle het by te dra!

 ...kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding...

Op een punt het ons werklik desperaat geword om mense in die kerk te help verstaan jy hoef nie 'n 20-jarige meisie te wees om in kinderkerk te help nie. So toe dink ons aan hierdie plan: By die kerk se ingang, langs die koffie tafel, het ons 'n kennisgewing bord opgesit met individuele kaartjies daarop vasgemaak. Elke kaartjie het 'n eenvourdige, tasbare, behoefte op dit geskryf gehad. In plaas van "Ons kort Sondagskool helpers", sou daar staan "Ons kort 1 persoon om naam plakkers te skryf en kinders in te merk voor die diens". Nie al die kaartjies was opgetel nie, maar sommiges het uitgedraai in onverwagse maar baie toegewyde helpers.


Kry die een met die geldige verskoning om te bly:  Maak dit maklik vir hulle om te bly (verlaag die standaard).


Die Visionêr / The Visionary


4: "Ek hou nie daarvan nie."

Nou, hierdie een is bietjie moeiliker. Daar is verseker gawes en talente wat God vir sekere mense gegee het, maar soms het mense die idee dat hulle Die Kinder Wonderwerker moet wees om te kan dien in Sondagskool. Dis glad nie die geval nie! Ek het onlangs iets gelees wat gesê het: "Dink jou in hoe stil die woud sou wees as net die beste sangers onder die voëltjies sou sing!" - en dit is hier ook van toepassing.


'n Goeie manier om hierop te reageer is om vir hulle 'n "giftedness test" of gawe-toets te laat doen. Die wonderlike ding van kinder bediening is dat jy basies elke persoon nodig het: Administrasie (Skeduleer helpers en doen kommunikasie), Lering (die lessie), Gasvryheid (klaskamer en peuselhappie), ensovoorts. Help jou vrywilligers om te doen waarin hulle sterk is en hulle sal vir 'n lang tyd bly!


Ek het die DISC toets met my groep vrywilligers gedoen en dit het my gehelp om te sien hoe om die regte persoon in die regte sitplek te kry. Help hulle om hul unieke roeping en doel te ontdek. Dit het ook 'n gesprek oopgemaak vir my oor wat ek kan delegeer sodat die span my kon help dra...


As ons Sondagskool soos 'n familie sou sien moet daar plek wees vir almal. Jesus was 'n man in sy dertigs en tog het Hy gesê: "Laat die kinders na my toe kom!" Dit was nie Sy hoof rede of doel nie, maar Hy was in elk geval lief vir kinders. Die vraag moenie wees of iemand van kinders hou of nie...


...ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop...

Kry die Visionêr om te bly: Help hulle om 'n hart vir kinders te ontwikkel en te verstaan hoekom hulle saakmaak in die Koninkryk.


Wat as hierdie persoon nie verkeerd is nie? Dalk is nie probleem nie met jou vrywilligers nie maar met hoe die bediening gebou is.

Is elke liewe Sondag chaoties en mal? Ek sou ook nie daar wou wees nie...

Miskien kan my video hier onder help met idees van strukturele verandering wat jy kan aanbring:



Die Pret Een / The Fun One


5: "Dis 'embarrassing'".

Kinderbediening moet jou nooit in die verleentheid stel nie. Ja, ons kan laf en speels wees as dit ons persoonlikehid is, maar dit is nie vir almal in. Om voor dertig kinders te sit met neon massiewe brille op jou gesig gaan hulle nie help om beter aandag te gee aan wat jy lees uit die Bybel nie.


Kinders se geloof ontwikkeling gebeur meer outentiek as dit. Vir hulle om ware geloof te groei en nie net besig gehou te word nie kort hulle 'n GELEEFDE geloof, 'n tasbare geloor, en 'n geloof wat hulle nie eenkant toe stoot nie.


Lees hierdie artikel wat ek geskryf het oor om Sondagskool weg te beweeg van vermaak en nader aan ware geloof vorming.


Tog moet ons nie te trots wees om die Evangelie met kinders te deel nie. As trots die rede is hoekom iemand nie wil uithelp in Sondagskool nie moet daardie persoon hulle eie hart ondersoek. Hoekom sal nie vreugdevol speel en jouself neerlê nie? Wat hou jou werklik terug?


Dikwels is die persoon wat dink kinderkerk is 'cringy', reg! Luister na hulle. Dalk is hulle "cool" genoeg om te weet wat die kinders werklik sal geniet. Hierdie persoon kan jou grootste bate wees as jy vir hulle die geleentheid gee om meer te fokus op idees en oplossings as kritiek.

 ...Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie...

Joshua: "Ek wou jou net in kennis stel dat ek nie meer met Sondagskool gaan help nie."

Sondagskool Leier: "Ai, ek is jammer om dit te hoor. Mag ek vra hoekom nie?" Joshua: "Moet dit nie verkeerd opvat nie, maar dis so... simpel. Dis regtig nie my persoonlikheid om te spring en dans en sulke dinge nie..." Sondagskool Leier: "Ja, ek hoor jou. Om dissipels te maak van kinders moet jou nie 'embarrassed' laat voel nie. Hoe dink jy kan ons verbeter?"


Joshua: "Uh... Um... Miskien kan ons meer moderne liedjies doen? Dis So Lekker Om Die Here Te Dien is sooo 2000's. Ons het dit gedoen toe ek self 'n kind was!"


Sondagskool Leier: "Ha! Jy's reg. Dankie dat jy dit uitwys! Sal jy dalk omgee om 3 nuwe kindervriendelike liedjies te vind wat ons volgende week kan probeer? Jy kan my hiermee help want dis nie my sterkpunt nie, maar jy sal baie goed wees daarin!"


Kry die pret een om te bly:  Laat hulle die speletjie uitdink of insette gee oor hoe jy dit meer pret kan maak!



Hierdie is alles net maniere om jou bediening meer betekenisvol en waar te maak - dis waaroor hierdie bediening werklik gaan. My eerste produk is 'n hand-geteknde Inkleurboek gebasseer op die Evangelie van Lukas met 50+ drukbare (printable) prentjie bladsye.



Coloring Book Gospel of Luke Bible
ZAR 150.00ZAR 105.00
Lees Produk Beskrywing

Die Held / The Hero


6: "Ek wil gesien word".

OK, ek twyfel of enige iemand regtig dit vir jou in soveel woorde sou sê. Dalk het hulle gesukkel om uit te dryk wat hulle voel: "Dis so weg gesteek en verwyder van alles anders". Sondagskool maak mens nederig. Dink gou aan die vrywilliger met drie kinders wat aan hulle hang met glitter op hulle gesig in 'n kamertjie iewers ver weg. Vergelyk dit met die musikant wat letterlik op die verhoog onder die spreiligte (of voor by die kansel) staan.


...Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie...

As iemand nie wil uitmis nie en die 'Fear Of Missing Out' met jou deel, raak stil en bid. Dalk wil die Here hulle werklik vir 'n spesifieke rede in die groot kerk kry, maar dikwels ontmoet God ons in stil, geheime plekke. Onbekendheid of 'obscurity' word gelys as 'n geestelike oefening deur party. Die Here groei beeldskone vrugte in ons in daardie versteekte en geheime plekke.


Nany Going verduideklik hoe die Kerk dikwels kinders sien deur die lens van Sielkunde in plaas van deur die lens van die Evangelie. (Going, N. 2011. The way of Jesus: Adolescent development as theological process. The Journal of Youth Ministry, 9(2):50).


Soms kry Sondagskool 'n slegte naam. Dit kan aan die ontvang-kant staan van baie kritiek en min help - en ek weet van eerstehandse ervaring dat dit jou laat vergeet hoekom jy in die eerste plek hiermee begin het...


Maar hierdie persoon het 'n punt beut. Hulle wil gesien word. Gelukkig is kinderbediening oor werklike verhoudings en konneskie. Wanneer kinders van jou hou en jou aanvaar maak hulle seker dat jy altyd waardering ervaar en geliefd voel - dis sommer net hulle manier.


Kry die held om te bly:  Help hierdie Sondagskool vrywilligers om verhouding te bou met die kinders sodat hulle die kinders se held kan wees


Die Dissipel-maker / The Discipler (Kinderkerk Volunteer Tipe #7)


7: "Ek moet die preek hoor".

Hierdie een is reg. Een van my mentors het 'n gesegde gehad: "Leaders should be self-feeders", ons kan dit rofweg vertaal na: "Leiers moet hulself voed". As jy kinders in die rigting van die lewende water wil wys, moet jy weet waar dit is. As jou vrywilligers bietjie tekort skiet aan "oemph" (ek bedoel, die vooma en passie); is hierdie waarskynlik die rede.


As die leier van die bediening het jy die verantwoordelikheid van om jou span ook geestelik te lei. Stuur vir hulle worship liedjies en deel dagstukkies. Begin 'n Bybel studie groep met hulle. As jou kerk die preek se oudio opneem, stuur dit elke week uit op jou vrywilligers groep en bemoedig diegene wat Sondag in kinderkerk was om daarna te luister.


Jy kan nie uit 'n leë koppie gooi nie - en jy moet ook nie verwag dat jou vrywilligers dit doen nie. Die persoon se bekommernis is geldig en hulle is nie verkeerd nie. Maar kinderdkerk moet ook ware dissipelskap wees! En daardie individu kan 'n wonderlike een wees om op jou span te hê want hulle verstaan werklik die waarde van 'n verhouding met Jesus.


...ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop...

Die waarheid is daardie persoo is ook nie verkeerd nie, jou kuttikulum en les inhoud moet so goed wees dat dit selfs vir die vrywilligers iets laat voel. Die Evangelie kan verpak word in kindervriendelike maniere sonder om simpel en vlak te wees!


Ek wil jou nooi om te oorweeg om 'n pasgemaakte Kinderbediening Kurrikulum te bestel (4 lesse)


Custom Kids Ministry Curriculum
ZAR 400.00
Lees Meer oor Produk


Kry die dissipel-maker om te bly: Kry 'n goeie kurrikulum OF skep spasie waar die Sondagskool helpers werklik die kinders kan dissipel. Ek wil jou bemoedig dat hierdie stappe die moeite werd it! Om 'n kinderbediening te bou wat blywend is vat baie geloof en geduld, maar dit is goud werd. Jy kan hierdie bemoedigende artikel lees oor om te wag vol verwagting en geloof.


Two girls read a Bible together in a bright room. One wears a striped sweater; the other a blue plaid shirt. Focused expressions.

Nogsteeds raadop?

As jy al die dinge hier bo gedoen het en nogsteeds raadop is - Hoekom gaan almal weg? Ek wil jou bemoedig om dan jou kerk en jou Sondagskool helpers te bestudeer soos 'n populasie. Gebruik die vrae hier onder om biddend te onderskei wat die probleem dalk kan wees:

  • Is meeste van die helpers vroulik of manlik? Hoe kan jy dit meer gelyk maak? God gee verskillende geslagte verskillende unieke gawes om met kinders te werk.

  • Hoe groot is jou kerk? Watter persentasie van die lede help in Sondagskool?

  • Is die kinders verteenwoordig in die helpers? (Ras, Taal, Nasionaliteit, Liggaamlike Vermoë, ens)

  • Hoe oud is jou vrywilligers? Verskillende generasies kan 'n groot impak hê op die bediening spasie. In my ervaring help oupas en oumas met dissipline en respek, en jong volwassenes help met pret en kreatiwiteit.

  • As jy alleen bedien, is dit dalk omdat die bediening nie toeganklik is vir ander nie? Het jy al gevra vir hulp?


Kan jy elkeen van die persoonlikhede in die artikel in jou kerk identifiseer?

  1. "Ek wil nie die lofsang en aanbidding mis nie!" (The Worshipper)
  2. "Ek sien niemand nie. Dis alleen." (The Connector)
  3. "Dit is uitputtend en my lyf kan nie." (The One with a Valid Excuse)
  4. "Ek hou nie daarvan nie." (The Visionary)
  5. "Dis 'embarrassing'". (The Fun One)
  6. "Ek wil gesien word". (The Hero)
  7. "Ek moet die preek hoor". (The Discipler)

    Cartoon drawing of 7 people, with diverse outfits and joyful poses. One wears a "Superman" logo shirt. Background is plain.
    Illustration by Eljoh Hartzer

Nota - Hier is nog een waaraan ek gedink het 'n tydjie nadat ek hierdie artikel geskryf het:

Sommige vrywilligers is nomadies omdat hulle ouers is. Hulle sluit by die bediening aan wanneer hulle kinders sukkel om van hulle weg te wees tydens die diens so hulle "kan netsowel help". Terwyl dit nie 'n slegte ding is nie, verduidelik dit verseker hoekom daar geen rede vir hulle sal wees om te bly sodra die kind hulle kan laat gaan nie...


Is daar nog ander wat jy by die lys sou byvoeg?

Het jy al gehoor van ander redes hoekom mense nie in Sondagskool kan help nie? Kom ons dink saam en bid vir oplossings in die "comments".

 
 
 

Join Vine Creative Studio mailing list

bottom of page