top of page

Beweeg Sondagskool Weg van Vermaak en na Ware Geloofsvorming

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Jun 24
  • 7 min read

"Dis net kinders oppas" - "Kinders kort vermaak en pret" - "Wat's die punt?"


Kinderbediening of kinderkerk of Sondagskool - wat ookal jy dit wil noem - sukkel met stellings soos hierbo, amper elke dag. Ek kan nie eers tel hoeveel keer mense na my gekyk het met simpatie in hulle oë toe hulle hoor ek help in Sondagskool nie: "O, dit is so 'n belangrike bediening. Persoonlik sal ek dit NOOIT doen nie, maar dis wonderlik dat dit jou ding is. Wow. Kyk vir jou." Hierdie reaksie gee my 'n naar kol op my maag...


This post is one of many free tools on Vine to help Kids Ministry leaders succeed:


Waar het die idee vandaan gekom dat kinderkerk net vermaak is?


Daar is 'n hele paar dinge wat gelei het tot hierdie wanpersepsie oor Sondagskool. Ek bedoel, dit het nie een dag gebeur dat ons ewe skielik kinderbediening so sien nie. Hierdie manier van dink is al vir so lank hier rond dat ons dit skaars kan raaksien. Dit word nie deur meeste radars opgetel nie, so ons moet intensioneel wees as ons dit wil identifiseer and iets daaromtrent doen.

Kenda Crease Dean het gesê: “As tieners nie hulself kan uitdruk in geloof nie, is dit dalk omdat die geloof wat ons vir hulle wys sonder ruggraat is en nie eers 'n gesprek kan voer nie. Dalk is die feit dat tieners nie kan praat oor hul geloof nie, nie omdat die kerk 'n geloof te diep vir woorde inspireer nie, maar omdat die God-storie wat ons vir hulle vertel te vaag is om meer as 'n oppervlakkige woordeskat te vereis.”


Wat sy basies sê is dat as ons nie vir kinders die woorde van God leer en hoe om met onderwerpe van die Bybel om te gaan nie, gaan hulle net eenvoudig nie weet hoe om dit te doen nie! Die wêreld gaan dit nie vir hulle leer nie; hulle vriende gaan defnitief ook nie weet hoe om dit te doen nie; en ongelukkig sal die media wat hulle inneem dit heel waarskynlik ook nie doen nie. Die kerk is in 'n unieke posisie om reuse persoonlike geloofsvorming in die lewe van kinders te laat geskied - iets wat oorvloei in hulle gesinne en gemeenskappe in en selfs sekulêre kultuur aantas.


Die nommer een rede hoekom kinderbediening gesien word as vermaak is omdat dit is hoe ons dit gedoen het.

Children sitting on the floor paying attention to a lesson, showing their attention to true faith formation
Photo by Yannis H


Ons sien nie kinders deur die lens van die Bybel nie


Ongelukkig, sedert die dae toe Jesus 'n kind in die middel van die dissipels laat staan het, het ons deurmekaar geword oor watter rol kinders moet speel in die Koninkryk van Hemel. Nancy Going sê dat die kerk dikwels jong mense gesien het deur die lens van Sielkunde in plaas van Teologie. Sy het dit spesifiek gesê in terme van Erik Erikson se model van ontwikkeling waar jonger generasies op 'n letterlike laer vlak van 'n hiëragie geplaas is... Dit is hoe die wêreld jongmense sien.


Maar die Bybel deel die eintlik daardie uitkyk nie; en Jesus het verseker nie. Dink na oor die volgende verse:

  • Matteus 19:14 Maar Jesus se reaksie was: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.”

  • 1 Timoteus 4:12 "Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit."


Geen Junior Heilige Gees nie? Kan kinders vir God ervaar en ware geloofsvorming hê?


Een van die kerke waarvan ek deel was het 'n ding gehad wat hulle altyd gesê het wanneer hulle die kinders uit die groot kerk na die Sondagskool gestuur het. Hulle het gesê: Daar is geen junior Heilige Gees nie! Wat beteken dit? Wel, dit beteken dat dieselfde God wat met 'n volgroeide persoon ontmoet en hulle vernader is dieselfde God wat teenwoordig is in die Sondagskool klassie.


Die Heilige Gees is God-met-ons, die Vertrooster, en deel van die Drie-Eenheid - en die Gees is ook die #1 manier hoe ons vir God vandag kan ontmoet in 'n persoonlike manier (ervaar Hom, hoor van Hom, kry toegang tot die gawes van die Gees as klein oomblikke van die Koninkryk, en meer). Wanneer ons sê daar is geen junior Heilige Gees nie, sê ons eintlik dat kinders God kan ervaar in 'n baie soortgelyke manier wat volwassenes kan.


Dis makliker gesê as gedoen. Sou 'n kind toegelaat word om 'n Woord vir die kerk te bring? Mag hulle 'n profetiese lied bring gedurende lofsang en aanbidding? Hoe sal ons reageer as die preek deur 'n kind gedoen is? Sommige mense sal ja sê vir daardie vrae, en ander sal nee sê. Dalk is jy nog nie seker op watter kant van die spektrum jy val nie, so kom ek verduidelik dit 'n bietjie dieper.


Twee kante van dieselfde muntstuk: Die spektrum van ouderdom-spesifieke en intergenerasie-bediening

As die muntstuk kinderbediening is, het dit twee kante: Op die een kant het ons intergenerasionele bediening. Dit is presies soos wat dit klink: Verskillende generasies doen bediening (kerk) saam. 'n Intergenerasie aanslag fokus op die unieke ding wat elke generasie kan en moet bring na die gemeenskap. Dit sal nie noodwendig beteken 'n kind moet preek nie, maar dit sal sê die kinders moet verwelkom word in die groot kerk en nie eenkant toe gestoot word nie.


Ek het grootgeword in die Afrikaanse kultuur waar ons die gesegde het: "Kinders moet gesien word en nie gehoor word nie". Ongelukkig was dit dikwels die uitkyk van die kerk teenoor die kind.


Die ander kant van die muntstuk is gefokus op ouderdom-spesifieke bediening, dink aan jeug, jong volwassenes, Bybelstudies vir bejaardes, en... Sondagskool. Hierdie uitkyk is gebasseer op die idee dat verskillende generasies God verskillend ervaar en dit maak dit die kerk se werk om vir elke groep te akkomodeer. Jong gesinne sal byvoorbeeld in hordes gaan na die kerk toe met die "beste" Sondagskool.


Iewers in die middel

Ek dink ek val iewers in die middel op hierdie debat. Met ander woorde, ek dink die muntstuk moet nooit vasgegom word sodat net een kant sigbaar is nie. Selfs meer ideaal, die muntstuk moet draai!

Die waarheid is daar is defnitiewe maniere hoe die Evangelie boodskap verpak kan word om meer verstaanbaar en toeganklik te wees vir verskillende generasies EN daar is dinge wat ons kan leer by elke generasie. Geloofsontwikkeling is 'n lewenslange gebeurtenis en dit kan nie ingedruk word in 'n 30-minute kinder program een keer 'n week op 'n Sondag oggend nie.


Hoe die geloof van jeug vorm moet meer outentiek wees as dit. Vir hulle om ware geloofsformasie te hê en nie net vermaak nie, kort hulle 'n GELEEFDE geloof; 'n tasbare geloof; en 'n geloof wat hulle nie opsy stoot nie.


Deuteronomium 6:6-9

"Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee. Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Bind dit aan jou hande vas as ’n herinnering en dra dit op jou voorkop. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en teen jou stadspoorte."


Daar is nogsteeds plek vir Sondagskool, kinderkerk, en kinderbediening maar dit moet weg beweeg van bloot vermaak en nader aan ware geloofsvorming.


Om Sondagskool weg van vermaak te beweeg


  • Maak seker die les en program gaan werklik oor God. Lees jy uit die Bybel? Wat leer hulle wat hulle sal help groei in hul persoonlike verhouding met God? Sommige kurrikulums daar buite is so vêr verwyder van die Woord af...

  • Die Kinder Pastoor of helper is nie die een in die hanswors kostuum nie; dis nie een met die toeganklike glimlag. Jy hoef nie belaglik te wees om met kinders oor die weg te kom nie. Eintlik is kinders meer sensitief vir egtheid en hulle kies fyn wie om te kies...

  • Daar is steeds plek vir speletjies, maar hulle moet die doel van die les vir die dag aanhelp. As jy hulle leer oor hoe Moses die Rooi See oop sien gaan het, speel "Open the Gates"... As jy vertel hoe Jesus 'n blinde man genees het, doen 'n blinddoek aktiwiteit...

  • "Jy kan die kinders besig hou terwyl ons die diens doen" VS "Dit is waaroor ons gaan leer in die groot kerk, hoe kan jy daardie onderwerp tot die kinders toepas?" Hierdie afgelope Sondag het ons kerk getuienisse gedoen en ek kon met die kinders deel wat 'n getuienis is en hulle laat dink oor hulle eie...

  • Sluit die geloofsgewoontes in jou program met die kinders in: Lees die Woord, Stilte, Bring Lof met Musiek, Bid, Beoefen Vrygewigheid, Beoefen Gasvryheid, Wag op die Here, ens.


Dit hoef nie vervelig te wees nie,

dit moet net *intensioneel wees !



A young girl drawing on a blank page, showing the entertainment side of kids church ministry
Photo by Kelly Sikkema

Voor jy gaan wil ek graag vir jou bid en jou bemoedig dat jy nie alleen is nie.

God het jou vir hierdie spesifieke rol geroep vir 'n doel. Jy is in die regte plek!


Liewe Hemelse Vader, dankie dat U hierdie leser vandag hiernatoe gestuur het. Ek bid dat U al hulle bekommernisse en vrese oor die kinderbediening met U liefde sal bedek. Ons weet dat niemand die kinders met wie ons werk liewer het as U nie, Here. Hulle is U s'n. Vandag wil ons net die bediening weer voor U neerlê en bid dat U die eer daarvoor sal ontvang. Dis nooit oor ons nie, Vader. Vergewe ons asseblief vir die tye wanneer ons vergeet het dat U 'n goeie plan het! U skryf elkeen van hierdie kinders se stories en U sal hulle nie in die steek laat nie. Ek bid, Here, dat U hierdie leser sal inspireer met U Heilige Gees. Gee vir hulle nuwe idees en insigte oor hoe om werklike geloof te kweek in die kinders met wie hulle werk. Ons bid dit alles in U naam, Amen

Het jy hierdie artikel behulpsaam gevind? Kom ons gesels in die "comments" oor ander uitdagings wat jy in jou kinderbediening ervaar.


___________________

Ek het onlangs my eerste storieboek gepubliseer!


Dit deel die Evangelie in 'n mooi en unieke manier wat jong kinders verstaan. 'n Groot fokus word geplaas op om die Vrugte van die Gees te ontwikkel in 'n gelowige se lewe.

---  You can read it on Kindle here.


Groen plakkaat met wit lynkuns van ’n glimlaggende kind tussen bome; teks: LIVING IN THE KINGDOM OF HEAVEN en bylyn.


 
 
 

Join Vine Creative Studio mailing list

bottom of page