Hierdie Kersfees Kurrikulum / Lesplan is perfek vir ouers, onderwysers, of bedieninge wat vir kinders die ware betekenis van Kersfees wil leer. Dit is lekker en inspirerend, maar ook Bybel-gebasseerd en diep.
(Hierdie produk is 'n drukbare 'printable' PDF)
Als is klaar uitgewerk en geskryf - reg vir jou om te gebruik.
Wat maak dit uniek:
- Teologiese diepte (begin in Genesis, verbind al die pad deur die Skrif)
- Hand-geverfde waterverf illustrasies en hand-getekende inkleurprentjies
Die 4-deel lesplan sluit in:
- "How-to" afdeling vir fasiliteerders
- Lys van Bybelverse vir dieper studie
- Inleiding
- Bybel vers & lessie
- Inkleurprent
- Reaksie
- Vrae vir bespreking
- Gebed
- Aktiwiteit
- Groot idee
- Verbind met 'n Kersfees item
Dit is gebou op 2 Bybelse beginsels:
- Die Adam & Eva verhaal van die boom met verbode vrugte
- Die geboorte van die Jesuskind, belofte van God
Hierdie twee idees is kreatief saamgeweef met bekende Kersfees items of simbole:
- Liggies
- Kersboom
- Geskenke
- Kersvader
Die tema-vers en “memoriseer-vers” is Jesaja 9:1 en 5
Jy kan die lessies aanpas soos benodig, maar die groot idee is dat die inhoud klaar geskryf is om dit vir jou makliker te maak. Elke kind is uniek en sal spesifieke metodes van leer verkies. Kleintjies sal dalk sukkel om te luister na die inhoud, maar hulle kan die Groot Gedagte & Kersfees Item wat hulle letterlik (fisies) kan sien beter “snap”.
Geniet dit - Mag hierdie eenvoudige Kersfees lesplan jou help om vir kinders die ware betekenis van Kersfees te leer. xx
(Jou drukbare PDF sal in jou "inbox" wees sodra die betaling geprosesseer is)
