Hoe om vir Kinders die Vrugte van die Gees te leer
- Eljoh Hartzer, MTh

- Jun 25
- 5 min read

Die Vrug van die Gees is 'n moeilike konsep om vir kinders te verduidelik omdat dit gebasseer is op 'n metafoor. Dis nie regte vrugte nie - maar 'n manier van vertel hoe ons lewens natuurlik sekere dinge sal produseer as ons naby God bly (Dink aan Johannes 15 en " abiding in the Vine"). Maar hoe leer ons dit vir kinders?
Om vir jong kinders oor die Vrugte van die Heilige Gees te leer is 'n wonderlike manier om uitdagende gedrag reg te help en sterk karakter te bou. Soos die vers self sê "daar is geen wet teendie hierdie dinge nie" - Om die Vrug van die Gees te ken en uit te leef sal jong mense opbou vir sukses waar ookal hulle gaan!
Hierdie artikel is saamgestel deur verskillende dele van my hulpbronne oor die Vrugte van die Gees wat te koop is deur hierdie webtuiste se winkel. Jy kan daardie hulpbronne sien aan die einde van hierdie artikel, of aanhou lees vir verniet hulp wat jou kan toe kom in... 3...2...1...
Gebed vir Kinders
Liewe Here, dankie dat U my U kind noem.
Ek kan in U Koninkryk lewe!
U het ook vir my U Heilige Gees gegee - die beste geskenk ooit.
Ek is 'n persoon van liefde.
Ek lag want ek is vreugdevol.
Ek ken diep vrede in my hart.
Ek vertrou geduldig op God se tyd.
Ek is vriendelik met ander.
Ek sien behoeftes rondom my raak en help uit.
Ek hou altyd my beloftes.
Ek stop en reageer saggies.
Ek wag en vra God vir selfbeheersing.
Die Gees in my maak my lewe vol van allerhande Koninkryk dinge.
Als deur U groot liefde, Jesus.
Amen!
You can print the Fruit of the Spirit Kids Prayer here:

Hoe verduidelik jy die Heilige Gees vir kinders?
God se Heilige Gees is ons spesiale helper. Jesus het Sy volgelinge, die dissipels, belowe dat Hy hulle nie alleen sou los nie - jy is ook nie alleen nie! Die Gees van God lewe binne jou _______
Lees wat Jesus daaroor gesê het in Johannes 15:26
““Wanneer die Raadgewer kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis aflê.”
Verniet lessie om vir kinders te leer oor die Vrugte van die Gees
Galasiërs 5:22-23
“Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie." (NLV)
Hier is wat ek sou sê:
"In die Bybel boek van Galasiërs, hoofstuk 5, lees ons 'n lys van al die slegte dinge wat mense doen wat seer en pyn in die wêreld in bring oor sonde. Maar dan - in verse 22 _23 - lees ons die volgende:
“Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie."
So hierdie is die teenoorgestelde van die slegte goed wat mense doen.
Die 9 dinge is baie, baaaaaaie goed.
Hulle reflekteer God se hart!"
“Net soos ’n boom wat ’n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. Natuurlik is die wet nie gekant teen so ’n leefwyse nie.” (Galasiërs 5:22-23 -DB)
P.S. As jy hierdie artikel geniet het en kontak wil behou nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos hier onder te los.
Aangesien my hulpbronne tans net in Engels beskikbaar is verduidelik ek die volgende gedeelte so: Laat weet my as jy belangstel in 'n Afrikaanse weergawe van enige van die volgende hulpbronne dan vertaal ek dit en stel dit ook so beskikbaar in ons taal!
Resources for teaching kids about the Fruit of the Spirit
I have 2 resources that centre around the topic of the Fruit of the Spirit for young kids. The first is a simple self-guiding activity / workbook that is printable and can be easily completed at home. It's also suitable for larger group settings like churches or classrooms, making it a truly versatile material. All you need is coloring supplies...
The second resource that I have available is a curriculum / lesson plan that takes you through the Fruit of the Spirit over the course of 10 weeks (1 week per fruit, plus introduction). This can also be used by parents or homeschoolers, but it was initially developed for the church where I worked as Kids Ministry Pastor.
Part of that second resource, the curriculum, is a story. When I worked in Kids Ministry, I realized that something like the Fruit of the Spirit is hard for kids to grasp. So this is actually a third option of a resource for those looking to teach kids the Galatians 5 truth about spiritual fruit - You could just get the story.
Through the story of an orphan (John) who is invited to live with a King, they will learn what it means to be a child of God. The King in the story teaches the little boy something about the Kingdom each week in the form of a precious gemstone - love, joy, peace, and so forth.
Note from the author
As someone who’s worked in youth ministry for over a decade, I've always been frustrated by the limited amount of Spirit-inspired resources out there. When I finished my Master’s degree in Practical Theology & got more practical ministry experience, I knew this was what I had to do.
It is my joy to bring these resources to you! I’ve seen tough kids shed a tear when John is welcomed into the King’s arms, because this message connects to something deep within them.
May your experience with these resources be powerful and Spirit-led. You are God’s chosen method of encounter with the kids He entrusted to you. Take up your calling & share the Message with faith, hope, and love.
God bless the work of your hands!
