7 Maniere om Kinders se Aandag te Hou Tydens Lang Sondagskool Lessies
- Eljoh Hartzer, MTh

- Jul 2
- 9 min read
"Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie." - Spreuke 22:6
Gister was ek besig om 'n Bybel-gebasseerde vakansieprogram te ontwerp (saam te stel & te skryf) vir kinders hier naby, by 'n gemeenskapsprojek wat ons kerk ondersteun. Toe tref dit my. Ek moet 'n gedeelte insluit wat fasiliteerders lei oor hoe om eintlik die kinders se aandag te hou.
Jou hart is op die regte plek as jy probeer om 'n Sondagskool program goed te lei - maar wanneer die kinders jou ignoreer, rondspeel, of nie kan fokus of belangstelling toon nie, kan dit mens nogal maak wonder of al jou moeite iets werd is. Luister hulle ooit? Gaan enige iets in hulle harte in?
In hierdie artikel sal ek my "top tips" deel vir hoe om kinders se aandag te behou in Sondagskool se lang lesse (vir laerskool en kleuterskool ouderdomme). Hierdie is geleefde ervaring gebasseer op my eie oomblikke van die laaste 10+ jaar waar ek probeer om groepe kinders te leer & dit is ook ondersteun deur my Meestersgraad in Praktiese Teologie met 'n spesialisering JeugWerk.
This post is one of many free tools on Vine to help Kids Ministry leaders succeed:
Mag jy spasie hier vind om tot stilstand te kom, te reflekteer, en naby Jesus te bly.
Sewe (7) Wenke om Kinders se Aandag te Hou in Sondagskool
Bonus: Kom ons praat or nagevolge
Vine Creative Studio huisves 'n versameling van hulpbronne vir ontmoeting, materiaal wat harte verbind met Jesus. Jy kan met liefde 'n verniet een probeer soos my Werkbook oor hoe om God te volg met alles in jou of my Inkleurprente oor die Vissies & Broodjies wonderwerk.
1 - Moenie af praat nie

Wanneer ons vir kinders leer oor die Bybel is dit ook belangrik dat ons onthoe hoe Hy leer. God se stem kom as 'n sagte fluister (1 Konings 19:12) en Jesus het die kinders na Hom toe laat kom (Markus 10:14) en die Heilige Gees is ons Helper en Trooster (Johannes 14:26).
Kom af op hulle vlak.
Maak oog kontak met hulle.
Maak jou stem laer.
Praat stadig en duidelik.
Praat met hulle met respek, soos jy sal met 'n goeie vriend.
Moenie af praat met hulle nie - gaan sit op jou hurke, fluister, en gesels met hulle.
Dit help om vir elke kind 'n naamplakker te gee. Dit werk as jy hulle op hulle naam kan roep! Dis ewe belangrik dat jy ook een dra & jouself aan hulle voorstel (elke week). Respek kom van 2 kante af. Vertel hulle wie jy is, hoekom jy daar is, en...
2 - Vertel vir hulle wat die plan is

Daar word dikwels van kinders verwag om met saam te gaan wanneer volwassenes hulle rond sleep. Mense herinner my graag 'Ja, maar kinders is so "resilient"' - Sekerlik. Hulle kan dit vat. Maar hoef hulle?
Dit is ongelooflik behulpsaam om vir kinders 'n aanduiding te gee van wat kom.
"Oor 5 minute gaan ons die bal weg sit en begin met ons lessie."
"Vandag het ons een uur saam - ons gaan speel, die Bybel lees, 'n aktiwiteit doen, en bid."
"Kom ons sit gou vir die lessie - ek belowe dit sal kort en kragtig wees."
"Na hierdie gaan julle kans kry om 'n mooi ding te maak."
"Daar is nog 10 minute oor voor kerk eindig en ons almal huistoe gaan."
Ek het dit in meer detail verduidelik in my ander artikel: 10 Dele van 'n Kinder Program wat Werk!
Bonus wenk: Dis belangrik om jou les interaktief te maak sodat die kinders wel oomblikke het waar hulle hul stem of opinie oor die onderwerp kan lig. Partykeer probeer hulle nie stout of steurend wees nie, hulle is net onseker van hulle rol. Jy kan dit duidelik maak, so: "Dankie Pieter. Nou luister ons en hierna gaan daar kans wees vir ons om hieroor te gesels."
So erken jy die kind se behoefte (iemand hoor my) sonder om dit 'n hele ding te maak.
3 - Kies 'n prettige gesegde

Kies 'n spesifieke metode wat jy gaan gebruik om hulle aandag te kry wanneer jy dit verloor het.
Dit is veral lekker as jy dieselfde een elke week doen. Dit voel soos 'n 'familie standaard' en laat die kinders voel asof hulle behoort, hulle weet waar die grense is, en wat die nagevolge is. (Meer oor nagevolge aan die heel einde van hierdie artikel)
Sommige van my gunstelinge is:
"1, 2, 3 EYES ON ME" en die kinders reageer "1, 2 EYES ON YOU"
"AS JY MY KAN HOOR, KLAP EEN KEER... TWEE KEER... DRIE KEER... "
"AS JY MY KAN HOOR, RAAK AAN JOU... NEUS.... MOND... VOETE..."
"VINNIG, VAT GOU IEMAND SE HAND EN ONS ALMAL MAAK 'N SIRKEL"
SPEEL 'N SPESIFIEKE LIEDJIE OOR 'N LUIDSPREKER (dit help om elke keer dieselfde liedjie te gebruik)
KRY HULLE AANDAG DEUR OM IETS UIT TE HAAL: 'N BAL, 'N BALLON, 'N SNACK
As jy meer wil lees oor wat om te sê (en wat nie), lees my artikel oor die woorde wat kinderkerk leiers gebruik.
4 - Dink mooi oor waar jy staan

Nou beweeg aan na wat om te doen as die kinders spesifiek sukkel om te fokus wanneer jy die Bybel lessie doen.
Dit help om te...
Staan waar daar minder afleidings is (nie langs nie ingang nie)
Kies 1 plek waar die lessie elke keer gedoen word
Gebruik 'n fisiese Bybel, regte items, en ander sensoriese boublokke om hulle aandag te behou
Waar jy kies om te staan / sit wanneer jy die lessie doen maak saak. As jy regop staan en die kinders sit, kan hulle jou gesig sien? Kan hulle jou hoor?
Ek verkies om te sit op 'n stoel met die kinders wat sit in 'n half-maan voor my waar hulle na my kyk. Ek gebruik dan my lyftaal, bewegings, en gesigsuitdrukkings om hulle aandag te hou.
Sit met jou rug na 'n muur / nie 'n oop spasie agter jou nie
Verminder visuele "clutter" rondom jou / en verseker die beligting is goed
Kan jy 'n 180 grade visueel sien van die kamer? Kan jy elke kind sien?
Bonus wenk: As jy 'n groot groep het van meer as 10-15 kinders kan jy dalk oorweeg om hulle op te deel in kleiner groepe. Dit skep 'n gevoel van veiligheid en asof elke kind behoort.
As dit nie die ligging is wat die probleem is nie, is dit dalk die INHOUD.
Kinders kan die verskil agterkom - is 'n kurrikulum of lesplan...
Gees-vervuld / leweloos
interaktief / vaal
lekker en verbeeldingryk / rigied
Bybel-gebasseerd / vol vals waarhede
Ek het al met genoeg bedieninge gewerk en ook genoeg kurrikulums geskryf vir mense om ook die verskil te kan agter kom. Die kurrikulum is die nommer 1 bepalende faktor van of kinders sal aandag gee in jou Sondagskool program!
Kry een wat insluit: 'n storie, 'n Bybel onthou vers, 'n duidelike tema, praktiese reaksies, gebede, en 'n diep Bybelse fokus.
5 - Erken dit wat hulle aandag aftrek

Somtyds is dit nie regtig die kinders se skuld as hulle aandag afgetrek word en hulle verloor fokus nie. Ander dinge kan hulle aandag trek. Dit is gewoonlik sensoriese dinge: hulle sien iemand instap, hulle hoor 'n harde geluid, hulle ruik iets vreemds, hulle voel 'n verandering in temperatuur... (Lees meer oor Sensoriese Sondagskool hier)
Voel hulle veilig in die vertrek?
Weet hulle wat om te verwag?
Verstaan hulle wat aangaan?
Wat jy wil doen is om nie net te beveel "BLY STIL. SIT. STOP DIT." nie - maar om 'n vriendelike aanslag te neem wat belangstelling toon. Dink: Wat het gemaak dat hulle fokus verloor? En dan, fokus op dit.
Reageer self ook op die ding wat hulle aandag afgetrek het. Jy kan dit so probeer: "Ja, daar is 'n nuwe persoon. Hello Sonja! Nou, waar was ons? Kyk vir my, almal. Dankie. Kom ek vertel julle verder oor..."
Dit werk nie net baie goed nie, maar dit bou ook vertroue. Die kinders sien dat jy oplet wat hulle doen en dat jy hulle probeer help om die oomblik te verstaan.
Ongelukkig kom hierdie dinge wat aandag aftrek meeste van die tyd van jou vrywilligers / helpers. Dis belangrik dat die ekstra hande nie net eenkant staan nie. Laat hulle tussen die kinders sit. Lees my ander artikel vir meer oor hoe om vrywilligers goed te lei.
6 - Laat hulle eers al die energie uit kry

Dit help om die kinders te laat strek, op en af spring, en hulle lyfies beweeg voordat hulle sit. Dit klink snaaks, maar kan jy jou program omdraai sodat hulle fisies moeg is wanneer dit tyd is vir die lessie? Speel eers; Lessie volgende.
Wanneer al die kinders saamkom vir program is daar baie opwinding in die lug. Hulle sien hulle vriende. Hulle is bly om in die Sondag oggend bohaai te wees. Dis lekker!
Om hulle net daar en dan te forseer om stil te sit en te luister sal altyd oneffektief wees. Maar jy kan jou program intensioneel bou om die les die 'landings punt' te maak; alles anders lei na hierdie oomblik waar ons uiteindelik saam sit en leer oor God se Woord.
Strek voor die lessie
Begin deur 'n lekker aktiwiteit saam te doen
Doen 'n liedjie en dans voor julle sit
Skuif fisies na 'n ander spasie toe vir die les gedeelte van die program (sien bo)
Iets anders wat ek graag doen lyk so: "Kan jy aan jou ore raak? Okay, ons gaan hulle gebruik om nou te luister vir so drie minute. Kan julle dit doen?"
Wenk: As jy regtig sukkel, gee vir hulle iets soos 'n stokkielekker om hulle stil te hou terwyl jy leer!
7 - Bid vir vrede

Dis die laaste nommer hier, maar dit moet eerste wees. Gebed is noodsaaklik! Sondagskool is tog 'n regte bediening, ne?
Ek was in baie situasies met groepe kinders waar niks van die bogenoemde gewerk het nie. Skielik besef ek dan, dis nie 'n letterlike probleem nie, dis heel waarskynlik 'n geestelike een. Ek stop. Ek bid. En 'n sekere kalmte val oor die vertrek soos die Heilige Gees weer outorieit terugneem.
Jy kan vir vrede bid gedurende die week, bid terwyl jy voorberei op 'n Sondag oggend, bid oor die vertrek of kamer voordat die kinders inkom, bid gedurende die program, en bid na die tyd as 'n "debrief" met jou vrywilliger helpers.
Om hierdie artikel te lees mag jou dalk help om sommige van die nuanses van wat aangaan in Sondagskool te verstaan, maar dit kan nie alles doen nie. Maar God kan. Hy ken elke kind op hulle naam (Jesaja 43:1). Jesus is die Prins van Vrede! (Jesaja 9:6)
Kom ons gesels oor nagevolge:
Duidelike stap-by-stap dissipline plan vir wanneer Sondagskool kinders buite die lyne beweeg

Wat doen jy nadat jy alles hier bo gedoen het en die kinders weier NOGSTEEDS om te luister?
So eerstens, kom ons gaan terug na hoe jou tydjie met die kinders begin. Ek hou daarvan om 'n klas reël toe te pas in elke kinder program wat ek fasiliteer. Herhaal die klas reël aan die begin van julle tyd saam (ja, elke keer). Dit kan iets wees soos:
"Ons is vriendelik, oop, goeie luisteraars, en kinders van God."
"Ek sal ander respekteer met my woorde, my aksies, en my houding."
Ek het een waar hulle 'n volle liggaam-skandering doen en Skrif oor hulself verklaar : volg die skakel
Wat gebeur as kinders die reël breek?
Nagevolge is nodig. Wanneer ons leer hoe om kinders te dissiplineer, hoor ons oor die belangrikheid van hoekom ons nie leë dreigemente moet maak nie. Ek hou daarvan om 'n duidelike dissipline-metode te gebruik wat herhaal word saam met die klas reël (ja, elke keer!!). Dit kan iets wees soos:
"1ste Waarskuwing, 2de Waarskuwing, 3de keer moet jy groot kerk toe gaan."
Met elke "waarskuwing" herinner jy hulle aan die reël en gee vir hulle die opsie om beter op te treë.
So, as iemand dan uitspattig optree, kan jy hulle terugwys na die reël toe:
"Onthou, ons luister mooi hier. So, kom ons probeer dit weer, of hoe?"
, maar na die 3de waarskuwing moet iets gebeur.
Laat 'n vrywilliger saam met die kind stap en hulle terugneem na hulle ouers toe vir die res van die diens. Ek het 'n ander artikel oor hoe om saam met ouers te werk waar ek hierdie meer verduidelik.
So ja - Dit is hoe ek gewoonlik dissipline in 'n groep benader wanneer dinge handuit ruk.
Ons is werk is om die situasie te de-eskaleer. As ons harder as die kinders skree en roep, stuur ons die teenoorgestelde boodskap as wat ons wou. Hulle sal jou ook minder ernstig opneem hoe meer opgewerk jy word wanneer hulle iets verkeerds doen.
Kom ons wees: "Cool, calm & collected." Onthou, jy het die outoriteit en krag van die Heilige Gees om God se getuie te wees vir hierdie kinders (Handelinge 1:8). Jy kan dit doen!
P.S. As jy hierdie artikel geniet het en kontak wil behou, nooi ek jou graag om by my nuusbrief aan te sluit deur om jou e-pos hier onder te los.
