top of page

5 Kreatiewe Aktiwiteite oor Doop vir Sondagskool

  • Writer: Eljoh Hartzer, MTh
    Eljoh Hartzer, MTh
  • Aug 5, 2025
  • 8 min read

Dit kan uitdagend wees om doop-aktiwiteite te vind vir Sondagskool. Kom ons ontdek 5 nuwe Bybel-gebasseerde 'crafts' wat gefokus is op die belangrike dag van doop in elke gelowige se lewe. Hier onder is 'n versameling van kreatiewe idees en 'n paar Sondagskool aktiwiteite wat jy kan gebruik in kinderkerk. Of jy die kinders leer oor die doop van Jesus of as jou kerk dalk 'n doopdiens het hierdie Sondag, daar sal 'n opsie wees in hierdie artikel wat vir jou kan werk.



Nota aan die Sondagskool fasiliteerder

Voordat ons begin, wil ek jou bemoedig om te onthou dat daar meer is tot kinderbediening as om hulle besig te hou met speletjies of games. Selfs al is daar prettige en mooi maniere hoe ons die kinders kan leer, moet ons altyd seker maak ons harte is in die regte plek. Gaan jy 'n Sondag in met die verwagting dat die kinders die Here gaan ontmoet? Hoe berei jy jouself (en jou vrywilligers / volunteers) voor om te onderskei wat die Heilige Gees wil doen in julle tyd met die kids? Kan jy bid oor die klaskamer of ontmoeting-spasie voor die tyd?


Voordat jy af scroll en in die aktiwiteite inspring wil ek jou aanmoedig om gou tot stilstand te kom en eerstens die Here te vra om jou the help om die beste een vir jou spesifieke groep kids te kies. Hy ken die naam van elke kind waarmee jy werk en Hy gee om oor wat jy vir hulle gaan leer. 


'n Paar sleutelwoorde wat jy in gedagte kan hou wanneer jy leer oor doop is: nuut | gees | Jesus | Johannes | water | ou lewe | nuwe lewe | duif


Ek het 'n paar van hierdie aktiwiteite met groepe kinders gedoen toe die kerk 'n doop diens gehad het. Ek het gevind dat dit nogal goed werk as ek die doop aan die kinders verduidelik met so 'n tasbare 'craft' - veral omdat doop so 'n moeilike gedagte kan wees om te verstaan. En dan, wanneer hulle dit verstaan het, het ek altyd die kinders in geneem na die doop diens toe. Ek was al deel van baie verskillende tipes kerke, van tradisioneel tot informeel, en doop is altyd 'n lofdiens ('n Celebration!) Dit is hoekom ek glo Doop Sondag is 'n wonderlike tyd om die kinders in te nooi om deel te wees van die kerk familie! Kinders kan fees vier saam met die Hemel en ook vreugde in volwassenes aanwakker!


'N VERNIET A4 KUNS DRUKWERK VIR JOU:

Drawing of three people walking on a path with plants. Text reads "Did not our hearts burn within us...?" - Luke 24:32. Neutral background.


5 Doop Aktiwiteite vir Afrikaanse Kinders

1. Die Nuwe Lewe Plant



Young child in gray shirt holds a small candle, smiling indoors. Background has plants and blurred bookshelf, creating a cozy atmosphere.

As jy nie baie tyd het nie, oorweeg die eenvoudige aktiwiteit en laat die kinders saadjies plant in houers. Dit kan 'n eier-kartonnetjie wees, foamalite koppies, gewasde blikkies, of enigiets anders. Jy kan 'n pakkie saadjies koop vir nogal goedkoop (R30 in SA) en dis al! Laat die kinders die houers versier as jy meer tyd en 'n paar kreatiewe items het. Onthou om hulle te leer om die saadjies water te gee. Fokus op die water as 'n simbool van groei en verbind dit dan met die water van die doop - waar 'n gelowige die stap neem tot 'n nuwe lewe in Christus. 'n Volledige Sondag skool lessie vir hierdie aktiwiteit kan gaan oor hoe ons 'n nuwe lewe kry wanneer ons gedoop is. Ek verduidelik ook die nuwe lewe in God in my curriculum vir Kids Church. Dit is gebasseer op 2 Korintiërs 5:17: Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword".


2. Die Papierbord Heilige Gees Duif by die Doop van Jesus


Child crafts a paper plate bird with glue stick nearby on white surface. Green plant pot and gray tray in background.


Hierdie aktiwiteit is gebasseer op die Heilige Gees wat vanuit die hemel neergedaal het by die doop van Jesus. In jou Bybel-lees tyd met die kinders, lees vanuit Markus 1:10-11: "Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos 'n duif op Hom sien neerdaal. En 'n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!” Jy kan ook oorweeg om dit oor die kids te spreek: God is lief vir jou; Hy is tevrede as Hy na jou kyk; Jy maak Hom baie bly. As kinders hierdie dinge hoor, help dit hulle om vir God te sien as wie Hy regtig is. Hy is nie kwaad vir hulle of onbereikbaar nie.


Leer vir die kinders dat die Gees van God ook binne elkeen van hulle woon. Die lessie hier is dat die Heilige Gees = God-met-ons. Gebruik papierborde om 'n eenvoudige wit duifie te maak. 'n Voorbeeld kan hier gesien word. Dis altyd 'n goeie idee om 'n voorbeeld voor die klas te maak sodat die kinders 'n visuele voorbeels kan sien van wat hulle moet maak. Kleuters en peuters sal hierdie aktiwiteit heel waarskynlik bietjie te moeilik vind.


3. Die Snacks van Johannes die Doper


A smiling child sits on grass holding a bowl of colorful gummy worms and honey, with sunlight creating a cheerful mood.


Jy kan dit oorweeg om te fokus op die perspektief van Johannes die Doper vir 'n unieke aktiwiteit oor Jesus se Doop. Ouer kinders sal hierdie een veral geniet aangesien dit bietjie anders is as die tipiese les wat hulle al 'n miljoen keer gedoen het. Johannes se storie is baie uniek en nogals pret om te ontdek met kinders! Hierdie aktiwiteit help kinders ook om die menslikheid van Bybel karakters raak te sien, wat hulle ook help om meer met Jesus te 'connect' as 'n regte persoon, God in lewende lywe!


Hierdie een is nie soseer 'n "craft" nie, maar dit is 'n lekker manier om iets te leer op 'n laerskool vlak. Fokus op Johannes die Doper se etes van wilde sprinkane en heuning. Neem 'n suiker-koekie en smeer bietjie heuning op dit. Jy kan ook oorweeg om suurwurms of anders lekkers wat soos goggas lyk bo-op te sit. Lees dan Matteus 3:11 "Ek doop julle wel met water met die oog op bekering, maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, en ek is nie eers werd om sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop." As hierdie idee van sensoriese leermiddels vir jou interessant is, kan jy meer daaroor lees in hierdie artikel.


4. Die 'Classic' Tydskrif Collage


A collage of animals and nature scenes, featuring a river at sunrise, animals on rocky terrain, and yellow scissors overlay. Text is interspersed.


Gebruik gom en tydskrifte en laat die kids collages maak van die doop storie in die Bybel. Hulle kan al die fasette van die storie insluit: die rivier, die ander mense, Johannes die Doper, die duif uit die Hemel, ens.


Jy kan meer detail gee in jou instruksies afhangend van die ouderdomsgroep waarmee jy werk. Byvoorbeeld: Tieners sal dalk liewers uitgedaag word om 'n portret van Johannes die Doper te maak, of so iets. Ander groepe mag dalk letters of woorde uitknip en hulle eie gedig maak oor die doop. Miskien kan 'n paar brawe kinders hulle gedig dan hardop lees vir die res van die groep.


Fokus in jou lessie op die feit dat Jesus se doop Sy publieke bediening afgeskop het. Beklemtoon hoekom ons nuwe geboorte nodig het - ons moenie probeer om dinge vir God te doen in ons eie krag nie. Nog 'n idee om op hierdie dag eerste die kreatiewe aktiwiteit te doen en jou tipiese program bietjie op sy kop te draai. As jy dit doen sal die kinders in 'n baie praktiese manier leer dat die doop eerste gekom het.


5. Inkleur prentjie oor die Doop van Jesus


Jesus' baptism coloring picture
Click on image to download (Coloring image by Eljoh Hartzer)


Hierdie drukbare aktiwiteit kan op enige bladsy ge-print word. Dis 'n baie eenvoudige aktiwiteit wat kan werk vir enige ouderdomsgroep. Hier bemoedig ons individuele werk aan en dit gee jou dalk die geleentheid dat vrywilliger helpers tussen die kinders deur kan loop en met hulle bid terwyl hulle inkleur. Trek die kinders se aandag na sekere details in die prentjie deur om vrae te vra.


Ouer kinders kan uitgedaag word om 'n Bybel te neem en die skrif van die doop-storie op die bladsy af te skryf. In die verlede, as ek my kinderbediening groep wou uitdaag, het ek groep aktiwiteite gedoen. Byvoorbeeld: Print eerder hierdie inkleurprent op 'n groot bladsy (A2) en in plaas van 30 individuele prentjies kan almal saam werk aan die een groot prent. Dit daag die kinders uit om te groei van 'n individualistiese perspektief na 'n groep-dink een. Hulle leer liefde vir ander en geduld.


Die inkleur prent hier bo is 'n bladsy uit my Bible Coloring Book on the life and ministry of Jesus. Dit is beskikbaar as 'n PDF drukbare produk vir net R150 - 50 illustrasies soos die een hier bo met Skrifgedeeltes op elke bladsy.


Child in floral dress draws heart in sand. Text reads: "5 baptism crafts for kids, Vine Creative Studio." Calm, creative setting.


Finale gedagtes oor Doop Aktiwiteite

Hierdie doop aktiwiteite vir Sondagskool sal defnitief die boksie 'n bietjie breek. Elke aktiwiteit kan eintlik nog uitgebrei word en dan het jy 'n verniet Bybel kurrikulum oor die doop! Kinders kan die ware betekenis van doop verstaan en sien hoe dit die plek van vernuwing is. As jy nogsteeds onseker voel oor hoe om hulle te leer oor die doop is die volgende Skrif 'n goeie plek om te begin:


Romeine 6:3-9 --- Of weet julle nie dat ons wat in •Christus Jesus in gedoop is, in sy dood in gedoop is nie? Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só 'n nuwe lewe kan lei. As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in 'n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in 'n opstanding soos syne. Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. Wie gesterf het, is immers vrygemaak van die sonde. As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie.. “

Noudat jy die kinders geleer het oor die betekenis van die doop is daar geen rede hoekom hulle nie deel van vorm van die doop diens nie.


Dit herinner my aan iets wat ek geskryf het in my Praktiese Teologie Meesters tesis: (verskoon die Engels) "Nancy Going (2011:50) explains that, historically, the church’s normal view of young people has not been influenced by theology but rather by psychology. When saying this, she specifically referred to Erik Erikson’s development model, which places adolescents at a lower level in a hierarchy. We need to be careful to adopt whatever the world says is true about young people into our churches, because development is also spiritual. Our actions in church and mission have often excluded youth (White, 2006:3) despite Jesus continually placing children central in His teachings about the Kingdom."


Ek wil nog een maal die uitnodiging aan jou rig: Indien dit moontlik is, leer die kinders oor die betekenis van die doop een week voor die Doop Diens by jou kerk - of as jou Doop Diens 'n preek as deel van die program het, gebruik daardie tyd om dan die kinders apart te leer oor wat dit als beteken... Maar moet hulle nie uitsluit nie. Want die Koningkryk van die Vader behoort aan hulle! (Hierdie post was oorspronklik geskryf as deel van 'n reeks vir GodsVerse.org)

In die kommentaar afdeling hier onder (as jy af scroll)...

Laat weet my of jy enige van hierdie idees gebruik het en hoe dit gegaan het. Ek nooi jou ook om gebedsversoeke vir jou Sondagskool of kinderbediening hier onder neer te skryf. Ek bid graag saam met jou en ondersteun jou in hierdie belangrike taak van omsien na die geloofsvorming van kleintjies.


If you haven't yet, please consider subscribing so that you can be the first to know about new posts like this one.


 
 
 

Join our mailing list

bottom of page